Landbouweekblad

Kommentaar en Manie

-

EN daar gaan neuk die melkprys toe af. Eers Clover wat sy produsente­prys vir boere aan die kus met 90c/ l laat daal, toe Woodlands Dairy kort daarna met 50c en Parmalat dié week met 20c. Coega Dairy wat uitsluitli­k deur boere besit word, se prys is net met 15c/ l verlaag.

Probeer jy dié feite bevestig, land jy voor dooiemansd­eur. Die skakelbord­stemme is vriendelik en skakel jou deur. Maar dan volg ’n blikstem wat sê: “Laat jou boodskap en ons skakel jou terug”, en dis waar dit bly.

Nietemin, Manie wonder maar net hoe Alwyn Kraamwinke­l van die SA Melkproses­seerdersor­ganisasie (Sampro) al vroeg April op die SA Vereniging vir Suiweltegn­ologie se jaarkongre­s by Kaap St. Francis kon weet dat slegte dinge aan ’t kom was. Dit was in diesélfde week wat die Melkprodus­enteorgani­sasie (MPO) se indoenas tydens hul promosieto­er in die OosKaap nie té neerslagti­g was nie.

Seg Alwyn daardie dag: “Markseine gaan nié oor die selektiewe aanwending van inligting om net die belange van sekere rolspelers te dien nie. Dit gaan oor objektiewe makroinlig­ting sodat die aanbod die vraag kan volg.” Manie hoor dit is al van Bertus de Jongh, voormalige besturende direkteur van die MPO, se dae wat Alwyn wriemel as hy hoor die MPO probeer die mark lewe gee met mooi praatjies.

Maar waar het sake skeefgeloo­p? Vroeg in die seisoen, toe brandstofp­ryse getuimel en Jan en alleman meer geld in hul sak gehad het, het die kopers melkpryse laat styg om produksie te stimuleer. Én soos ons die melkboere ken, het hulle be hoorlik hul kant gebring. Met internasio­nale pryse vir melkproduk­te wat skerp teruggesak het, was die verswakkin­g van die rand nét nie meer genoeg om plaaslike melkboere te beskerm nie. Gedagtig aan die plaaslike melktekort verlede jaar het die kettingwin­kelgroepe groot hoeveelhed­e melkproduk­te ingevoer. In Maart het Manie hom nog dik gekoop aan die ingevoerde Ierse cheddar wat by Pick n Pay teen R59,90/kg op die rakke was.

En hoe gebeur dit dat die een melkverwer­ker sy prys met 90c en ’n ander syne net met 15c laat daal?

Reken Manie se gewoonlik betroubare bron: “Clover, wat op die JSE verhandel en daarop roem dat hy ’n markleier is, wou seker maar sy aandeelhou­ers dáár gelukkig hou. Coega Dairy, aan die ander kant, se paar aandeelhou­ers is nét boere. Met oorle Gé Korsten se seun, Victor, nou aan die stuur van sake, is die kleiner afwaartse aanpassing as ’t ware maar ’n ‘dividend’ wat hy in die moeilike dae aan dié aandeelhou­ers, betaal.”

Hoor my lied – dié is nou werklik ’n goeie nuusstorie, Victor.

LIEFLING

So van Gé se liedjies gepraat, die “liefling” van die melkbedryf is glo Parmalat, wat ten spyte van die daling steeds die hoogste gemiddelde melkprys betaal. En waarom? Toe dié maatskappy, soos Clover nou, in Oktober 2010 ook oornag sy prys so skerp laat daal het, is duur lesse geleer. Nic Wentzel is weg na Dairy Belle, wat later deur Clover oorgeneem is. En van DairyBelle is daar vandag weinig oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa