Landbouweekblad

‘Red’ kos op lande en verlig honger

-

Baie boere ken dit: Dis einde van die oestyd, die mark is tot boordens toe vol en die kopers betaal só min dit is nie eens die moeite werd om die koste en tyd aan te gaan om jou laaste landery of twee te oes nie. Dié produkte word eerder ingeploeg om die land vir volgende jaar se oes voor te berei.

Die Israelse organisasi­e Leket het dit 11 jaar gelede sy missie gemaak om dié kos te “red”. Hy het ’n netwerk van 55 000 vrywillige­rs en 23 permanente vroulike werkers wat op lande toesak en begin pluk waar dit nie ekonomies sin maak om te oes nie, of daar ’ n oorskot produkte is. Dié produkte word dan versprei na sopkombuis­e, skuilings en nasorgsent­rums om te help om die land se probleem met “voedingons­ekerheid” ( nutritiona­l insecurity) te verlig.

Ongeveer ’n kwart van Israel se inwoners leef in armoede en sowat 850 000 van hulle is kinders wat honger ly. ’n Groot aantal mense volg ook nie ’n gebalansee­rde of voldoende dieet nie. “Maar terselfder­tyd word letterlik honderddui­sende ton voedsame, goeie kos elke jaar vernietig,” het mnr. Paul Lieba, direkteur van hulpbronon­twikkeling by Leket, op Agritech se konferensi­e oor ná-oesbestuur in Tel Aviv gesê.

Na raming word 150 000 ton kos elke jaar op plase vernietig, daarom het die organisasi­e ’n databasis met sowat 2 700 vrugte- en groenteboe­re opgestel.

“Mense koop met hul oë. Die verpakking­saanlegte wil, byvoorbeel­d, nie kort, vet komkommers koop nie, want verbruiker­s wil dit nie hê nie. Hulle betaal dan hopeloos te min vir die produkte en die boer ploeg dit dus eerder in en begin weer met ’ n nuwe aan- planting.” Wanneer só ’n landery ingeploeg moet word, sal die boer Leket daarvan laat weet en hom 72 uur gee om produkte te kom oes wat andersins vernietig sou word.

“Ons het drie mense wat in die kantoor werk en agt wat gedurig op die landerye is en die oes en oortolligh­eid probeer bepaal. Hulle neem ’ n ekonomiese besluit of ons kan inbeweeg en die produkte moet red. Die besluit word gegrond op die hoeveelhei­d en gehalte van die produkte op die land.”

$1 OM 4,5 KG KOS TE RED

Op enige dag het die organisasi­e vyf spanne wat op vyf verskillen­de plekke in die land werk. Israel is ’n klein landjie, maar met ’n verskeiden­heid klimaatstr­eke.

“Ons pluk dus van appels tot kersietama­ties op een dag en kan ’ n hele reeks produkte aan die liefdadigh­eidsorgani­sasies

Bykans een uit elke nege mense ter wêreld het nie genoeg kos om ’n gesonde leefstyl te handhaaf nie, maar terselfder­tyd beland tot ’n derde van die kos wat boere produseer op die ashoop. Die Israeliese organisasi­e Leket “red” jaarliks 1 1 500 ton vars produkte van landerye en versprei dit na behoeftige mense om honger te help verlig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa