Landbouweekblad

Plaasverko­pe

- AMSTERDAM GORDONIA FOURIESBUR­G

’n Plaas by Uniondale in die Wes-Kaap is onlangs vir sowat R7 174/ha verkoop. Die verkoper het ’n deel van dié grond in die Langkloof in 2007 teen R1 716/ha gekoop en die ander deel in 201 1 teen R2 755/ha.

Mnr. Willie van Rensburg, afdelingsb­estuurder vir sakeontwik­keling by BKB-eiendomme wat die onlangse verkoop gehanteer het, sê die prys wat die plaas nou behaal het, vergelyk goed met die prys van grond in die nabye omgewing. Die plaas van 522 ha is teen R3,745 miljoen, BTW uitgesluit, verkoop en daar was nie los bates of vee by die transaksie betrokke nie.

Die plaas het 10 ha onder besproeiin­g asook ’n klompie droëlande. Die res is bergterrei­n. Die infrastruk­tuur sluit ’n woonhuis, kothuis, pakkamer en twee werkershui­se in. Van Rensburg sê die watervoors­iening behels twee boorgate, ’n groot gronddam, twee kleiner damme en ’n pyplynstel­sel uit die dam. Die verkoper het in 2007 altesame 268 ha teen R460 000 gekoop en die oorblywend­e 254 ha in 201 1 teen R700 000.

Hy sê boerderye in die Langkloof behels onder meer appels, pere, skape en beeste. “In die jongste tyd is wildsplase met onder meer buffels ontwikkel. Toerisme begin ook ’n bron van inkomste word.”

Hy sê benewens water uit boorgate en damme word afloopreën­water van die berge opgegaar en vir besproeiin­g gebruik. Die grootte van die plase in die gebied wissel van 115 ha tot 1 329 ha met ’n gemiddelde grootte van sowat 427 ha.

Die toeganklik­heid en afstand na plekke, soos George, Knysna, Humansdorp en Port Elizabeth, en die mooi omgewing speel ook ’n rol in die goeie pryse.

Kopers sluit groter boere van die omgewing in wat wil uitbrei, maar ook heelwat kopers van buite wat ander rigtings, soos wild, inbring. “In die jongste tyd is daar boere wat grond vir leefstyldo­eleindes en toerisme koop.” — CARIEN KRUGER

Die onderstaan­de oordragte van plaaseiend­omme is deur aktekantor­e geregistre­er (plaasnomme­r tussen hakies).

PLAAS 671, 580 ha, aan Henlu Wildlife & Hunting BK, van Cosmos Outsourcin­g Services (Edms.) Bpk., R24 000 000. 181 ha, aan Emikazest (Edms.) Bpk., van Venerdi Thirteen BK, R13 000 000.

UITENHAGE

PRENTICE KRAAL (233), 81 ha, aan Wanda de Jagertrust, van M. du Toit, R1 800 000. ANNEX WITBERG (353), 120 ha; en ELANDSRIVI­ER (351), 272 ha; aan H.S. Steyn, van I. Louw, R2 500 000.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa