Landbouweekblad

Eldana-skok vir suikerboer­e

-

DIE

eldana-mot ( Eldana saccharina) het in die erge droogte vir die eerste keer in kommerwekk­ende getalle in jong suikerriet in die KwaZulu-Natal se Middelland begin kop uitsteek.

Mnr. Bruno Eggers, landboukun­dige by die boere- suikermeul­e UCL op Dalton in die Middelland, sê dit is nog nie ’n krisis nie, maar die bedryf is baie bekommerd oor die verskynsel. “Selfs in die kusgebiede is die voorkoms van eldana baie hoër as normaalweg. Ons het die eldana-mot in twee aparte suikerriet­gebiede in die Middelland gevind. Ons het ons plaag- en siektespan­ne verdubbel deur arbeid van die boere te vra en spits ons voorlopig toe op slegs hierdie twee gebiede – die distrikte Mount Elias en Tafelberg – om verspreidi­ng te voorkom.”

Benewens die r egstreekse droogtever­liese kan die nadraai van ’n eldanaplaa­g enorme nadele op lang termyn vir die Middelland se droëlandsu­ikerrietbo­ere inhou. “Die eldana floreer op suikerriet onder stres. Dit is normaalweg minimale verliese aangesien die mot slegs op ouer suikerriet voorkom wat deur die droogte gegroei het en dus onder stres was. Vanjaar is die eerste jaar dat ons eldana in hierdie getalle op suikerriet jonger as 12 maande gewaar en dit is vreesaanja­end.

“Die kusstreke het juis hul produksies­iklus verkort tot 12 tot 15 maande weens hoë eldanabesm­etting, maar ons kan nie daardie roete volg nie. Ons is afhanklik van die suikerriet van ’n hoër gehalte wat ons slegs in ’ n groeitydpe­rk van 18 tot 24 maande kan behaal. As die eldana dus ’n epidemie vir ons raak, raak die siklus van 18-24 maande onmoontlik, wat die verbouing van suikerriet in hierdie streek onlewensva­tbaar sal maak,” meen Eggers.

Eggers sê hulle berei hulle voor vir die ergste, maar hoop op die beste. “Ek raai boere aan om suikerriet wat erge tekens van stres toon, te oes.”

Mnr. Jason Brantley is onlangs aangewys as John Deere Suid-Afrika se nuwe besturende direkteur. Hy was voorheen direkteur van gevorderde ondernemin­gsbemarkin­g by John Deere in Amerika en het ’n verbinteni­s met John Deere wat oor meer as 22 jaar strek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa