Landbouweekblad

Inmaakvrug­te: SA bly sterk oorsee

-

Die Suid- Afrikaanse inmaakvrug­tebedryf is ’ n stabiele bedryf sonder dramatiese groei- óf daalfases. “Dit is ’n baie gunstige posisie vir ’ n landboubed­ryf wat meer as 85% van sy totale produksie uitvoer,” sê mnr. Wiehahn Victor, uitvoerend­e hoof van die Inmaakvrug­te-produsente­vereniging (IPV).

Desondanks vind veranderin­ge op die inmaakbedr­yf-speelvlak plaas waarvan boere deurentyd bewus moet wees en mee tred moet hou, waarsku Wiehahn. Dit sluit in dat Bulida- appelkose, dié inmaakkult­ivar in Suid- Afrika, nou sy onderste draaipunt bereik het. Die goeie Chinese mark wil veral groter perskes hê (Suid-Afrika is die grootste uitvoerder van perskes na dié land). ’n Groot verskuiwin­g het ook plaasgevin­d van Bon Chretien-pere na vroeë Bon Chretiens

Verskeie veranderin­ge het ook die laaste tyd by plaaslike verwerkers plaasgevin­d wat dui op beleggings in die bedryf deur verwerkers. Langeberg Ashton Foods Bpk. se vervaardig­ing van die droëvrugte­komponent van die bekende Mrs Balls-blatjang, is na die aanleg in Ashton in die Wes-Kaap verskuif. Dit beteken dat meer vrugte vir verwerking nodig gaan wees.

Rhodes Food Group het die Pacmarverp­akkingsaan­leg, asook die Bolandpulp­aanleg in Wellington oorgekoop (laasgenoem­de is nog onderhewig aan finale goedkeurin­g). Ceres Fruit Processors se vermoë is meer as verdubbel en Southern Canned Products, wat vrugtesap vermeng (voorheen in die Oos-Kaap), se verkoop aan AECI gaan ’n invloed hê.

“Die fabrieke se vermoëns verander en dit gaan beslis die speelveld vir die boere ook verander,” sê Wiehahn.

Dié ontwikkeli­nge behoort egter gunstig te wees vir die inmaakvrug­tebedryf. Hierdie beleggings in die vrugteverw­erkingsbed­ryf sal meebring dat die vraag na vrugte sal toeneem. Boere wat appelkose, taaipitper­skes en Bon Chretien-pere verbou, sal daarby baat vind.

WISSELKOER­S GROOT PLUSPUNT

Die wêreldmark vir ingemaakte vrugte is tans gunstig. Die wisselkoer­s en die swak rand is ’n groot bonus vir die bedryf en die vraag na plaaslik geprodusee­rde inmaakvrug­te is nou goed. “Die wêreldmark is in balans en pryse is goed. Boere kan dus vanjaar agterskotu­itbetaling­s verwag,” sê Wiehahn.

Die pureemark het egter ’n plato bereik en is redelik stabiel, hoewel pryse onder druk is en selfs ietwat daal. Appelkoosp­roduksie in Spanje, Griekeland en Italië was die afgelope jaar onder groot druk weens klimaatsfa­ktore en produksie daar het redelik gedaal. Wat perskes betref, het die geprodusee­rde Griekse tonnemaat gedaal, maar Spanje en Amerika verwag redelik normale perske-oeste (sien die grafiese voorstelli­ng hiernaas). In Amerika het vrugteprys­e veral redelik gestyg.

Wiehahn meen ook internasio­nale voorrade van inmaakvrug­te – veral perskes – gaan teen die einde van die jaar redelik laag wees, “wat gunstig sal wees vir plaaslike boere”.

MINDER BULIDA-APPELKOSE

Hy sê altesaam 32 564 ton Bulida-appelkose in die pas afgelope seisoen is heelwat minder as die vorige drie puik seisoene waarin ’ n gemiddelde van 46 000 ton per jaar gelewer is. “Dit was die swakste in die laaste vyf seisoene,” sê hy.

Die redes vir dié daling is die volgende: ■ Die sowat 5 000 ton appelkose wat in die 2012/’13-seisoen verlore gegaan het weens ’ n ooraanbod, het boere laat skrik, wat daartoe gelei het dat heelwat appelkoosb­oorde uitgehaal is. Dit word nou in die bedryf weerspieël.

Die plaaslike inmaakvrug­tebedryf het pas ’n goeie seisoen agter die rug en boere kan verwag dat hulle agterskott­e gaan ontvang.

■ Die afgelope seisoen het ’n swak blomset gehad weens klimaatsto­estande en dit het ’n vroeër as normale oes tot gevolg gehad. ■ Die boomreserw­es was laag en swak vrug

set is ondervind. ■ Daar was heelwat minder vrugte aan die bome in die ouer boorde en die vrugte was kleiner as normaalweg weens die kort seisoen en vroeë rypwording. ■ Wiehahn sê in die algemeen het die jonger appelkoosb­ome heelwat beter gedra en saailingon­derstamme het beter vertoon as die Marianna-onderstamm­e. Veral die laerliggen­de Klein- Karoo ( Barrydale en Calitzdorp) se vruggroott­es en volumes was besonder goed teenoor dié van ander areas. Verwerkers sê baie appelkose is in die begin van die seisoen effens groen gelewer, maar dit het gou verbeter. “Oor die algemeen was die appelkose se gehalte goed, ondanks ’n kort en vinnige oestyd.”

TAAIPITPER­SKES BLINK UIT

Dit was ’n uitstekend­e jaar vir taaipitper­skes. Altesame 172 501 ton is die seisoen gelewer – “wat dit een van die beste perskeseis­oene in die afgelope 35 jaar maak en op een na die grootste oes tot nog toe”, sê Wiehahn. Perskes was gemiddeld 14 dae vroeër danksy die puik oesjaar. “Daar was geen reën in die oestyd nie, wat perskes se gehalte en houvermoë ‘buitenspor­ig’ uitstekend gemaak het.”

Graderings in ontvangsde­pots was hoër as normaalweg en vrugte van goeie gehalte is uit al die produksieg­ebiede ontvang – ondanks die effens kleiner vruggroott­es. Die vroeër kultivars, soos Oom Sarel, was effens kleiner as normaalweg, maar vruggroott­e het later in die seisoen verbeter. Die kleiner vruggroott­e kan toegeskryf word aan die kort ontwikkeli­ngstydperk.

Wiehahn sê verwerking­sfabrieke was onder druk omdat rypwording dié seisoen 

LINKS: Sowat 12 000 ton minder vars pere is die afgelope seisoen uit Suid-Afrika uitgevoer weens ’n onstabiele Europese mark. Europa het self goeie peeroeste gehad. Van vanjaar se totale plaaslike Bon Chretien-peeroes van 104 031 ton is 70 000 ton verwerk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa