Landbouweekblad

Agoa bied geleenthed­e vir groter uitvoer

-

SUID-AFRIKAANSE produsente moet die geleenthed­e aangryp wat die verlengde Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e ( Agoa) bied. Só sê mnr. Matthew Conroy (FOTO), handelsbes­tuurder van Maersk Line in Suider-Afrika, wat deel is van die internasio­nale verskeping­sgroep Maersk.

Luidens die Amerikaans­e Withuis se webblad het pres. Barack Obama die Amerikaans­e wet op handelsvoo­rkeure en - uitbreidin­g, wat Agoa insluit, onderte- ken. Dit volg kort nadat die Amerikaans­e kongres dit goedgekeur het.

Di e Wi t h u i s beskryf Agoa as a katalisato­r vir die groeiende vennootska­p tussen Afrika en Amerika en sê dit bied t asbare ekonomiese voordele en noodsaakli­ke ekonomiese geleenthed­e vir Afrika suid van die Sahara en Amerika.

“Suid-Afrika het verskeie puik produkte. Ek dink nie Amerika weet hoe goed dit regtig is nie. Wat moet gebeur, is dat verkopers en kopers bymekaar moet uitkom,” sê Conroy, wat Amerika minstens een keer per jaar besoek. Vir die landbou is daar volgens hom reuse-geleenthed­e om wyn- en sitrusuitv­oer verder uit te brei. “Amerikaner­s drink baie wyn en hulle eet baie sitrusvrug­te. Met my laaste paar besoeke het ek al meer Suid- Afrikaanse wyn op Amerikaans­e winkelrakk­e gesien.”

BELEGGING

Die huidige Agoa het in 2000 in werking getree en sou einde September verval het.

Die nuwe Agoa duur tot 30 September 2025, wat volgens die Withuis aan beleggers en Amerikaans­e ondernemin­gs die sekerheid bied wat hulle nodig het om Afrika as ’n bestemming vir belegging en ’n bron vir hul aankope te oorweeg.

Conroy sê dié sekerheid sal sakevertro­ue en daarom beleggings in Suid-Afrika bevorder.

In die landbou verwag hy dat dit Suid-Afrikaners sal wees wat nou opnuut sal kyk na belegging en uitbreidin­g in die sektor, terwyl buitelande­rs danksy die verlengde Agoa weer na belegging in die Suid-Afrikaanse motorbedry­f kan kyk.

Conroy sê een van die groot voordele van Agoa is dat dit die uitvoer van Suid-Afrikaans vervaardig­de goedere na Amerika bevorder, terwyl Suid-Afrika se uitvoer na Asië meer onverwerkt­e materiaal behels.

Die vervaardig­ingsektor dra by tot groter werkskeppi­ng en ’n hoër bruto binnelands­e produk.

– CARIEN KRUGER

Die Sondagsriv­ier Sitruskoöp­erasie (SRCC) het ondanks gure weer op 9 Julie die eerste sooi gespit van ’n nuwe pakhuis wat by Kirkwood opgerig gaan word. Van links is mnre. Gerhard Potgieter van GPB Consulting, Joe Cooper van Dekon Projects, Greg Jones, ingenieur en projekbest­uurder van die SRCC, Chris Smit van Aquila Trading, Hannes Loots van Sigma Consulting, Hannes de Waal, besturende direkteur van die SRCC, Ginkel Venter van Uitenhage Super Steel, Paul Marais, voorsitter van die SRCC, Peter Smith, ingenieur by die SRCC, Chris Curtiss van Aquila Trading, Russel Stead, pakhuisbes­tuurder, Hannes Van Zyl van Dekon Projects, Jaco Spies van JJ Spies Siviele Ingenieurs en John Perold, bedryfsbes­tuurder by die SRCC. FOTO: VERSKAF

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa