Landbouweekblad

Leer ken die Heilige Gees

- ANGUS BUCHAN

Ek was onlangs by Vereenigin­g waar ons op ’n pragtige wintersdag ’ n Sondagdien­s op ’ n rugbyveld gehad het. Die son het op ons neergebak, maar in die middel van my preek het ’n ligte, koel briesie in die rugbystadi­on oor ons begin waai. Dit was asof die Heilige Gees ons daaraan herinner het dat Hy werklik bestaan en teenwoordi­g was.

Hy is nie net ’ n vriend nie, maar ’ n Vertrooste­r. Lank gelede het my vierjarige nefie afgeval van die trekker wat ek bestuur het. Ek het iemand nodig gehad wat my kon vertroos, veral in die vroeë oggendure toe my geliefdes absoluut uitgeput en vas aan die slaap was. Ek was wawyd wakker, maar Hy was die Een wat voortgegaa­n het om my te vertroos en my hand vas te hou sodat ek deur daardie donker tyd in my lewe kon gaan.

Hy is ook die Bemoediger wanneer tye regtig moeilik is; wanneer die reën wegbly en die oes dit nie gaan maak nie. Hy is die Een wat my daaraan herinner dat Hy wonderwerk­e kan verrig en dat Hy my deur die moeilike tye in my lewe sal dra.

Hy is ons Raadgewer. As ek probleme het en nie geweet het na watter kant toe om te draai nie, het Hy vir my Goddelike raad deur die Bybel gegee. Hy het menige keer bevestig wat ek moes doen. As ons werklik meer na die Heilige Gees begin luister, sal ander dink ons is wyse mense.

Hy is ons Advokaat. ’n Advokaat is ’n senior, raadgewend­e regsman. Hy sê duidelik in Psalm 81:11: “Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee.” ( In die Engelse Bybel is die aanhaling in vers 10: “Open your mouth wide, and I will fill it.”)

Hy het woorde in my mond gelê om te praat, wat my verstom het. Hy vertel ’n mens wat om te sê, wanneer om dit te sê en, bowenal, wanneer om niks te sê nie.

Moenie jou verhouding met die Heilige Gees afskeep nie. Bring tyd deur met Hom en leer Hom ken. Staan soggens vroeg op om jou Bybel te lees en te bid voordat jy jou dagtaak aanpak.

Jy sal agterkom jou werk is makliker, verloop seepglad en jy sal winsgender wees, want die Heilige Gees is dan die besturende direkteur van jou boerdery.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa