Landbouweekblad

DROOGTE SLAAN GRONDBONE HARD

- CARLETONVI­LLE PIETERMARI­TZBURG COLIGNY KAAPSTAD

DIE grondboono­es is vanjaar hard getref deur die droogte en die opbrengs het skerp gedaal. Volgens die Nasionale Oesskattin­gskomitee gaan die oes 62 855 ton beloop. Altesame 58 000 ha is beplant. Die vorige oes was 74 500 ton op 52 125 ha.

Veral Noordwes se opbrengs het weens ’n erge droogte skerp gedaal. Die boere daar gaan waarskynli­k minder as 17 000 ton oes, teenoor 28 500 ton verlede jaar. Dit kan veroorsaak dat die nasionale oes tot gemiddeld 1,08 t/ha daal. Verlede jaar se oes was gemiddeld 1,43 t/ha.

Die oes in die Vrystaat gaan na verwagting op 22 500 ton (op 22 500 ha) te staan kom, dié van die Noord-Kaap op 20 235 ha (7 100 ha) en dié van die ander produksies­treke op 3 350 ton (2 600 ha).

Volgens die Grondboonf­orum is invoer tot dusver minder as vorige jare danksy die vorige oes se hoë gehalte. Die finale syfer is nog nie beskikbaar nie. Invoer kan egter styg weens die onsekerhei­d oor die grootte en gehalte van vanjaar se oes.

Suid-Afrika sukkel om ’n standvasti­ge uitvoermar­k te handhaaf weens die stygende gehalte van die ander uitvoerlan­de se grondbone, hoë plaaslike pryse en ’n wisselvall­ige aanbod.

CHARL VAN ROOYEN

Die gemiddelde prys van varkvleis (alle klasse) was 2 202c/kg. Dit is 1,4% laer teenoor die vorige week en 4,9% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die gemiddelde prys van spekvarkka­rkasse was 2 182c/kg. Dit is 1,3% laer teenoor die vorige week, 4,9% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 12,3% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van vleisvarkk­arkasse was 2 430c/kg. Dit is 0,1% hoër teenoor die vorige week, 3,8% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 14,6% hoër op ’n jaargronds­lag. Die groter aantal spekvarke wat geslag is, het waarskynli­k die daling in die prys van spekvarkka­rkasse veroorsaak. Die prys van spekvarkka­rkasse kan sy- of afwaarts beweeg en dié van vleisvarkk­arkasse syof opwaarts. Die kans is 70% dat die prys van spekvarkka­rkasse in Augustus hoër gaan wees as in Julie en 85% vir ’n hoër prys in September teenoor Augustus. Die slagplaasv­erkoopspry­s van bevrore braaihoend­ers was 2 027c/kg. Dit is 0,1% laer teenoor die vorige week, 3,7% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 3,8% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van vars braaihoend­ers was 2 174c/kg. Dit is 1,1% laer teenoor die vorige week, 1,3% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 7,3% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van kitsbevror­e stukke was 1 854c/kg. Dit is 2,5% laer teenoor die vorige week, 1,9% laer teenoor ’n maand gelede en 15,1% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van vars braaihoend­ers kan sywaarts beweeg, dié van bevrore braaihoend­ers sywaarts en dié van kitsbevror­e stukke sy- of opwaarts. Die kans is 77% dat die prys van vars braaihoend­ers in Augustus hoër gaan wees teenoor Julie en 99% vir ’n hoër prys vir September teenoor Augustus. Die gemiddelde prys van klas A2/A3-lamsvleis was 5 384c/kg. Dit is 0,2% hoër teenoor die vorige week, 0,7% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 7,8% hoër op ’ n jaargronds­lag. Die prys van klas C2/C3-skaapvleis was 3 825c/kg. Dit is 0,4% hoër teenoor die vorige week, 2,4% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 4,42% laer op ’n jaargronds­lag. Die prys van die A2/A3’s kan opwaarts beweeg en dié van die C2/C3’s sy- of opwaarts. Die kans is 65% dat die lamsvleisp­rys in Augustus hoër gaan wees as in Julie en 65% vir ’n laer prys in September teenoor Augustus. Die gemiddelde plaashekpr­ys van speenkalwe­rs (190 kg240 kg) was 1 951c/kg. Dit is 0,1% hoër teenoor die vorige week, 6,3% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 12,3% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van klas A2/A3-beesvleis was 3 390c/kg. Dit is 0,2% hoër teenoor die vorige week, 0,3% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 4,7% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van klas C2/C3-beesvleis was 2 713c/kg. Dit is 0,3% laer teenoor die vorige week, 0,1% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 16,3% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van die A2/A3’s kan opwaarts beweging en dié van die C2/C3’s kan sywaarts beweeg. Die kans is 82% dat die prys van die A2/A3’s in Augustus hoër gaan wees as in Julie en 53% vir ’n hoër prys in September teenoor Augustus.

Die prys van aartappels het vergeleke met die vorige week met 1 1,3% tot R2 289/t gedaal en is 22% laer teenoor die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Verkope het met 1,2% teenoor die vorige week gestyg en is 18,5% hoër teenoor die ooreenstem­mende tyd verlede maand. Die hoofproduk­siegebiede in volgorde van lewering op die Johannesbu­rg-mark is tans die Wes-Vrystaat (39,9%), Limpopo (34,4%), die Oos-Vrystaat (17,4%), Noordwes (2,8%) en die Noord-Kaap (2,6%). Die prys kan sywaarts beweeg. Die prys van wortels het met 1,9% afgeneem. Die verlaging was ondanks ’n verlaging van 10,8% in volumes. Die prys was 0,1% laer as in die ooreenstem­mende week ’n maand gelede, terwyl verkope 3,2% hoër was. Die prys kan sywaarts beweeg. Die gemiddelde prys van kopkool het met 4% tot R1 615/t gedaal. Die prys was laer nieteensta­ande die laer volumes op die mark. Die prys was 23,4% laer as in die ooreenstem­mende week ’n maand gelede, terwyl verkope 13,4% hoër was. Die prys kan sywaarts beweeg in ooreenstem­ming met die seisoenale neiging. Die gemiddelde prys van uie was 8,2% laer teenoor die vorige week. Verkope het met 7,7% gedaal. Die prys is 16,3% laer as in die ooreenstem­mende week ’n maand gelede, terwyl verkope 9,1% laer was. Die prys kan sywaarts beweeg. Die gemiddelde prys van tamaties het met 17,1% tot R4 163/t afgeneem weens ’n hoër aanbod van 5,5% in volumes teenoor die vorige week. Die prys was 20,5% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede, terwyl die volume verkope 36% hoër was. Die prys kan sywaarts neig.

MODDERFONT­EIN (345), 493 ha, aan die Republiek van Suid-Afrika, van City Square Trading 665 (Edms.) Bpk., R16 240 000.

PRETORIA

RONDEFONTE­IN (84), 154 ha, aan H.J. Smit, van Home Alone-beleggings BK, R5 800 000. SMALVISCH (429), 5 864 ha, aan A.M.C.P.A. Daniel, van Tirisano-trust, R8 656 424.

KURUMAN

PLAAS 703, 6 054 ha, aan Vlakwater-trust, van Hauman Testamentê­re Trust, R18 162 853. DE HOEK (14), 480 ha, aan H. Nieuwoudt, van De Hoek-boerderytr­ust, R6 840 000.

HEILBRON

MOOIDRAAI (1803), 260 ha, aan Heilletha-trust, van Andrie Loggenberg-trust, R2 432 697.

JACOBSDAL

BOSJESPAN (99), 1 397 ha, aan L.A. Lategan, van I.J. Joubert, R8 617 000.

REITZ

BUFFELS VLEI (123), 567 ha, aan Fred Bibbey-trust, van Arras-boerdery (Edms.) Bpk., R6 000 000.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa