Skep moed: Boere sukkel ook oorsee
uid-Afrikaanse boere dink meestal die uitdagings waarmee hulle plaaslik te doene kry, is eie aan Suid- Afrika. Dit laat ’ n mens egter regop sit as jy met boere en kundiges in ander wêrelddele gesels en agterkom Suid-Afrika is glad nie so uniek nie.
’ n Mens besef dan weer Suid- Afrika bly deel van die internasionale ekonomie en ding mee met oorsese boere se produkte in die plaaslike én uitvoermark.
Die verswakkende wisselkoers bring weer die boodskap duidelik tuis dat wêreldmarkte jou sal straf vir ’n verkeerde ekonomiese beleid. Die feit dat pres. Robert Mugabe met sy beleid van “verinheemsing” Zimbabwe binne 30 jaar amptelik tot op een na die armste land ter wêreld kon reduseer en sy eie geldeenheid vernietig, getuig daarvan.
Danksy die jongste invoer- ooreenkoms is hoenderpryse in Amerika die stukrag vir hoenderpryse in Suid- Afrika. Die prys van melk wat wêreldwyd daal, dwing ons melkpryse laer. Mielieboere in Amerika se oeste versuip en hulle verwag vanjaar ’n veel kleiner oes. Hulle gaan baie meer sojabone plant. Mieliepryse gaan wêreldwyd nóg styg en Suid-Afrika se pryse verder opjaag.
Argentynse boere word só deur hul regering befoeter met uitvoerbelasting en hul sosialistiese beleid dat hulle opgehou het om beesvleis uit te voer. Hulle gaan in die nuwe somer ook baie minder mielies plant en eerder sojabone verbou.
Veiligheidsmaatreëls vir voedsel word wêreldwyd ál strenger deur verwerkers en supermarkgroepe toegepas. Suid-Afrika se uitvoerders van vrugte en neute moet voldoen aan internasionale standaarde – en dit gaan vir die afsienbare toekoms so bly.
Boerdery is ’n langtermynbesigheid. Dus is dit belangrik om ’n langtermynvisie en -plan vir jou besigheid te hê. Soos mnr. Louis de
WAT IS DIE KWESSIES?
Die week lange konferensie en plaasbesoeke in Kanada het my weer onder die indruk gebring dat Suid- Afrikaanse boere nie hul oog van die bal moet afhaal nie. Die Regering befoeter wél die sake-omgewing, maar as jy met die Argentyne praat, is hul regerende party amper dommer as die ANC-alliansie wat landboubeleid betref.
Boere moet op die hoogte van nuwe tegnologie bly. Die doelwit is om met minder meer te produseer van ’n produk waarvoor daar die winsgewendste mark is, en om só slimmer as die regering te wees. Dit beteken jou onderneming moet voortdurend aanpas. Jy moet soos ’n entrepreneur dink en besluite neem om op kort termyn te oorleef, maar aangepas wees vir die langer termyn.
Sonder om voor te gee dat Suid-Afrika baie gemeen het met die wêreld se boere en markte, is die volgende ’n paar gemeenskaplike kwessies wat ek op die internasionale landboubestuurskonferensie waargeneem het.
Daar word ál meer aandag gegee aan “besluitnemingsgereedskap” vir boere. Dié “gereedskap” is elektronies beskikbaar en die boer kan net sy data invoer en besluite daarvolgens neem. Dit geld ook “megaboerdery”-data. Daarvolgens raak ál meer data beskikbaar danksy presisieboerdery ( in alle landboubedrywe), wat geïntegreer word om verskeie boerderybesluite te neem. Dit gaan die besluitnemingsgereedskap van die toekoms wees. Hoe gouer ’n mens aan die idee gewoond raak en dit benut, hoe beter. Ongelukkig verg dit voortdurende nuwe beleggings in tegnologie en opleiding. Die vernuwing van tegnologie en die implementering daarvan op die plaas is ’ n gegewe. Die dilemma is dat Suid- Afrika se boere weens onsekerheid nie beleggings wil maak nie. Intussen raak ons ál verder agter. Die geluk is dat tegnologie Suid-Afrika uit Europa en die Amerikas binnekom via private maatskappye en plaaslike boere so op die hoogte hou. Dit is toenemend duidelik dat die staat sy geld en selfs dié van bedryfstrusts net wil gebruik om kleinskaalse en bestaansboerderye te bevorder. Dié beleid is gedoem solank Suid-Afrika ’n oopgrensbeleid volg en invoer op groot skaal toelaat sonder enige beskermingsmaatreëls. Voedselveiligheid en verbruikersvoorkeure word ál belangriker. Produkte moet voedsaam en nuttig wees vir die verbruiker. Supermarkgroepe sien dit as die grondslag waarop hulle kliënte vorentoe gaan behou. Dit sal geskied deur die goedkoopste produk, wat aan sekere gesonde voedingstandaarde voldoen, teen die beste gehalte te verskaf. ’n Mens kan redeneer dat die arm verbruiker kos wil koop wat so goedkoop moontlik is, maar dit moet ook voedsaam wees, veral wat minerale en vitamiene betref. Dié vereiste kan vorentoe laer opbrengste vir boere beteken. Die prys van landbougrond het wêreldwyd kwaai gestyg. ’n Mens kan nie net met ’n lening en landbouproduksie jou grondskuld betaal nie. Boere kan nie meer horisontaal uitbrei nie. Dit gaan ál meer oor die wetenskap en tegnologie om opbrengste op dieselfde stuk grond te verhoog en om nismarkprodukte te lewer wat aan handelsmerke gekoppel is. Moet jou nie om die bos laat lei nie. Boere in Kanada word doeltreffend beskerm teen goedkoop invoer deurdat invoer met kwotas beheer word
Die jongste Internasionale Landboubestuurskonferensie is onlangs in Kanada aangebied. Boere van sowat 30 lande het dit bygewoon. Dit het bevestig dat Suid-Afrika se probleme nie so uniek is nie. Plaaslike boere moet terselfdertyd versigtig wees om nie tred te verloor met hul mededingers op wêreldmarkte nie. Boere moet op die hoogte van nuwe tegnologie bly. Die doelwit is om met minder meer te produseer van ’n produk waarvoor daar die winsgewendste mark is, en om só slimmer as die regering te wees.
en die meeste intensiewe landbouprodukte via “aanbodbestuur” geproduseer word. Elke boer kry ’n sekere produksiekwota teen ’ n relatief hoë prys en invoer word beperk. Die binnelandse mark bly dus in balans met pryse wat produksiekoste in ag neem. Die boere (soos melkboere) sal gou vir jou sê: “Ja, maar die prys word bepaal volgens die doeltreffende boere se koste, dus word almal gedwing om meer produktief te word.” Die boer hoef egter net op tegniese doeltreffendheid te let. So het die melkbedryf produksiekwotas vir elke boer, wat omtrent net soveel kos as die grond. Maar ’ n koeikudde van 150 koeie kan twee gesinne en ’ n werker ’ n redelik goeie lewenstandaard gee. Kos is vrek duur. Twee liter vars melk (2% vet) op die rak kos R46. Die boere kry sowat 2,5 keer meer vir hul melk as plaaslike boere. Beesmaalvleis kos R143/kg – meer as dubbeld soveel as in Suid-Afrika. Finansiering blyk nie ’n groot probleem te wees nie, want die prima rentekoers in Kanada is so 2,5%. Bakkies kan oor 48 maande gefinansier word teen 0% rente. Landbou- ekonome is egter bekomerd, want boere oorkapitaliseer omdat geld volop en goedkoop is, terwyl grondpryse bly styg. Navorsing wys dat projekte onoordeelkundig aangepak word, met ’n lae wins, omdat geld so goedkoop is. Arbeid op plase is wêreldwyd problematies. Mense wil nie hande-arbeid op plase doen nie en wil in stede gaan werk, soos ál meer in Suid- Afrika gebeur. Arbeidskoste raak ook ál duurder. Meganisasie en outomatisering is aan die orde van die dag, al moet infrastruktuur oorgebou word. Boere beskou dit as ’n noodsaaklike belegging vir die toekoms. Baie aktiwiteite word per rekenaar beheer. Klimaatsverandering word aanvaar as ’ n feit. Baie praktiese navorsing word gedoen oor hoe om dit beter te bestuur, soos met nuwe kultivars en produksiemetodes. Wêreldwyd is water ál skaarser en besoedeling raak toenemend ’n probleem. Dit geld ook energiedoeltreffende oplossings op plase en hernubare energie. Dit is ’n gegewe en ’n mens sal daarby moet aanpas. Ongelukkig beteken dit weer eens nuwe beleggings, maar dit is deel van ’n langtermynvisie vir die boerdery. Opvolgbeplanning en hoe die boerdery se bates oorgaan na die nuwe geslag kry wêreldwyd baie aandag. Daar is baie formele kursusse en finansieringsmodelle wat dit bekyk. Boetie of sussie stap nie net by die boerdery in nie. Dit word finansieel beplan en nuwe toetreders moet hul eie finansiering reël. Waar daar wél ’n ordelike oorgangsplan is, is banke meer as bereid om dit te finansier. Dit is immers vir die bank belangrik dat die boerdery stabiel moet bly en voortgesit word. Afrika is nie juis hoog op enige agenda nie. Die meeste ander lande het genoeg van hul eie probleme. Suid-Afrika se ster het ook verskiet. Suksesvolle boerderylande lê eerder klem op hul eie landbousektor en die lonende markte wat hul bedien. Daar word baie klem gelê op die gebruik van nuwe tegnologie en belegging, en veral entrepreneuriese denke en oplossings.
TEN SLOTTE
Sake in Kanada lyk op ’n afstand baie rooskleurig, maar daar is toenemend beperkings en staatsinmenging in die landbou. In Kanada is daar boonop ’n winter wat 6 maande tot 8 maande lank duur, met temperature van - 30 ° C tot - 50 ° C – en die boeregesinne werk self.
NAVRAE: Mnr. Nico van Gijsen, tel. e-pos: nico@finlac.com.
Nico van Gijsen is lid van Fisa en besturende direkteur van Finlac, ’n onafhanklike finansiëlerisiko- bestuursmaatskappy wat by die Raad op Finansiële Dienste gelisensieer is. Finlac is aan geen finansiële produkverskaffer verbonde nie. Die raad wat hier gegee word, is van ’ n algemene aard en moenie as toepaslik vir ’n spesifieke geval beskou word nie.