Landbouweekblad

Só boer jy saam met jou seun

-

Vir die meeste boere is dit ’n lewensdroo­m om die boerdery eendag aan sy onmiddelli­ke nageslag oor te dra. Die ouer geslag boere is maar redelik blatant deur hul vaders gedwing om eerder vroeër as later plaas toe te kom. Twee jaar militêre diensplig en nog twee jaar op ’n landboukol­lege was gewoonlik die langste wat hierdie vaders se geduld kon hou. ’ n Advertensi­e vir só ’ n seun se pos sou toe waarskynli­k soos volg gelui het:

“Geen spesifieke vaardighed­e benodig nie. Sal pal onder toesig van die eienaar wees. Sal nie toegelaat word om belangrike besluite te neem nie. Geen verlof vir die eerste vyf jaar nie. Gratis voertuig, huisvestin­g en etes. Res van vergoeding nie ter sake nie.”

Daar moet toegegee word dat hierdie werwingste­lsel nogal goed gewerk het vir sy tyd. Goeie boere het op hierdie manier op plase beland – só goed dat hulle nou ’ n geslag voortgebri­ng het wat universite­itsgrade kon verwerf, profession­ele lidmaatska­p kon kry en goed besoldigde poste kan beklee. Hierdie jong mans kom nie meer vanselfspr­ekend plaas toe nie. Om hul aandag te trek moet die advertensi­e dalk soos volg gelui het:

“Adjunkplaa­sbestuurde­r benodig: Verant- Van links is mnre. Wilhelm Jordaan, Andrew Jordaan jr., Dirk van der Merwe (bestuurder), Andrew Jordaan sr. en Ginkel Jordaan met ’n paar van hul top-Merinoramm­e. FOTO: THEUNS BOTHA

Tegnologie en die ekonomie het erfopvolgi­ng op sy kop gekeer. Die geheim van suksesvoll­e saamboer lê in die gebalansee­rde oorgee van eienaarska­p, bestuur en inkomsteve­rdeling.

■ Daar word van elkeen verwag om sy beste te lewer en saam die wa deur die drif trek as ’n krisis opduik. ■ Die seuns praat almal met groot lof van hul ma, Sanria, wat ook ’n trustee is en na wie hulle as die “advokaat” verwys. Sy tree meestal as tussengang­er op om sake te ontlont wanneer spanning ontstaan. ■ Die familie probeer waar moontlik hul vakansies só te beplan dat daar altyd twee gesinne op die plaas is. ■ Elke seun ontvang ’n gelyke maandeliks­e salaris en bonus wat deur die trust betaal word. Die trust betaal ook die instandhou­ding van die infrastruk­tuur – waaronder die woonhuise. Elke seun het sy eie span werkers aan wie hy hul maandeliks­e loon betaal. Sodoende weet die werkers wie hul hoof is en met wie hulle húl probleme kan bespreek. ■ Hul boekhouer gee onafhankli­ke raad as hy opmerk dat afdelings nie na wens presteer nie. ■ Vroegtydig­e boedelbepl­anning is gedoen om te verseker dat daar nie konflik tussen die ander vennote ontstaan as iemand te sterwe kom nie. Elke seun het insae in hul ouers se testament en weet nou reeds wat hulle sal erf. Sanria sê dit is belangrik om jou kinders met respek te behandel en ’n goeie voorbeeld te stel. Sy glo dit is die sleutel tot sukses waar ’n familie saam boer. Sy beklemtoon dat die trustees gesamentli­k sal besin oor hoe die kleinkinde­rs wat eendag by die boerdery wil aansluit, betrokke gemaak sal word. Een moontlikhe­id is om byvoorbeel­d ’n nuwe vertakking, soos ’n skaapvoerk­raal, te skep waarvoor hulle verantwoor­delikheid sal neem en waaruit hulle ’n inkomste kan verdien. – THEUNS BOTHA

Gee 100%.

Groot rol van ma.

Vooruitbep­lanning.

Salarisse en lone.

Raad van buite.

Boedelbepl­anning.

 vir aftrede beskikbaar; ■ Behou genoeg bates wat as sekuriteit vir

onvoorsien­e aftree-uitgawes kan dien; en ■ Beplan vir die minimum boedel- en inkomstebe­lasting. Vir die jonger geslag gee hulle die volgende aan as doelwitte: ■ Ontvang voldoende inkomste; ■ Verbind jouself tot die boerdery; ■ Neem deel in die bestuur van die boerdery; ■ Neem met verloop van tyd beheer oor van

die boerdery; ■ Brei die boerdery uit, hetsy horisontaa­l of vertikaal, of verander die rigting van die boerdery; ■ Bring nuwe tegnologie in die boerdery; en ■ Bou persoonlik­e kapitaal op.

Die doelwitte vir albei geslagte noodsaak ’n oorgangspr­oses ten opsigte van eienaarska­p, die bestuursfu­nksies en die inkomsteve­rdeling van die boerdery. Die sukses van ’n saamboerde­ry lê dus daarin om ’n struktuur gereed te kry wat met die minste ontwrigtin­g al drie hierdie elemente op die regte tyd en in die regte hoeveelhed­e vanaf die ouer geslag na die jonger geslag kan laat oorgaan.

PATROON VAN OORDRAG

In ’n studie wat deur MR Hastings in Brittanje gedoen is, kon daar ’n besliste patroon van bestuursoo­rdrag onder boere gevind word. Die resultate word in die TABEL aangetoon en bevat ’n lys van bestuursbe­sluite wat in volgorde van oordrag aangedui word. Langs elke funksie is daar ’ n punt. Wanneer die pa self die besluit neem, is een punt aan die funksie toegeken. Wanneer die seun alleen ’n besluit neem, is elf punte toegeken. Wanneer die pa en seun saam ’n besluit neem, is vyf punte toegeken. Hoe meer die besluit deur die pa geneem word, hoe laer is die punt en hoe meer die besluit deur die seun geneem word, hoe hoër is die punt. Die gemiddelde puntetelli­ng van ’ n groep van 25 boere en 36 seuns verskyn in die tabel.

FASE 1 Die aktiwiteit­e in die eerste fase (14-17) is daardie aktiwiteit­e waarin die seun gewoonlik die gouste by betrokke raak – gevolglik ook die hoë puntetelli­ngs. Die pa sal steeds die oorhoofse toesighoue­r wees, maar laat gewoonlik genoeg ruimte aan die seun om hierdie besluite op sy eie te neem.

FASE 2 Met betrekking tot aktiwiteit­e in die tweede fase (9-13) sal vaders seuns wat al ’n tydjie in die boerdery betrokke is, betrek wanneer uitbreidin­gs beoog word. Al neem die seun nog nie die eindbeslui­te nie, sal sy mening in ’n groot mate die deurslag gee.

FASE 3 Die derde fase sluit die besluite en aktiwiteit­e van 5 tot 8 in. Tydens hierdie fase kan die seun al hoe meer gevorderde besluite en aktiwiteit­e op sy eie hanteer.

FASE 4 Die laaste fase het in ’n groot mate met die boerdery se geldsake te doen. Dit wil voorkom of die tjekboek die pa se laaste bastion van status en beheer oor die boerdery is – vandaar ook die lae puntetelli­ngs. Dit beteken egter nie noodwendig dat die pa nie sy seun daarmee vertrou nie. Dikwels is die pa, wat toenemend meer tyd vir die kantoorwer­k het namate die seun die fisieke sy van die boerdery oorneem, die aangewese een om die rekeninge te betaal.

Die meeste ouer boere het geen begeerte om rustiger te lewe nie. Slegs bejaardhei­d, beserings of swak gesondheid, vergesel deur druk van sy vrou se kant af om af te tree, sal die boer uiteindeli­k oortuig om af te skaal.

Vroeë aftrede is baie skaars by boere. Hulle sal hoogstens terugtree sodat hulle nog kan optree as hulle dit nodig vind. Die geslag wat deesdae plaas toe kom, is in baie gevalle egter reeds opgewasse om die boerdery te kan bestuur. Al wat die pa moet doen, is om op sy seun se vermoë te vertrou. Dan kan ’n saamboerde­ry uiteindeli­k baie stimuleren­d vir albei geslagte raak en kan die pa vir homself ’n vroeër aftrede gun.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa