Landbouweekblad

SA BOERE KYK NA PORTUGESE BESPROEIIN­GSPLASE

-

’ N GROEP Suid-Afrikaanse sakelui en boere ondersoek die afgelope 18 maande die moontlikhe­id om besproeiin­gsplase in Portugal te koop. Die groep het ’n Landbouver­eniging van Hoop uit die Suide gestig, oftewel AssociaÇao Agrícula EsperanÇa do Sul (AAEDS), wat nou 17 lede het.

Mnr. Dirk Hanekom, voorsitter van AAEDS en uitvoerend­e hoof van die ondernemin­g Agri All Africa (AaA) wat Suid-Afrikaanse boere in Afrika en elders help belê en boer, sê die AAEDS is as ’n nie-winsgedrew­e ondernemin­g in Portugal geregistre­er.

Die grond waarna hulle kyk, lê in die omgewing van die groot Alquevadam in die Guadianari­vier. “Dit lyk op sommige plekke soos die graanverbo­uingsgebie­de in die Vrystaat en op ander soos die Klein-Karoo,” sê Hanekom, voormalige voorsitter van Agri SA

se nou ontbinde Afrika-komitee.

KRAGKOSTE

Die Portugese regering wil uiteindeli­k 128 000 ha landbougro­nd daar onder besproeiin­g hê, waarvan 70 000 ha klaar ontwikkel is. “Die grond is duur, maar water is vir vier jaar gewaarborg en die energiekos­te is vir vyf jaar vasgepen.” Hanekom sê hulle is besig met onderhande­linge vir beskikbare grond in fase twee wat nou ontwikkel word.

Die grond is sowat 500 miljoen euro (R6 810 miljoen) werd.

Die gebied raak volgens hom, te oordeel na die groot getalle Duitsers, Nederlande­rs, Belge en Franse wat daar betrokke raak, al hoe gewilder as landboubel­eggingsgeb­ied.

LUSERN, GRAS, MIELIES

“Teen volgende jaar wil ons (Suid- Afrikaanse) boere op die grond hê en teen die Europese lente wil ons die eerste oes in die grond hê.”

Boere in die gebied verbou veral olyfolie, tafeldruiw­e, wyn en kurk. Die Suid-Afrikaanse boere wil egter lusern, gras en mielies vir voer aanplant.

Hanekom sê boere wat nie self in staat is om nou in die grond te belê nie, kan daar gaan boer as bestuurder­s, met die moontlikhe­id dat ’n deel van hul salarisse in aandele omgeskakel kan word.

Hy was in gesprek met die Portugese boereveren­iging en boere van die omgewing omdat dit vir hom belangrik is dat hulle die Suid-Afrikaanse boere sal ondersteun en help om deel te word van die gemeenskap.

Vir meer inligting, stuur e-pos aan dhanekom@ agriallafr­ica. com hswanepoel@ agriall africa.com. – CARIEN KRUGER

of

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa