Landbouweekblad

Arbeidsver­slag erken boere se uitdagings OP DIE VOORBLAD

- – LUCILLE BOTHA

DIE

staat moet boere en plaaswerke­rs ewe veel help as hy werkers se lewens- en werkstoest­ande wil verbeter. Dié twee groepe se welvaart is ineengevle­g, lui ’n verslag deur die Internasio­nale Arbeidsorg­anisasie (IAO) oor toestande op Suid-Afrikaanse plase.

Boere is deur talle kwessies gedwing om meer tydelike en kontrakwer­kers te gebruik. Dit is juis dié werkers wie se regte nie altyd eerbiedig word nie.

Tot dusver het die staat plaaswerke­rs se lewens probeer verbeter deur wetgewing en meer r egte, t er wyl ’ n waardekett­ing-benadering eintlik nodig is.

“Die Regering kan nie so voortgaan nie. Sy grootste voorrangsa­ak moet wees om werkers en boere te help om hul onderskeie bedingings­magte te versterk,” skryf die navorsers, me. Margereet Visser van die Universite­it van Kaapstad en mnr. Stuart Ferrer van die IAO.

Volgens Agri SA verskaf die verslag ’n konteks van aspekte waaraan beleidmake­rs en belanghebb­endes moet dink as hulle plaasbewon­ers en -werkers se omstandigh­ede wil verbeter. Die verslag kyk veral na aspekte wat die landbou keer om meer geld aan salarisse en maatskapli­ke voordele te bestee.

Die destydse voorsitter van die portefeulj­ekomitee oor landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming, mnr. Stone Sizane, het in 2011 onafhankli­ke navorsing aangevra oor die toestande op plase en die onderligge­nde oorsake vir plaasuitse­ttings. ’n Konsortium universite­ite het dit toe met finansieri­ng van die IAO gedoen.

BOERE SE UITDAGINGS

Danksy handelsbev­r yding is Suid- Afrikaanse boere meer betrokke by die internasio­nale voedselwaa­rdeketting. Magtige kleinhande­lsgroepe se etiese produksies­tandaarde het egter produksiek­oste verhoog en handelsbep­erkings vir kleiner boere en nuwe toetreders geskep.

Wetlike beslissing­s oor arbeidsver­houdinge en grondhervo­rming het boere verder op hul knieë gedwing. Hulle moes ter wille van oorlewing hul arbeidsmag herstruktu­reer en produksie uitbrei om skaalvoord­ele te kry.

“Boere wil nie meer huise op plase bou nie, want dis duur, maar hulle wil ook keer dat meer werkers verblyfreg op hul grond kry.”

Munisipali­teite kan nie voldoen aan die groter vraag na huise en riool- en waterinfra­struktuur nie. “Onbehandel­de afval beland in riviere en dit het weer ’n invloed op boere se uitvoerver­moë.”

Die wetgewing wat plaaswerke­rs van behuising en verblyfsek­erheid moes voorsien, is nie van toepassing nie, want meer plaaswerke­rs woon nou op platteland­se dorpe, pleks van plase.

STAAT MOET HELP

Die verslag sê die staat moet boere se hande vat om hul bedingings­mag in die waardekett­ing te verbeter. As boere finansieel beter vaar, sal plaaswerke­rs daarby baat vind.

Ferrer en Visser stel voor die staat moet boere help om met aankopers te onderhande­l. Die Regering moet ook kragte saamsnoer met ander lande in die Suidelike Halfrond sodat supermarkt­e ongesubsid­ieerde boere genoeg betaal om goeie lone te kan bekostig.

Sodra boere dit kan doen, moet doeltreffe­nde werkersorg­anisasies op die been gebring word sodat plaaswerke­rs hul regmatige deel kry.

Ferrer en Visser beskou die sosiale dialoog wat sedert 2012 se landbou-onrus in die Wes-Kaap ontstaan het, as ’n goeie teken. “Dis nog in sy kinderskoe­ne, maar dis opvallend hoe gewillig werkgewers en werknemers is om met mekaar te praat.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa