Landbouweekblad

SPEENKALWE­RS

-

Die prys van speenkalwe­rs het in die week van 17 Julie verbeter weens ’n tekort in die aanbod. Dit het op 22 Julie teen gemiddeld R20,34/kg (lewend) verhandel.

Klas A-beesvleis het egter met 4,58% tot R32,27/kg (aan die haak) gedaal, terwyl klas C met 6,14% tot R28,70/kg gestyg het.

Luidens Absa se jongste Agri Trends-verslag sal internasio­nale vleispryse goed bly en ondersteun word deur die feit dat boere in Australië en Nieu-Seeland hul kuddes bou. Plaaslik is die verwag- ting dat pryse sywaarts sal beweeg weens die goeie aanbod. Dit is omdat goeie reën vanaf Augustus tot einde Oktober in die belangriks­te produksieg­ebiede verwag word.

SKAAPPRYSE

Luidens die verslag het die prys van skaapvleis (klas A) ook effens hoër verhandel teen R49,79/kg. Klas C is teen gemiddeld R40/kg verkoop. Die gemiddelde prys van Dorpervell­e was onverander­d op R96 per vel en Merinovell­e se prys was R70 stuk.

Min veranderin­g word op kort termyn in die prys van skaapvleis verwag.

INTERNASIO­NAAL

Die internasio­nale prys vir beeste wat in voerkrale afgerond word, het op Chicago se beurs met 1% tot 145,35 Amerikaans­e sent per pond gedaal. Dit is die laagste vlak die afgelope 13 maande.

Luidens die webwerf Agrimoney is die belangriks­te rede die sterk Amerikaans­e dollar wat die uitvoer van Amerikaans­e beesvleis minder aantreklik maak.

– THEUNS BOTHA

ook rektor van die Potchefstr­oom- kampus van die Noordwes-Universite­it, ’n groep toegewyde individue wat daarna streef om gereeld betroubare markinligt­ing aan bestaande en potensiële kliënte te verskaf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa