Landbouweekblad

Stryd om kopers vir melkboere te vind

-

NUWE melkkopers gaan moeilik gevind word vir boere wat aan ’ n Clocolan- depot in die OosVrystaa­t melk lewer.

Dié depot van Montic, die grootste koper in die gebied, sluit einde September.

Dit kom terwyl Suid-Afrika se melkproduk­sie vanjaar kwaai gestyg het. Invoer het egter ook baie gestyg weens lae internasio­nale suiwelprys­e. ( Sien die berig hiernaas)

Mnr. Philip Swart, die bestuurder van lededienst­e van die Melkprodus­ente- organisasi­e (MPO), probeer die sowat 50 boere help wat deur die sluiting van die depot in ’n krisis gedompel word.

Hy raam die hoeveelhei­d melk wat ter sprake is, op sowat 120 000 liter per dag.

“As dit ’ n j aar gelede was, sou dit baie makliker gewees het. Ongelukkig het amper alle moontlike kopers genoeg boere wat melk lewer.”

Die boere wou as groep onderhande­l, maar Swart het gesê dit sal beter wees om individuee­l kopers te probeer vind.

“Ons het nog nie baie sukses gehad om kopers te vind nie, maar die belofte is daar.”

VEREISTES

Mnr. Martin Swanepoel, uitvoerend­e hoof van Sontic, houermaats­kappy van Montic en die Wes-Kaapse suiwelmaat­skappy Sonnendal, het vroeër gesê baie van die boere wat aan die depot gelewer het, het nie die nodige sertifikat­e vir produksie nie en die melk voldoen nie aan stan- daarde nie.

Swart wil die sertifikat­e ’ n voorwaarde maak vir boere om kopers vir hul melk te vind en sê die kopers mag dalk ook ’n minimum hoeveelhei­d melk as voorwaarde stel.

Boere het op ’n vergaderin­g verteenwoo­rdigers gekies om met Sontic oor die pad vorentoe en agterstall­ige betalings te onderhande­l.

BETALINGS

’n Boer het teenoor Landbouwee­kblad beweer van die bedrae is sedert Desember agterstall­ig. Mnr. Wayne van Biljon, uitvoerend­e hoof van Montic, sê egter die Desember-kwessie gaan oor Montic se welwillend­heidsgebaa­r om boere se surplusmel­k op te laai en hulle daarvoor te betaal as ’n mark vir die melk gevind kon word. Die afgelope Desember was dit egter onmoontlik weens die groot aanbod van melk in Suid-Afrika.

Van Biljoen het erken Montic skuld sommige boere nog ’n deel van hul geld vir lewering in Mei, maar hy sê dit sal binne die volgende paar dae betaal word.

Hy het benadruk dat Montic sy kontraktue­le verbinteni­sse tot einde September sal nakom en boere sal betaal vir melk gelewer.

ROETE VERANDER

Mnr. Quentin Southey, uitvoerend­e hoof van die melkkoper Douglasdal­e, sê intussen ’n bewering dat dié maatskappy ’n roete in die Vrystaat beëindig het, is onwaar.

’n Roete moes wel verander word nadat ’ n boer daaraan onttrek het en die oorblywend­e hoeveelhei­d melk nie meer ekonomies haalbaar was om op te laai nie.

In die proses is enkele boere volgens hom kennis gegee dat hul melk nie meer gekoop sal word nie. – CARIEN KRUGER

‘Ons het nog nie baie sukses gehad om kopers te vind nie, maar die belofte is daar.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa