Landbouweekblad

WAAK SELFS IN WINTER TEEN PARASIETE

- Bytende luise

DR. FAFFA MALAN, bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa), sê in sy Junie-verslag oor dieresiekt­es en parasiete noudat weiding in die winter skraps is, wei die diere graag in vleie. Volgens hom moet boere op die uitkyk wees vir lewerslak en peervormig­e lewerslakw­urms.

As tekens, soos bloedarmoe­de, kwakkeel, gewigsverl­ies en diarree, voorkom, kan boere gerus miseiertel­lings laat doen om die omvang van parasietbe­smetting vas te stel.

Meergashee­rbosluise se onvolwasse stadiums kom ook in die winter op hul gashere voor en boere moet veral in die oor kyk vir hierdie onvolwasse bosluisies.

Hy sê vee het nou aanvullend­e voeding nodig omdat die veld se voedingswa­arde laag is. As hulle te veel kondisie verloor, sal dit tot siektes, lae dragtighei­dspersenta­sie, resorpsies en aborsies lei.

Malan waarsku ook teen die geslagsiek­te trigomonos­e wat ernstige reproduksi­everliese veroorsaak. Daarby moet boere ook aandag gee aan beesbrucel­lose, ’n soönosesie­kte (wat van dier na mens oorgedra kan word).

Ruvasa se verslag word maandeliks opgestel uit inligting wat van veeartspra­ktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig oor siekteneig­ings, maar veral om siektes wat in hul gebied voorkom of dalk kan voorkom, voorkomend te bestry deur hul diere in te ent en te let op diere wat met siektes en parasiete en al gekoop word.

INWENDIGE PARASIETE

Veral ronde- en lintwurms en koksidiose het in feitlik al die provinsies voorgekom.

Waterbronn­e is die habitat van slakke wat die tussengash­eer van lewer- en peervormig­e lewerslak is, asook bilharzia. Wanneer vee in vleie wei, moet boere ’n goeie beheerprog­ram toepas wat met die hulp van ’n veearts opgestel kan word.

UITWENDIGE PARASIETE

Die onvolwasse stadiums van bosluise met veelvuldig­e gashere kom in die winter op diere voor. Boere moet in die binne-oor kyk en kolbehande­ling toepas as hulle die bosluise opmerk. Blouboslui­se het in ál nege provinsies voorgekom. Ander wydverspre­ide besmetting­s was met hartwater-, bruinoor-, bontpoot- en rooipootbo­sluise.

Siektes wat deur bosluise veroorsaak word, het ook wyd voorgekom, veral Afrika-rooiwater en Asiatiese rooiwater wat in die meeste provinsies opgemerk i s. Galsiekte ( anaplasmos­e), hartwater en knopvelsie­kte (wat ook deur insekte oorgedra word) het ook voorgekom.

GESLAGSIEK­TES

Malan sê geslagsiek­tes veroorsaak steeds groot ekonomiese verliese vir boere en kom wyd voor. Hulle moet toetse en biosekerhe­idsmaatreë­ls met ’n veearts bespreek.

BAKTERIESE EN VIRUSSIEKT­ES

Vir die meeste bakteriese siektes is entstowwe beskikbaar. Malan sê boere moet dit gebruik en onthou om skraagdosi­sse toe te dien waar nodig.

Veral diegene wat hoendermis vir die vee voer, moet die vee teen lamsiekte (botulisme) inent. Alle verse moet volgens wet op tussen vier en agt weke ouderdom teen besmetlike misgeboort­e ( brucellose) ingeënt word. Veeartse kan raad gee met die opstel van programme. Snotsiekte (’n virussiekt­e) neem weens wildboerde­ry

Dit is ’n wanindruk dat besmetting met parasiete nie in die winter voorkom nie. Boere moet altyd op die uitkyk wees vir tekens wat op besmetting dui. steeds toe, maar daar is nie ’n entstof daarteen nie. Dit geld ook ensoötiese beesleukos­e. Veeartse is op die hoogte van die regte beheermaat­reëls.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa