Wêreldgeskiedenis! Ou lietsjiebome in SA hervestig
Mnr. Gavin Hardy van Butterfly Farms naby Malelane in Mpumalanga se Onderberggebied het talle goeie redes waarom hy 12 jaar oue bome gebruik het om sy nuwe uitbreidingsboorde te vestig. Hy is die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lietsjiekwekersvereniging ( SALKV). Hy het egter nooit kon dink dat hy daarmee dalk die internasionale tuinbougeskiedenis sou herskryf nie.
Butterfly Farms beslaan 900 ha en is suidoos van Malelane in die rigting van die Jeppe’s Reef-grenspos met Swaziland geleë. Die lietsjies word op 25 ha ( 5 930 bome)
Die doel van die nuwe aanplanting is om Butterfly Farms se huidige aanplanting van 25 ha lietsjies uit te brei en ook om die
produksieseisoen te verleng.
onder besproeiing verbou en een van die plaas se kenmerke is dat die spesifieke mikroklimaat en topografie die vroegste lietsjies in Suid-Afrika lewer.
“Die meeste van die bestaande lietsjiekultivars op die plaas is Mauritius. Daar is ook Early Delight en verskeie ander kultivars wat as bronne vir entmateriaal dien. Ons lietsjieseisoen strek gewoonlik van middel November tot middel Desember wanneer ons die laaste lietsjies pluk,” vertel Gavin.
Gavin het agtergekom dat die lietsjiebome wat die hoogste op sy plaas gevestig is, gouer ryp word as die bome van dieselfde kultivars wat laer geleë is. Hy het dus besluit om van die nuwe uitbreidingsboorde hoër as die bestaande aanplantings te vestig. Sy mikpunt was om sy bestaande lietsjie-aanplanting met nog 15 ha uit te brei.
WAAR DIE SAADJIE GEPLANT IS . . .
Die vestiging van enige nuwe boord verg noukeurige beplanning, want talle aspekte, soos terreinopmeting, grondvoorbereiding, die vroegtydige bestelling van plantmateriaal en die uitbreiding van die besproeiingstelsel, moet betyds gedoen word.
En toe hoor Gavin dat die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse ( ITSG), met sy hoofkantoor op Nelspruit, noodgedwonge van sy volwasse lietsjiebome van die Malelane- proefplaas naby Malelane na die Friedenheim- proefplaas digby Nelspruit moes
Dié lietsjieprodusent het dalk wêreld-tuinbougeskiedenis gemaak toe hy nuwe kommersiële lietsjieboorde met duisende 12 jaar oue bome gevestig het.
verskuif. Die ITSG het die gebruik van die Malelane-proefplaas verloor en die bome is verskuif om waardevolle plantmateriaal vir die lietsjiebedryf te behou.
Dié 80 bome is in Februarie vanjaar verskuif, wat nie die beste tyd vir verplanting was nie. Nogtans was die oorlewingskoers goed. ’ n Paar van die bome, wat nie sorgvuldig uitgehaal is nie, het wel gevrek.
Tot in daardie stadium, vertel Gavin, het hy slegs geweet van landskapsargitekte wat groot werktuie gebruik om groot en volwasse inheemse bome te verplant.
Hy het mnr. Mike Falk van Aeterno Investments op Nelspruit ontmoet, wat vroeër ’n doel-aangepaste BobCat 5850 uit Amerika ingevoer het wat bome met wortels en al kan uithaal. Die masjien is klein en maneuvreerbaar genoeg om tussen die boordrye te gebruik. Daarby spog dit met vier hidrouliese grawe wat basies rondom die stam in die grond gedruk word voordat die masjien dan die boom met wortels en al met ’n hefboom-aksie uit die grond lig.
Gavin het groter potensiaal in Mike se boomuithaler- masjien gesien en aan die moontlikheid gedink om van sy nuwe uitbreidingsboorde met ouer bome te vestig wat gouer in drag sal kom as wanneer nuwe REGS: Me. Kota Froneman, plaasbestuurder van Laatoes-lietsjies by Carino naby Nelspruit. Sy moes behoorlik bontstaan om te sorg dat die bome tydig voorberei, uitgehaal en op die vragmotors gelaai word.
gevestig. Die plaaseienaars het spesifiek Wai Chee as kultivar gekies omdat die meeste ander lietsjieboere in daardie stadium die kultivar Mauritius verbou het. Wai Chee is die laatste kultivar beskikbaar en kan selfs tot in die begin van Maart geoes word.
Die bome het aanvanklik stadig gegroei en ná vyf tot ses jaar begin dra, maar die afgelope paar jaar het die vrugbare sandleemgronde en die spesifieke bestuurspraktyke egter tot goeie vegetatiewe groei gelei.
Dit sou binnekort tot verdigting en ’n tekort aan ligindringing lei en die plan was om al om die ander ry bome eenvoudig af te saag en die stamme met plantdoder te behandel. “Maar dit was nou voordat Gavin van ons planne gehoor het,” sê Kota.
Maar waarom sou Gavin, wat in ’n vroeëproduksiegebied boer, belang stel in ’n laat-kultivar soos Wai Chee?
“Vanaf die begin tot die middel van Januarie het die lietsjiebedryf normaalweg ietwat van ’n kritieke bemarkingsperiode wanneer daar nie vrugte beskikbaar is nie. Daar is ’n moontlikheid dat Wai Chee as ’n laat kultivar in dié bemarkingsperiode dra as dit op my plaas geplant word. Danksy die besondere mikroklimaat en topografie lewer my plaas Suid-Afrika se heel vroegste lietsjies.
“Volgens wat ons in die wetenskaplike literatuur kon opspoor, is Wai Chee dié kultivar wat as onderstam met die meeste ander kultivars ent- verenigbaar is. En die plaaslike lietsjiebedryf het juis onlangs nuwe, belowende plantmateriaal uit Australië en Israel bekom wat binnekort aan die bedryf beskikbaar gestel sal word.
“Ek glo die grootste voordeel van die 12 jaar oue bome is dat dit reeds ’ n groot wortelmassa het en daarom dus vegetatief vinniger sal groei en ontwikkel.
“Dit sal ook baie gouer in drag kom as wat die geval met nuwe boompies sou wees. Ons sal dus ook baie gouer op dié bome nuwe plantmateriaal kan ent as op nuwe, jong boompies.
“Oorgewerkte bome kan reeds in jaar twee tot drie weer in produksie wees, terwyl nuut aangeplante bome normaalweg eers in jaar sewe tot agt ’n noemenswaardige oes lewer.
“As ’n boer dus die kontantvloei van die groter kapitaalbelegging kan hanteer, maak 1. Op Butterfly Farms word ’n meganiese graaf gebruik om die bome van die vragmotor se laaibak tot binne-in die plantgat te plaas.
2. Die bome word deeglik met grond toegegooi.
3. Die bome word so gou as moontlik behoorlik natgemaak.
4. Mnr. Leander Engelbrecht wys trots hoe geil die nuwe bome begin uitloop.
‘Omdat die vestiging van 12 jaar oue lietsjiebome in ’n kommersiële boord nog nooit voorheen gedoen is nie, weet ons nie presies wat die toekoms vir ons inhou nie.’