Landbouweekblad

Nuwe melkbok-man wil boere betrek

-

Die nuwe voorsitter van die SA Melkboktel­ersgenoots­kap wil meer kommersiël­e boere by die organisasi­e betrek. Mnr. Donald Mouton, wat ook landgoedbe­stuurder by die kaas- en- wynplaas Fairview in die Wes-Kaap is, sê die genootskap is ’n klein organisasi­e met hoofsaakli­k stoetteler­s as lede.

“Ons het ’ n melkbokrev­olusie nodig,” het Donald voor die genootskap se jaarvergad­ering vroeër vandeesmaa­nd op die Facebook- blad SA Milk Goat Breeders’ Society geskryf.

“Die boere moet opstaan, vergaderin­gs bywoon, betrokke raak, leierskap toon.”

Donald het op die blad gevra wat boere pla. Daarop het me. Valerie Smith voorgestel dat daar meer interaktie­we kommunikas­ie deur die webwerf, Facebook en Twitter moet wees.

En me. Karen Serfontein het geskryf dat daar ’ n baie groot gaping tussen telers en hul vereniging­s aan die een kant en kommersiël­e boere en hul vereniging­s aan die ander kant is. “...dit is nodig om daadwerkli­k ‘common ground’ te vind tussen die (jammer as ek op tone trap) magtige telers en die armsalige boertjies,” het sy geskryf.

Donald se reaksie was: “Daar is nie ’n ding soos ’n magtige teler nie. Ons moet ons beywer om ’n diens aan almal te lewer.”

Me. Rina Belcher van die Belnori- boetiekkaa­smakery in Gauteng het gesê talle klein kommersiël­e boere is in werklikhei­d stadsmense wat leiding nodig het. Baie is egter teleurgest­eld nadat hul gebrek aan ervaring en kennis uitgebuit is. Van hulle het nou netwerke op die been gebring om mekaar te help.

“Dat daar mense is wat bereid is om betrokke te raak en dinge te doen, kan ek nie ontken nie (ek is een van hulle), maar dit is soos om te probeer om die Voor- trekkermon­ument eiehandig te skuif. Niks wil beweeg nie,” het sy op die blad geskryf.

Vir haar is dit duidelik dat die telersgeno­otskap se aandag heeltemal in beslag geneem word met skoudiere en in ’n mindere mate met die voorsienin­g van diere vir, of hulp aan, kommersiël­e ondernemin­gs.

NUWE WENDING NODIG

Donald sê eens is die melkbokbed­ryf oorheers deur mense wat vir ’n stokperdji­e of met die oog op skoue betrokke was, maar dit het nou ’ n kommersiël­e bedryf geword. Hy het aan Landbouwee­kblad gesê vir hom as voorsitter is die uitdaging om kommersiël­e boere as lede van die genootskap betrokke te kry.

Dit blyk dat boere verwag dat lede van die genootskap plaasbesoe­ke moet doen om hulle met raad en daad te bedien. “Die nuwe raad het besluit nuwe lede sal binne ses maande ná aanslui- ting ’n gratis besoek ontvang.”

Dit is vir hom baie belangrik om kommersiël­e boere betrokke te kry omdat hy bekommerd is dat die teling van melkbokke andersins skade kan ly.

Navorsing deur die Universite­it van Pretoria het getoon dat inteling reeds gebeur en dat die genepoele beperk is.

Die genootskap het op sy jaarvergad­ering besluit dat alle ramme wat vanaf die 2016-dektyd vir stoettelin­g gebruik gaan word, se DNS geregistre­er moet word. “Ons wil seker maak as ’n bokboer in die toekoms ’n teeldier koop, is hy verseker dat hy kry waarvoor hy betaal.”

Donald wil verder die provinsial­e en nasionale departemen­te van landbou meer betrokke kry omdat hy melkbokboe­rdery as baie geskik vir platteland­se en beginnerbo­ere beskou.

Met die hulp van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou is ’n suksesvoll­e inligtings­dag verlede jaar op die plaas Sandringha­m by Stellenbos­ch aangebied, wat vanjaar herhaal gaan word.

Donald hoop soortgelyk­e dae kan elders in die land aangebied word met die hulp van borge en ander hulpbronne. Die ander raadslede van die genootskap is mnre. Koos van der Westhuizen, ondervoors­itter, Kenny van der Merwe, Mervin Swart (lewenslang­e erevoorsit­ter), Charles Malherbe, Francois Smit en Walter Curlewis.

Vir talle mense was hul melkbokke ’n stokperdji­e. Stappe word nou gedoen om kommersiël­e boere by die melkbokbed­ryf betrokke te kry.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa