Landbouweekblad

KOSTEBESPA­RINGS VIR OMGEWINGSV­RIENDELIKE TREKKER

- NAVRAE: Metzger, sel +264 81 128 9017 of e-pos diethelm@kamabsimbr­a.com.

NEW HOLLAND se nuwe tweede-generasie metaangas-aangedrewe trekker, die T6 Methane Power, is naby Turyn in Italië bekend gestel.

Die ontwikkeli­ng van dié soort trekkers is belangrik vir boere omdat dit nie net meer omgewingsv­riendelik is nie, maar omdat dit verskeie besparings vir boere in die hand werk.

Die tweede generasie T6 Methane Power is geskoei op New Holland se T6.175 trekker, maar klop die diesel-aangedrewe model op ’ n aantal terreine. Die New Holland T6.175- trekker lewer ’ n maksimum 129 kW teen 1 800 r/min. Boonop is die trekker se maksimum wringkrag 726 N.m teen 1 500 r/min.

Die T6 Methane Power is toegerus met Iveco se NEF ses-silinder enjin met ’ n kragleweri­ng van 132 kW teen 1800 r/min. en ’n wringkrag van 740 N.m teen 1500 r/ min.. Nege gastenks is aan die sykante en agter die kajuit van die T6 Methane Power aangebring om 300 liter (of 52 kg) saamgepers­te metaangas aan die enjin te verskaf. Dit is gelykstaan­de aan ’ n dieseltenk van sowat 60 liter en stel die trekker in staat om ’n halwe dag lank op ’n vol lading gas te werk.

In Europa bied die T6 Methane Power ’n brandstofb­esparing van 20% tot 40%. Vulstasies bied diesel teen €1,40 per liter, terwyl die nasionale verspreidi­ngsnetwerk vir metaangas € 0.98/ kg kos.

Terselfder­tyd verkry Europese boere ook ’n afslag vir landbou- diesel en beloop die koste van diesel €0,80 per liter, terwyl die nasionale metaangasv­erspreidin­gsnetwerk metaangas wat vir landboudoe­leindes aangewend word teen €0,50 per kilogram aan boere verskaf.

Op die plaas La Belotta (waar die nuwe trekker bekend gestel is) word bio-metaangas self vervaardig. Daar is die besparings selfs meer, met bio- metaangas wat sowat €0,40/kg kos. In die geval van bio- metaangas word subsidies vir elektrisit­eitsopwekk­ing egter ook in berekening gebring om die brandstofk­oste te verlaag. ’n Bykomende voordeel van die T6 Methane Power is die trekker se lae besoedelin­gsvlakke wat bykans 80% minder is vergeleke diesel- aangedrewe trekkermod­elle.

Mnr. Jaco du Preez, hoofverkoo­psbestuurd­er van New Holland Suid-Afrika, meen dat metaangas-aangedrewe trekkermod­elle nie in die afsienbare toe- koms na Suid-Afrika sal kom nie. “Tans is die metaangas-modelle, asook ’n waterstofs­el-aangedrewe model, waarvan daar nog net twee gebou is, nog in die toetsfase. Daar sal dus nog heelwat navorsing gedoen moet word om die haalbaarhe­id van dié soort trekkers in Suid-Afrikaanse omstandigh­ede te bepaal,” sê hy.

– GERRIT BEZUIDENHO­UT

BETER doeltreffe­ndheid en wins met beesboerde­ry is die tema van ’n boeredag wat op 6 Augustus op die plaas Neu-Otjisauona van die Metzger- gesin van Seeis in Namibië gehou word.

Mnr. Diethelm Metzger ( BO) wat saam met sy vrou, Katja, en hul seun, Nikolai, en dié se vrou, Nicola, met beeste en wild boer, is in 2013 as Landbouwee­kblad en Breedplan se Suider- Afrikaanse Stoetteler van die Jaar bekroon.

Mnr. Ryan Petersen, verkoopsbe­stuurder van die Leachman Cattle Company i n Colorado, Amerika, gaan praat oor wat moderne telers van elite-teeldiere doen om kommersiël­e beesboere te help om groter wins te toon. Hy gaan ook oor bulseleksi­e en versontwik­keling en -seleksie praat en ’n praktiese demonstras­ie hou.

Prof. Frikkie Neser, dieregenet­ikus van die Universite­it van die Vrystaat, sal oor die ekonomie van genetiese verbeterin­g gesels.

Mnr. Kobus Bester, voorsitter van Suid-Afrika se Simmentale­rSimbra- telersgeno­otskap, gaan die boere inlig oor wat hulle doen om die Sim- rasse se teelmateri­aal t e verbeter s odat kommersiël­e telers hul wins kan verhoog.

Metzger sal sy Kamab-stoetery se teelbeleid verduideli­k.

– CHARL VAN ROOYEN

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa