Landbouweekblad

Vleisbeest­e: Selekteer vir beter wintervet

- Telling 1.

Liggaamsko­ndisietell­ing ( LKT) is ’n groot geheim in beesboerde­ry. Dit is die barometer van hoe gelukkig ’n dier in sy omgewing of omstandigd­hede is. As beesboere moeite daarmee doen, kan hulle hul koste nóg meer bestuur.

Die beginsel dat dit goedkoper is om op ’n vlak te bly as om daar te kom, is van toepassing. Dit is goedkoper om diere op ’n redelike LKT te hou as om hulle op te bou wanneer hulle te ver van die ideale 7 uit 9 geval het.

Verskeie lande gebruik verskillen­de kriteria om die LKT te bepaal en ongelukkig is dit ’n waarneming pleks van ’n absolute meting.

Ter wille van die rubriek gaan ek die LKT-kriteria gebruik waarvolgen­s ons werk van 1-9: 1 is brandmaer en 9 is spekvet. (Sien ook die KASSIE vir ’ n verduideli­king.) Die ideaal is 6-7. Natuurlik is 8 en 9 altyd “mooier”, maar dit is nie altyd kostedoelt­reffend nie. Ek meen oorvet is ook nie die ideaal nie. (Dink maar aan mense: Oorgewig mense kom moeiliker oor die weg as skraler mense en jy hoor dit aan hul asemhaling.)

Die LKT is kernbelang­rik omdat dit ’ n aanduiding is van baie ander fisiologie­se prosesse. Dit is gevolglik een van die belangriks­te eienskappe om te bestuur en/of daarvoor te selekteer.

Ek verwys natuurlik na ’n goeie LKT op natuurlike weiding en nie wanneer diere gevoer word nie. Dit is ook ’n bewys van ’n dier se vermoë om gras doeltreffe­nd om te skakel in liggaamsge­wig of vet. Die LKT is ’n maatstaf van hoe goed ’n dier aangepas is en van sy/haar vermoë om gras doeltreffe­nd om te skakel. Die resultaat is herbesetti­ng (vrugbaarhe­id). As dit dus nie ingeteel is nie, moet dit kom van ’ n ander bron en dit is gewoonlik duur voer.

VET DEUR DIE KOUER, DROËR MAANDE

’n Beter LKT kom voor by diere wat vroeër geslagsryp is en nie dié met die hoë gemiddelde daaglikse gewigstoen­ame vir hul ouderdom nie. Hierdie diere kry dit reg om op twee jaar te kalf en daarna gereeld te kalf omdat hulle gelukkig is in hul omgewing. Bulle met hierdie eienskappe teel nageslag met hierdie eienskappe.

As ’n pragtige bul met ’n goeie hormonale balans nie nageslag teel wat vroulik (hormonaal gebalansee­rd) en vroeg geslagsryp is, hul LKT behou met minimale insette en gereeld kalf nie, is hy nie die moeite werd nie.

Energie dryf die wêreld voort. En vet is energie. Diere wat dus maklik vet word en langer daardie vet behou, veral deur die kouer en droër maande, is waarna ons soek. Hulle het ook ’n goeie LKT. Diere wat oor jare heen daarvoor geselektee­r word, word vroeër en gouer vet. Hierdie diere produseer en reprodusee­r doeltreffe­nd en winsgewend van die veld af.

Dan weet ons ook dat die navorsing wys

Die moeilike boerderyma­ande lê en wag. Maak seker jy bestuur jou diere se liggaamsko­ndisietell­ing optimaal vir groter winste.

dat die LKT met kalftyd die aanwyser is vir herbesetti­ng. Daarom is dit belangrik dat die LKT deur die wintermaan­de behou word.

MEET DIE PH

Verder is dit belangrik om in harmonie met die natuur te boer. Die meting van die pH in die urine is ’n maklike, goedkoop manier om hierdie belangrike eienskap te bestuur as ’n mens se waarneming nie altyd na wense is nie.

Ek probeer die diere as volg bestuur nadat ons die pH gemeet het. Indien die pH 7 en groter as 7 is, los ek alles net soos dit is. Tussen 6- 7 sal ek eers diere skuif na ’ n beter kamp en wanneer die pH minder as 6 is, sal ek strategies ’n proteïenaa­nvulling beskikbaar stel.

Slegs diere wat vroeg geslagsryp is, kan op twee jaar beset raak op natuurlike weiding. Diere wat later geslagsryp is, kry dit nie reg nie. Omdat produksiek­oste gedurig styg, is dit ’n kwessie van oorlewing dat diere vroeër moet kalf.

Dit is moontlik om hierdie praktyk op lang termyn volhoubaar in werking te stel. By Dewetsdorp word dit reeds die afgelope 20 jaar met sukses gedoen. Mnr. Gerrit van Zyl besit die Hanzyl-Bonsmarast­oetery buite Dewetsdorp. Hy is die eienaar van die Landbounav­orsingsraa­d en Absa se Nasionale Prestasiet­oetskudde van die Jaar (vir 2009 tot 2011) en was Voermol se nasionale Beesboer van die Jaar vir 2011.

Peake Equipment van Beestekraa­l by Brits het sy reeks selfaanged­rewe gewasspuit­e uitgebrei. Die Peake STS 5000 het ’n Cummins-enjin van 215 kW (teenoor die 1 1 5 kW van die oue), ’n spuittenk van 5 000 liter (oue: 2 000 liter), ’n voorgemont­eerde spuitbalk van 36 m (oue: 30 m), en ’n vierwielaa­ngedrewe werkspoed van tot 40 km/h. Prys: R2,7 miljoen. NAVRAE: Mnr. Donald Peake, sel 083 701 0810.

Hierdie elektrosta­tiese Martignani-boordspuit word deur Southtrade uit

Italië ingevoer. Dit gee die spuitstofd­eeltjies ’n negatiewe lading

sodat dit beter aan die blare vasklou. Dit benodig dus minder spuitstof as wat konvension­ele

spuite toedien omdat daar geen spuitstof afdrup nie. Die werktuig is vir neutboere ontwerp. Die Whirlwind 1500 M612 Major-mo

del op die foto kos R397 230. tel.

021 981 6044.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa