Landbouweekblad

Buitelands­e beleggings: Versprei só jou risiko

-

ense belê hul geld in die buiteland – of oorweeg dit – om twee redes. Die eerste is die verspreidi­ng van bates. Dit maak goeie beleggings­in om nie ál jou bates in een mandjie te belê nie. Die ander rede is meer politiek- emosioneel. Baie mense is besig om vertroue in die land te verloor en wil weet of hulle geld uit die land moet neem of plase verkoop en die geld elders belê.

Ek is ook bekommerd oor die situasie in ons land gegewe die Regering se rigtingloo­sheid, maar ek voel ook soos die bekende scenario- kommentato­r Clem Sunter: Hier is dinge wat stukkend is in ons land, maar dit kan reggemaak word. Dit is nog lank nie tyd om op te pak en weg te hol nie.

Dit gesê, kom ons kyk na die regte redes om in die buiteland te belê. Dit gaan nie net daaroor om ’n beter opbrengs te probeer kry nie. Dit gaan primêr oor die verspreidi­ng van jou bates. Bateverspr­eiding gaan nie noodwendig keer dat jy geld verloor nie, maar dit kan help dat jy nie alles tegelyk verloor nie.

LAND VAN GELEENTHED­E ÉN RISIKO

Suid-Afrika is ’n ontwikkele­nde land. Enersyds hou dit goeie beleggings­geleenthed­e in, soos ons nou al jare lank ervaar. Moet egter nie die risiko miskyk nie. Ons weet nie aldag watter rigting ons gaan inslaan nie. Is dit die vreugdevol­le hoogtes in, of lê die depressiew­e dieptes en wag?

Om jou geld in verskillen­de bateklasse te versprei, is altyd goed. Om dit terselfder­tyd ook aan meer as een ekonomie bloot te stel, is goeie finansiële risikobest­uur.

Nog ’n faktor is die wisselkoer­s. Mense vra gereeld wat die rand gaan doen. My raad is om nie speletjies te speel met verwagte wisselkoer­sskommelin­ge nie. Dis te emosioneel gelaai. Jy kan jou vingers lelik verbrand.

Beskou dit liewer as een van die risiko’s wat bestuur moet word. Dit kan help om jou beleggings­opbrengs te verhoog, of dit kan meebring dat jy finansieel beteuterd daarvan afkom. Ons kyk na ’n voorbeeld.

Gestel jy belê in ’n Amerikaans­e aandeel ter waarde van $50 en die rand-dollar-wisselkoer­s op dié dag is R12. Dan kos die aandeel jou R600. Ná ’ n jaar verkoop jy teen dieselfde wisselkoer­s die aandeel vir $55. Jou beleggings­opbrengs is R660, oftewel 10%.

As die rand in dié tyd met 5% tot R12,60 per dollar verswak het, is jou opbrengs R693, oftewel 15,5%. Maar as die rand met 5% verstewig het tot R11,40, is jou opbrengs R627, oftewel net 4,5%. ’n Beweging van net 5% in die rand se waarde het ’n 55%-verskil na albei kante toe aan die opbrengswa­arde van die aandeel gemaak.

Dit word dus as ’n volatiele belegging beskou. Dit beteken jy moet ’n aptyt vir risiko hê as jy in die buiteland wil belê en jy moet kyk na ’n tydshoriso­n van minstens vyf jaar tot tien jaar.

BUITELANDS­E BLOOTSTELL­ING

Daar is twee maniere om geld in die buiteland te belê. Die eerste is in rand-gedenomine­erde buitelands­e beleggings­fondse. Jy belê in rand en jy kry jou belegging terug in rand. Jy het nie regstreeks geld in die buiteland nie, maar deur die batebestuu­rder se ruiltransa­ksies kry jy buitelands­e blootstell­ing.

Die ander manier is om regstreeks in die buiteland te belê. Jy neem werklik geld uit die land uit en hou dit byvoorbeel­d in Amerika in dollar. Jy kan tot R4 miljoen ( per persoon bo 18 jaar) só wettig uit die land neem. Die buitelands­e belegging is uiteraard nie uit jou boedel vir boedelbela­stingdoele­indes nie. Al jou bates wêreldwyd word daarvoor in ag geneem.

Oorweeg beleggings in die buiteland om jou aan meer as een ekonomie bloot te stel. Suid-Afrika bied beleggings­geleenthed­e, maar ook risiko’s.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa