Landbouweekblad

FOKUS BUITELEWE Reis sonder ’n GPS, sê Dana

- NAVRAE: Webwerf: www.nitecoresa.co.za.

Dana Snyman, een van Suid- Afrika se geliefde reisskr ywers, het ’ n nuwe boek op die rakke. Die boek se naam is In die Blou Kamp en het glo niks met die Blou Bulle te doen nie. “Ek is dankbaar om dit te kan sê,” sê Dana skertsend.

Hy beskryf die boek as ’n basterbrak: ’ n Bietjie Boerboel, ’ n bietjie Foksterrië­r en daar is selfs ’n Poedel-oomblik of twee in. Hy vind dit daarom moeilik om die boek te definieer.

“Dit is los stories, waarvan baie op Facebook verskyn het. Op ’n manier hou die stories ook verband met mekaar. Ek probeer selfs ’n avokadopit aan die groei kry in die boek.

“Maar, asseblief, ek hoop nie dit skrik enigiemand af om dit te koop nie. Dis eintlik maar net ’ n klomp vertelling­s oor dinge wat al regtig met my gebeur het, of van situasies waarin ek my al bevind het.”

Onder meer lê hy ’ n besoek af by pres. Jacob Zuma se broer

LINKS: Dana Snyman, die gewilde reisskrywe­r, het ’n nuwe boek op die rakke genaamd In die Blou Kamp. Volg vir Dana op sy Facebook-blad vir meer stories soos dié wat in die boek gepublisee­r is.

BO: Een van die projekte wat Dana beoog, is ’n plaasboek. “Dit moet ’n fotoboek wees waarin ook foto’s is van die plaas se mense,” sê hy. Hy beoog om veral plase te besoek waarop plaasmoord­e was. FOTO: VERSKAF

“Ek glo ’n storie is ’n ding wat jy hardop vir iemand moet kan voorlees. Hopelik is die meeste van hierdie stories sulkes. Tussendeur probeer ek ook vir myself verduideli­k waar ek as Afrikaner in die land inpas.

“Daar is ’n storie in die boek met die titel ‘In die Blou Kamp’. Die blou kamp dui ook op Facebook se blou kampie waarin soveel van ons ons woorde vrylaat.”

Die boek is by alle goeie boekwinkel­s te koop en ook oor die internet en by Leserskrin­g. “Laat my ook gerus oor Facebook weet as jy nie die boek in die hande kry nie.”

WIE IS DANA?

Dana besef toenemend dat die lewe vir hom ten diepste daaroor gaan om uit te vind wie hy is. Of, dalk akkurater: Om homself te verwesenli­k.

“Die sielkundig­e Carl Jung het baie betekenisv­ol geskryf oor hierdie soeke na die self. Hy praat van individuas­ie. Hoe om die verskillen­de kante van jou persoonlik­heid te integreer. Maar ek begin nou hopeloos te geleerd vir my eie beterwete klink.

“Aan die een kant is ek hierdie mens wat ’n meer heel mens probeer wees. ’n Mens wat baie lees en intelligen­t probeer wroeg. Aan die ander kant is ek ’ n gewone ou wat lief is vir my honde en my ou Mazda-bakkie, soms te veel wyn drink en hoop om nog eendag my vrou te ontmoet. Ek probeer ook rugby afsweer, maar kry dit nie reg nie.”

WAARHEEN OM TE REIS

Dana droom oor die dag wanneer hy agter sy eie “gevoe- 

op Nkandla en hy gaan maak ’n draai by oom Pik Botha. Hy skryf ook oor sy knaende soeke na die perfekte vleispaste­i. ‘Ek glo ’n storie is ’n ding wat jy hardop vir iemand moet kan voorlees.’

 lentheid” aan kan reis omdat daar soveel stories in hierdie land is wat hy wil vertel.

“In my kop het ek onder meer ook ’ n plaasboek wat ek nog op die rakke wil kry. Ek wil soveel plase as moontlik besoek waarop plaasmoord­e was – en kyk wat op die oomblik daar aangaan. Dit moet ’ n fotoboek wees waarin ook foto’s is van die plaaswerwe en die plaas se mense. Is daar iemand wat my wil borg?”

Sy gunsteling­plek om te wees, is egter Jacobsbaai, waar sy huis en sy honde en sy boeke is. “Dit maak my gelukkig om daar te wees. Dis so eenvoudig soos dit. Oor party dinge moet ’ n mens dalk nie te diep dink nie.”

LAAT ’N REIS JOU HART BREEK

Wanneer dit kom by reis, is dit moeilik om te bepaal wat van iemand ’ n goeie reisiger maak. Is iemand wat op ’n inkopietoe­r Dubai toe gaan ’n goeie reisiger? Is iemand wat deur 13 Afrika- lande met viertrekvo­ertuig ry ’n goeie reisiger?

Dana reken dat elkeen maar om sy eie redes reis en dat dit bepaal waar jy op die reisigersk­aal meet.

“Ek kan net vir myself praat. Ek het opgehou reis bloot net omdat ek wil gatskuur en verveeld is by die huis. As ek iewers – uit eie wil – heen reis, doen ek dit vir ’n baie spesifieke doel.

“Ek was onlangs op Grootfonte­in in die noorde van Namibië. Twee deure van waar ek gesit en tik het, het Danie Wepener, saam met wie ek in hierdie wêreld kind was, gelê, terminaal siek aan kanker. Ek het daarheen gereis om hom te gaan groet, maar ook om iets van myself van veertig jaar gelede te gaan bekyk.

“Soms moet jy jouself ook toelaat dat ’n reis jou hart breek. Ek is min of meer klaar met veilige reise na Margate- agtige plekke in my lewe.”

Om ’n doodgewone reis in ’n avontuur te laat ontaard, reken Dana hang bloot van jouself af. Maar ’ n belangrike wenk wat jy moet onthou, is dat selfs ’ n vinnige rit af in die straat iets besonders kan wees.

“’n Trip na jou naaste Wimpy kan ook ’ n avontuur wees. Dit gaan eintlik net oor kyk wat rondom jou aangaan en om jouself oop te stel vir ervarings. Die Wimpy se scrambled eggs is net altyd ’n moerse teleurstel­ling.”

SONDER GPS

Wanneer ’n mens vir reis pak, is ’n mens geneig om te veel dinge te pak wat jy eintlik nie nodig het nie. Dana is wel tevrede met slegs ’ n lêplek in sy bakkie en pilchards vir aandete.

Maar sonder musiek, sy skootreken­aar en boeke gaan hy nêrens heen nie.

“Ek vat ook geen GPS nie. Het ek dit al genoem? Geen GPS nie. Soos Hansie van Hansie en Grietjie-faam sy pad huis toe met broodkrumm­els uitgemerk het, so merk ek my pad met tandeborse­ls en selfoonlaa­iers. My tandeborse­ls en selfoonlaa­iers lê die land vol. Gelukkig koop jy maklik weer ’n goedkoop selfoonlaa­ier by ’n China shop.”

Dana is ook ’n alleenreis­iger. “Ja, omtrent al my reise is alleen. Dis omdat ek maar so effe alleen is.”

Wanneer Dana op ’ n dorp kom en daar is nog genoeg tyd om bietjie verder te ry, maar tog lyk die dorp na ’n gesellige plek, is ’ n lekker vleispaste­i die oortuiging­sfaktor wat sal maak dat hy vir ’ n nag op daardie dorp vertoef.

“’ n Vleispaste­i is vir my die barometer van die beskawing. In Afrika altans.”

‘Ek is min of meer klaar met veilige reise na Margate-agtige plekke in my lewe.’

dat dit nodig is om ’ n halfton batterye saam te dra.

Baie van ons is nog gewoond om te praat van kerslig of watt, juis omdat kolligte van die verlede daarin gemeet is, maar tensy jy ’ n proffie in die natuurwete­nskappe is, praat ons eerder vandag van lumens om die totale liguitset van LED’s te bepaal.

Die NiteCore-weerkaatse­rs is ontwerp om min steurnisse in die profiel te skep. Na gelang van die model sal die ligprofiel van so ’n aard wees dat ’n mens ewe goed ver in die middel asook wyd aan die kant kan sien.

NiteCore-flitse gebruik gevorderde litiumioon-batterye wat hoë energievla­kke dra vir hul grootte en meer totale spanning as konvension­ele batterye lewer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa