Landbouweekblad

Dié week in die landbou

-

MELKBOERE IN VS LY

Melkboere van die Vrystaat word swaar getref deur die ooraanbod en lae pryse van melk. Sommige melkkopers in die Vrystaat het boere laat weet hulle gaan melkwinnin­g vanaf hul plase in die volgende twee maande staak. Nuwe kopers moet vir sowat 130 000 liter melk per dag gevind word. Daarbenewe­ns het die Oos-Kaapse melkverwer­ker Woodlands aangekondi­g dat hy melkboere vanaf September vanjaar 50c/liter minder gaan betaal.

Lees berigte op bl. 14. MPO

FOTO: WWW.THINKSTOCK.COM

WERKERS IN GEVAAR

Altesame 15 plaasmoord­e is in die eerste helfte van die jaar in die Vrystaat aangeteken. Volgens statistiek­e van Vrystaat Landbou (VL) en VKB se veiligheid­sles- senaar, was plaaswerke­rs die slagoffers in tien van daardie moorde. Volgens mnr. Tommie Esterhuyse van die VL is die veiligheid van plaaswerke­rs ’n groot bron van kommer. As plaaswerke­rs vermoor of in so mate beseer word dat hulle nie meer kan werk nie, het dit ’n impak op armoede in die gemeenskap en die produksie op die plaas.

AUSSIE-DEURBRAAK

Australië is die eerste land ter wêreld wat lewende slagen voerkraalb­eeste na China kan uitvoer. Mnr. Barnaby Joyce, Australies­e minister van landbou, sê Australies­e en Chinese veeartseny­kundige owerhede stel ’n ooreenkoms op oor die sertifikas­ievereiste­s vir dieregeson­dheid. Die Australies­e Beesraad sê die onderteken­ing van die protokol vir beesgesond­heid met China is ’n beduidende mylpaal. Volgens dié raad het die mark in die afgelope ses jaar verdubbel en sal hul verhouding met Chinese kliënte aanhou groei, wat ’n beter inkomste vir beesboere en meer as 10 000 nuwe werkgeleen­thede kan beteken.

LEWERSLAK-GEVAAR

Boere moet te alle tye waaksaam wees teen parasiete, selfs in die winter. Die persepsie dat besmetting nie in die winter voorkom nie, is verkeerd, sê dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika. Lewerslakk­e en peervormig­e lewerslakw­urms kom veral in die wintermaan­de voor wanneer weiding skraps is en diere in vleie wei. Boere moet waaksaam wees vir kliniese tekens en aanvullend­e voeding toedien. Lees die volledige siektevers­lag op bl. 99.

HULP SKEP PROBLEME

Die Regering se grondhervo­rmingsbele­id skep meer probleme as oplossings, luidens ’n navorsings­verslag deur die Internasio­nale Arbeidsorg­anisasie. Volgens inligting wat oor die leef- en werkstoest­ande van plaaswerke­rs versamel is, het die staat se ingrype om plaaswerke­rs se lewensbest­aan sedert 1994 te verbeter, grootliks misluk. Dit vreet aan boere se winste om aan wetgewing en beleid te voldoen. Al hoe meer boere gebruik stukwerker­s met die gevolg dat al hoe minder plaaswerke­rs huisvestin­g kry en na informele nedersetti­ngs trek. Verder is bevind dat plaassubsi­dies tot 3% gedaal het en dat dié afname dit vir plaaslike boere moeilik maak om mee te ding teen ander lande wat wel subsidies ontvang. BDLIVE

MOT BAAN SY WEG

Die gevreesde Tuta absoluta, ’n tamatiebla­armynermot, beweeg al nader aan Suid-Afrika se grens. In tamaties kan die mot opbrengsve­rliese van tot 100% veroorsaak. Aartappeln­avorsers is bekommerd dat hy dié bedryf ook kan skaad. Die voorkoms van dié mot is onlangs in Tanzanië bevestig en daar is gerugte dat dit ook reeds in Mosambiek en Zimbabwe voorkom. Motlarwes veroorsaak dat die blare uitdroog en vrek, en vrugte, soos tamaties, word onbemarkba­ar. Die plaag versprei op saailinge en vrugte.

SOLDATE RED BEESTE

’n Hittegolf in Switserlan­d het gemaak dat dié land se beeste hulp uit ’n onverwagte oord kry. Soldate van die Switserse weermag is opdrag gegee om aan die diere lafenis te bied teen die skroeiende hitte. Volgens ’n woordvoerd­er van die weermag het soldate agt opgaardamm­e in die Jura-berge opgerig wat water aan die beeste sal voorsien. Super Puma-helikopter­s sal ook water uit nabygeleë mere skep en na die weivelde neem. Telegraph

FOTO: WWW.THINKSTOCK.COM

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa