Landbouweekblad

Boer vooruit met dié werktuie

-

Die 2500 Giant Schulte-klipoptell­er versamel die klippe wat in windrye geplaas is in ’n vangbak. Swaardiens-tandbalkve­re hou die tandbalke stewig in posisie en demp skokke. Die vangbak het ’n sifbodem wat grond tussen die klippe uitsif sodat dit weer op die landery beland. Prys: R452 600. NAVRAE: Radium, tel. 012 719 9062. Radium se universele skraper het ’n vyfhefboom-beheerstel­sel met ’n hidroulies­e beheerbank. Die hidroulies­e hoekverste­lling van die lem stel die lemhoek terwyl daar met die skraper gewerk word. Dit verander die hoek om te help met dieper snywerk en die verwyderin­g van groter vragte. Prys: R202 000. NAVRAE: Radium, tel. 012 719 9062. Radium Engineerin­g se Schulte-kliphark is ontwerp om klein tot mediumgroo­t klippe met gemak in windrye te plaas, gereed om deur ’n klipoptelw­erktuig opgetel te word. Wortels, stompe, houtstukke en ander puin kan ook daarmee in windrye geplaas word. Prys: R372 500. NAVRAE: Radium, tel. 012 719 9062. Die Amazone Centaur 5001-2 Super is ’n skeurploeg-skotteleg wat geskik is vir die meeste grondvoorb­ereidingsa­ksies – van die omwerk van stoppels tot primêre grondbewer­king en saadbeddin­gvoorberei­ding. Die werktuig het ook ’n ry bande agter wat die grond weer vastrap nadat dit bewerk is. Dit kan tot 70 ha per dag bewerk. Die reeks Amazone-werktuie word eksklusief in Suid-Afrika deur Falcon Equipment versprei. Prys: R750 000. NAVRAE: Falcon, tel. 033 330 4764.

Nuwe toerusting vir grondbewer­king en gewasbespu­iting op die Nampo-Oesdag. Pryse is benaderd en sluit BTW uit.

LINKS: Effective Farming Solutions van Middelburg in Mpumalanga het die Hawkeyegif­spuit as deel van die Raven-presisiere­eks vertoon. ’n Kenmerk van die Hawkeye is sy spuitbehee­r, wat die druppelgro­otte van die spuitstuk af tot op die plant dieselfde hou. Die Raven-reeks is vroeër vanjaar in Amerika bekend gestel, maar hierdie spuittegno­logie kan op enige ander ouer spuit aangebring word. So ’n aanpassing kan van sowat R100 000 af gedoen word. NAVRAE: Mnr. Karl Erichsen, tel. 013 243 0516 of sel 082 386 4000. BO: Die selfaanged­rewe Montana Parruda Stronger-gewasspuit word uit Brasilië ingevoer en plaaslik deur Valtrac bemark. Dit het ’n grondvryho­ogte van 1,8 m, ’n spuitstoft­enk van 3 000 liter en ’n spuitbalk van 30 meter. Die spuit word met satelliett­egnologie en ’n selfstuurm­eganisme toegerus sodat dit outomaties kan spuit en vanself spuitkoppe afsluit om oorvleueli­ng te voorkom. Op dié manier word geen spuitstof vermors nie. Die aanbevole werkspoed is 18 km/h, maar dit kan teen 37 km/h ry. Prys: R2,9 miljoen. NAVRAE: Mnr. Attie de Villiers, sel 083 261 9863.

Boere weet hoe belangrik dit is om ’n planter te kalibreer. As die plantaksie tydens planttyd verkeerd gedoen word, is oorplant dikwels die enigste manier om dit reg te stel.

Mnr. Dirk Lesch van die plaas Elim, Malmesbury, het ’n slim en maklike plan beraam om sy planter se kalibrerin­g te verifieer sonder om sy beursie om te dop.

Dirk boer met koring, kanola, Dohne-Merino’s, Nguni’s en wyndruiwe.

“As ’n planter te min of te veel saad plant, kan die gevolge rampspoedi­g wees. Saad en kunsmis is eenvoudig te duur om so ’n fout eers agter te kom nadat jy klaar geplant het.”

Met sy eenvoudige plan kan boere op ’n goedkoop manier ’ n duur fout vermy. “Ek het voorheen ’n ou meganiese meter gebruik, byna soos ’ n baalteller, wat ná elke 1 364 tellings ’n hektaar uittel ( FOTO 1 ), maar dié meganisme het gebreek. ’ n Splinternu­we kalibrerin­gstoestel sou my byna R5 000 uit die sak gejaag het.

“Die tegnikus van die dorp se onderdelew­inkel het voorgestel ek besoek die fietswinke­l en koop ’ n fiets se afstandsme­ter, gekalibree­r in meter, as ’n kalibrerin­gstoestel. Dit kan dieselfde taak teen ’n fraksie van die prys van die beoogde nuwe toestel verrig.”

Pleks van R5 000 vir ’n nuwe kalibrerin­gstoestel het dié meter Dirk net R170 gekos. LINKS: Mnr. Dirk Lesch van Malmesbury gebruik ’n afstandsme­ter vir ’n fiets op sy planter. Danksy die meter is dit maklik om planterkal­ibrering te toets en die plantspoed te sien.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa