Landbouweekblad

UITVOER VAN VARS VOLSTRUISV­LEIS DALK GOU WEER WERKLIKHEI­D

- Herman van Schalkwyk,

VARS volstruisv­leis het sedert 1998 groot byval in die Europese mark begin vind. Gevolglik het die uitvoer van vars volstruisv­leis na die Europese Unie (EU) die belangriks­te bron van inkomste vir die Suid-Afrikaanse volstruisb­edryf geword.

In 2011 het die uitbreking van voëlgriep egter tot groot verliese in die bedryf gelei. Dit het die Suid-Afrikaanse volstruisg­etalle skerp laat daal.

’n Verbod op die uitvoer van vars volstruisv­leis na die EU het die aanbod uit Suid-Afrika na die EU tot stilstand gedwing.

Tydens die verbod het die Suid- Afrikaanse bedryf aangepas. Die uitvoer van volstruisv­leis wat met hitte behandel is (’n veiliger produk vir verbruiker­s van die EU), is stelselmat­ig in die EU se kettingwin­kelgroepe gevestig.

Die aanvaardin­g van dié behandelde produk het ’ n groot bemarkings­poging vereis. Die uitvoermar­k vir sulke volstruisv­leis het stadig uitgebrei.

Die plaaslike bedryf het stelselmat­ig van die uitbreking se ongunsti g e ui t - werking herstel.

Die slagsyfer het byvoorbeel­d vanaf 120 000 volstruise tot 180 000 volstruise in die laaste jaar gestyg.

Die bedryf het intussen beheermaat­reëls i ngestel wat die naspoorbaa­rheid van volstruisp­rodukte verhoog. Gevolglik kan die verbod op die uitvoer van vars volstruisv­leis na die EU binnekort opgehef word. Die uitvoer daarvan kan al in September vanjaar weer begin.

Die uitvoermar­k vir vleis wat met hitte behandel is, is egter goed in die EU gevestig. Die uitvoervra­ag na sulke vleis het ook begin toeneem. Dit sal mettertyd duidelik word watter impak (indien enige) die uitvoer van vars volstruisv­leis op die gevestigde mark gaan hê.

Netwerk24 berig dat dit lyk asof die jongste voorvalle van die H5N2-virus ( voëlgriep) in die Wes-Kaap nie ’n invloed op die besluit van die EU sal hê om weer vars volstruisv­leis op winkelrakk­e in die buiteland toe te laat nie.

Kommer het ontstaan nadat voëlgriep op twee plase in Kannaland ( Calitzdorp) en twee plase in die Hessekwa (Langeberg-gebied) uitgebreek het.

Mnr. Piet Kleyn, hoof van die Volstruis-sakekamer, het bevestig dat voorvalle van voëlgriep gevind is.

Hy het benadruk dit is ’n lae patogeen-virus. Dit beteken dit sal nie pluimvee siek maak nie. Vier plase in die Wes- Kaap is onder kwarantyn. Sowat 1 000 volstruise word geraak.

– WESSEL LEMMER (FOTO), SENIOR EKONOOM BY ABSA AGRIBESIGH­EID

Internasio­naal: Die prys van mielies het met 2,5%, oftewel $4,17/t (R51,64/t), gestyg tot $168,81/t (R2 090/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 1 1,6%, oftewel $17,53/t (R217,09/t), hoër. Verwagte pryse: Augustus – $162,59/t (R2 014/t), September – $166,92/t (R2 067/t), Desember – $170,86/t (R2 1 16/t). Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 2,2%, oftewel R73/t, gedaal tot R3 202/t. Geel mielies het met 0,4%, oftewel R1 1/t, gedaal tot R2 839/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 88,4%, oftewel R1 502/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 59,8%, oftewel R1 062/t, hoër is as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Internasio­naal: Die gemiddelde prys van koring het met 0,6%, oftewel $1,29/t (R15,98/t), gedaal tot $21 1,66/t (R2 621/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 7,1%, oftewel $13,95/t (R172,76/t), hoër. Verwagte pryse: Augustus – $199,59/t (R2 472/t), September – $202,97/t (R2 514/t), Desember – $206,35/t (R2 555/t), Maart – $208,19/t (R2 578/t). Plaaslik: Die Safex-prys vir koring het met 0,4%, oftewel R15/t, gedaal tot R3 940/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 6,6%, oftewel R245/t, hoër. Verwagte pryse: Augustus – R3 918/t, September – R3 960/t, Desember – R3 899/t, Maart – R3 952/t. Die Safex-prys vir sorghum het met 1,6%, oftewel R50/t, gedaal tot R3 000/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 22,4%, oftewel R550/t, hoër. Verwagte pryse: Augustus – R3 100/t, September – R3 000/t, Desember – R2 900/t. Die Safex-prys vir sonnebloms­aad het met 1,1%, oftewel R62/t, gestyg tot R5 470/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 19,7%, oftewel R900/t, hoër. Verwagte pryse: Augustus – R5 481/t, September – R5 550/t, Desember – R5 570/t, Maart – R5 198/t. Die internasio­nale prys van sonnebloms­aad was teen $430/t (R5 325/t) onverander­d. Op ’n jaargronds­lag is dit 1,2%, oftewel $5/t, hoër. Internasio­naal: Die gemiddelde prys van sojabone het met 6,6%, oftewel $23,45/t (R290,40/t), gestyg tot $380,04/t (R4 706/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 15,7%, oftewel $70,63/t (R874,68/t), laer. Verwagte pryse: Augustus – $368,61/t (R4 565/t), September – $364,94/t (R4 519/t), November – $365,01/t (R4520/t), Januarie – $367,22/t (R4 548/t). Plaaslik: Die Safex-prys van sojabone het met 0,4%, oftewel R20/t, gestyg tot R4 900/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 3,3%, oftewel R168/t, laer. Verwagte pryse: Augustus – R4 962/t, September – R4 965/t, Desember – R5 050/t, Maart – R5 090/t.

Die verslae van prysneigin­gs is van Agrimark Tendense (AMT) ontvang. Let daarop dat 17/ 7/2015 se vleispryse voorlopig is. As besturende direkteur van Aginfo, handeldryw­end as AMT, koördineer prof.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa