Landbouweekblad

Só sê wet oor serwitute

-

Die ou Waterwet van 1956 handel redelik breedvoeri­g oor serwitute. Ons kan dit nie heeltemal uit die oog verloor nie, want, soos in ’ n vorige artikel bespreek, is heelwat watergebru­ike nog onderhewig aan die bepalings van die 1956-wet.

Ek gebruik weer laas week se voorbeeld van die serwituut van waterleidi­ng waar A die eienaar is van plaas A, wat ’n sterk fontein op ’n ander stuk grond, C, het, maar B se grond tussen plase A en C lê. Al manier om die water op plaas A te kry, waar die besproeiin­g is, is by wyse van ’n pyplyn oor plaas B. In die voorbeeld is A die heersende eienaar en B die dienende eienaar.

Die wet handel met slegs drie soorte serwitute, naamlik serwitute van opdamming, waterleidi­ng (ons voorbeeld) en oorstromin­g.

’n Serwituut van opdamming sal byvoorbeel­d wees waar A ’n serwituut op ’n keerwal ( weir) op plaas B het om water te kan uitkeer. ’n Serwituut van waterleidi­ng sou wees waar ’n voor of ’n pyp water oor B se grond na byvoorbeel­d plaas A lei. Die derde tipe serwituut, soos in die wet gebruik, naamlik oorstromin­g, is waar A se dam terugstoot tot op plaas B.

Daar word duidelik bepaal dat ’n watergebru­iker ingevolge die wet ’n serwituut mag eis oor ’n ander se eiendom waar dit nodig is om daardie watergebru­ik te benut. ’n Serwituut kan egter nie geëis word tensy die eiser of watergebru­iker gemagtig is om die water te gebruik nie. Of soos adv. Jacques van der Merwe, waterregke­nner van Cradock, dit stel: ’n Serwituut verleen nie die reg om ’n watergebru­ik uit te oefen nie, maar is slegs ’n meganisme in die wet om wettige toegang tot die waterhulpb­ron te verkry.

Die serwituut is onderhewig aan die magtiging om water te gebruik. In ons voorbeeld sal A ’n wettige watergebru­iker moet wees. Insgelyks, as A se lisensie of bestaande wettige gebruik ingetrek of andersins beëindig word, sal die aanspraak op die voortsetti­ng van die serwituut wegval en dus herroep kan word. Of as A nie die serwituut uitgeoefen

EIS SERWITUUT OP DIÉ MANIER

Die prosedure om ’ n serwituut ingevolge die wet te eis, word breedvoeri­g in die wet bespreek. Kortliks kom dit daarop neer dat A vir B moet kennis gee van sy eis, welke kennisgewi­ng onder meer moet uiteensit A se aanspraak op die water, die waarskynli­ke impak van die serwituut op plaas B, die serwituutr­oete of plek waar water opgeberg sal word, die aard van enige beoogde waterwerke of paaie, hoe en wanneer on- Een van die drie soorte serwitute waarmee die Nasionale Waterwet handel, is opdamming, waarvolgen­s ’n eienaar ’n serwituut op ’n keerwal op ’n aangrensen­de plaas het om water te kan uitkeer. FOTO: CHARL VAN ROOYEN

Serwitute bly ’n netelige kwessie. In die vorige artikel is die basiese riglyne bespreek, en vandeeswee­k word die riglyne, soos neergelê in die Nasionale Waterwet, onder die loep geneem.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa