Landbouweekblad

Kroonvrug: Besetting verdeel boere

- – JOHAN VAN DER MERWE

’n berig in die dagblad Beeld het dele van die boerderyge­meenskap hul gedistansi­eer van die Raath-gesin van die plaas Kroonvrug in Hluhluwe, KwaZulu-Natal.

“Dr. ( Flip) Raath beeld homself as die slagoffer uit. Hy is hardkoppig en ignoreer goeie raad van ander boere,” lui ’n e-pos van mnr. Danie du Plessis, die verteenwoo­rdiger van die oostelike streek van die TLU SA.

Maar Raath se seun, Arno, reken hulle is wel slagoffers: “Dit is ’n ongelukkig­e voorval wat toevallig op ons plaas plaasgevin­d het.”

Twee maande gelede was die vonk in die kruitvat toe 27 beeste van die Raaths se bure, die Mdletshe-gemeenskap, op die Raaths se plaas gevrek het. Die gemeenskap het die Raaths beskuldig van vergiftigi­ng. Daarna het die Mdletshes 52 stuks wild op die Raaths se plaas met knopkierie­s en pangas doodgekap. Die Raaths woon en boer glad nie meer op die plaas nie.

“Die enigste manier hoe ons betrokke kon wees, sou wees as die ureum wat ek in ’n dam by my huis gegooi het om my tuin te bemes, in die suiping beland het,” meen Arno.

Du Plessis meen die Raaths was die argitek van hul eie probleme: “Noudat dit ’n moeilike situasie is, nader hulle die georganise­erde landbou om die probleem op te los, terwyl hulle nie voor die voorval die nut van lidmaatska­p ingesien het nie.”

BAIE STEUN

Arno meen dit is ’ n kortsigtig­e standpunt. “Hierdie is ’n situasie wat die ganse landbou raak en op sosiale media is dit duidelik dat Suid-Afrika se mense baie simpatie met ons situasie het. Ons het nie die probleem veroorsaak nie en die situasie broei al lank. Die vrektes van die 27 beeste is maar net die laaste strooi waarvoor die swart mense gewag het om te doen wat hulle al lankal wou doen – om die plaas te vat.”

Mnr. Herman de Wet, die TLU SA se verteenwoo­rdiger in die noorde van KwaZulu-Natal, meen egter om daar te boer, is nie speletjies nie. “Grond in KwaZulu-Natal lyk vir sommige mense na ’n winskoop, maar hulle hou nie die probleme wat die spesifie- ke gemeenskap­pe bied, in gedagte nie. Naby Dundee waar ek boer, het ek 144 000 buurmanne en -vroue. As jy hierdie probleme nie noukeurig bestuur nie, gaan jy ’n fout maak.”

Arno hou egter voet by stuk dat hulle onskuldig is en dat hul besitreg geskend is. Hulle het nou AfriForum betrek om as hul regsvertee­nwoordiger op te tree. “Die boereveren­iging kan voortgaan met hul onderhande­linge met die gemeenskap en ons Raaths is bereid om R50 000 in die welwillend­heidsfonds te stort. Die grond is egter ons s’n en iewers moet ons wetlike regte en die diplomatie­ke benadering wat die boereveren­iging nastreef, by mekaar uitkom. Terwyl die boereveren­iging besig is met die onderhande­linge en die ‘trane afvee’, moet hy seker maak die voorwaarde­s word goed neergelê sodat daar nie in die toekoms ’n grys gebied bestaan oor waar die grens is nie. Terselfder­tyd wil ons dit met die reg bewerkstel­lig.”

‘Grond in KwaZulu-Natal lyk vir sommige mense na ’n winskoop, maar hulle hou nie die probleme wat die spesifieke gemeenskap­pe bied, in gedagte nie.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa