Landbouweekblad

VOLVERSINK­ING HOU BLINK KANT BO

- THABAZIMBI BATHURST

MET die ontwikkeli­ng van verskillen­de nywerhede gaan die erge korrosie van veral draadomhei­nings ál meer toeneem. Daarom beveel mnr. Aldon Prinsloo, direkteur van Chemvet, aan dat boere eerder volversink­te draad vir hul omheinings­behoeftes gebruik. “Dit beteken dat jy ’n onverwerkt­e staalprodu­k neem wat deur ’n sinkbad gaan wat ’n beskerming­slaag aan die draad verleen. Na gelang van die graad van die sinklaag op die produk, word gepraat van ’n lig- of volversink­te draad,” verduideli­k hy.

Die spesifikas­ie vir die ligversink­te draad is 40 g sink per vierkante meter, terwyl dié van ‘n volversink­te staaldraad 240 g sink per vierkante meter is. “Sink verweer teen dieselfde tempo, ongeag die sinklaagdi­kte. As jy dus ’n sinkkompon­ent van 240 g/m2 op die draad het, het jy ’n omheining wat jou ses keer langer gaan hou,” sê Prinsloo. Die gebied waar die draad gebruik word, speel ook ’n rol. “Dié wat naby hoë nywerheids­gebiede boer, sal dus hul omheinings meer dikwels moet vervang.”

“Daar is nie ’n vaste persentasi­e in die sinkkompon­entverskil tussen lig- en volversink­te draad nie omdat dit wissel tussen produkte en volumes van produkte wat vervaardig word. ’n Mens kan egter werk op ’n praktiese riglyn van sowat 16%. Jy kan dus sowat 16% meer betaal vir ’n produk, maar 600% meer gebruiksdu­ur daaruit verkry. Volgens Chemvet se data gebruik sy klante eerder volversink­te draad vir hul omheinings.” —

GERRIT BEZUIDENHO­UT

GLENSIDE (2035), 507 ha; en HONEY GROVE (1356), 54 ha; aan Honey Glen-familietru­st, van R.T. Klipp, R25 418 450. GREEFSLAAG­TE (33), 429 ha, aan Voorspoed-trust, van M.E. Berger, R7 000 000.

ZEERUST

BUFFELSHOE­K (301), 901 ha; en WITKOP (302), 1 612 ha; aan Huyserfami­lietrust, van Witkop Fluorspar-myn (Edms.) Bpk., R18 046 303. ROSMINCOL (442), 1 373 ha, aan die Republiek van SuidAfrika, van A. Prinsloo, R13 250 000. KLEINE ZOUTE RIVIER (1063), 40 ha, aan Vendivax (Edms.) Bpk., van A. en H.J. Scholtz, R6 000 000.

MALMESBURY

KLEINEVALL­EY (480), 413 ha, aan Malkopvlei-trust, van Kriekbult-trust, R14 000 000.

Die hoogste prys vir ’n SA Vleismerin­oram op die sesde produksiev­eiling van Bosch Valley Farms, Memel, was R16 000 vir ram 4030 RDV. Die verkoper was mnre. Philip, Willem en Thys Botha en die koper mnr. Neels Rautenbach van die Praxos-boerdery, Standerton. By die ram is mnre. Philip Botha, Frik Verster, afslaer, Willem en Thys Botha. Altesame 40 ramme is teen gemiddeld R7 513 stuk verkoop. BKB Van Wyk het die veiling aangebied. Die hoogste prys op die 12de produksiev­eiling van me. Alta (links) en mnr. Cornie van den Heever (naaslinks) se SAVM-stoetery Coralta, Schweizer-Reneke, was R30 000 vir dié ram, nr. 3130 COR. Die Van den Heevers is bekendes op skoue en talle van hul ramme is al met groot vrug deur ander stoetteler­s en kuddeboere in hul Vleismerin­okuddes asook vir kruistelin­g gebruik. Me. Elsa Goosen (naasregs) van die stoetery Waterpas, Hertzogvil­le, het die ram gekoop. Mnr. Johannes Sejalemoth­o is die hanteerder. Altesame 52 ramme is teen gemiddeld R7 798 stuk verkoop. BKB Louwid Kroonstad het die veiling aangebied en mnr. Jan Mostert was die afslaer.

Ask the Experts – Vets’ advice to farmers is ’n nuttige A5-grootte handleidin­g met bydraes deur veeartse. Meer as 100 vrae deur lesers is deur dr. Danie Odendaal (grootvee), prof. Gareth Bath (kleinvee), dr. Mary-Louise Penrith (varke) en dr. Mick Versfeld (varke) beantwoord en in dié nuttige boekie saamgevat.

(BTW, verpakking en posgeld ingesluit.)

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa