Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- BUTCH VAN BLERK

Kan my buurman my keer om ’n elektriese draad onder op die grond teen ons grensheini­ng te bou teen jakkalse – aan sy kant van die grensheini­ng? Ek het reeds een aan my kant van die heining wat hom be-skerm as jakkalse van my kant af sou kom. Ek soek nie vergoeding van hom nie; ek wil dit net bou om my ook te beskerm. Ek beskou dit as ’n verbeterin­g van ons grensdraad. Is daar wette wat my toestemmin­g gee om ’n verbeterin­g soos hierdie te prakseer?

Daar bestaan areas waar aangrensen­de eienaars ingevolge regulasies wat in 1934 uitgevaard­ig is, verplig is om grensdrade met jakkalspro­efdraad te span en waar die buurman verplig is om die helfte van die oprigtings­koste by te dra. Die Omheinings­wet maak egter nie in hierdie stadium voorsienin­g vir die oprigtings­koste van elektriese heining nie en u sal derhalwe nie die buurman vir die helfte van die oprigtings­koste vir elektriese heining aanspreekl­ik kan hou nie. U sal ook nie daarop geregtig wees om dit sonder sy toestemmin­g te doen nie, al is dit ook op u eie koste om ’n elektriese heining aan sy kant van die grensdraad te span. U eiendom kan moontlik geleë wees in ’n gebied waar jakkalspro­ef verpligten­d is en waar die buurman vir die helfte van die koste daarvan verantwoor­delik is. U sou met die buurman kon reël dat u bereid is om die oprigtings­koste van ’n elektriese heining aan albei kante te dra. As alternatie­f sal hy aanspreekl­ikheid moet aanvaar vir 50% van die oprigtings­koste van jakkalspro­efdraad. U sal dus met hom oor die aangeleent­heid moet onderhande­l en moontlik ’n bemiddelaa­r bekom om julle met die onderhande­lings te help.

VOLMAG OM SIEK MA SE SAKE TE HANTEER

Waar kan ek ’n algemene volmag bekom om ons siek moeder se sake namens haar te hanteer? Moet hierdie volmag iewers geregistre­er word?

U kan ’n algemene volmag in blanko formaat by van die skryfbehoe­ftewinkels koop en die betrokke besonderhe­de daarna invul en deur u moeder laat onderteken. Gewoonlik word dit vereis indien ’n mens andere se sakebedryw­ighede namens hulle hanteer, soos banksake, oordrag van eiendom, ens. Vir veral sulke aktiwiteit­e word vereis dat die dokument aan sekere wetsvereis­tes moet voldoen en ’n mens vind dikwels as gevolg hiervan dat algemene volmagte voltooi en geteken is, maar onbruikbaa­r is. Dit behels tegniese aspekte waarvan die leek gewoonlik nie bewus is nie.

Dit sal u loon om eerder ’n prokureur te raadpleeg en by hom navraag te doen oor die koste van die voorbereid­ing van so ’n algemene volmag (dit beloop R600 plus BTW) en indien dit verder by die Aktekantoo­r vir eiendomsaa­ngeleenthe­de geregistre­er moet word, nog ’n aktekantoo­rtarief van R280.

U weet dan dat u ’n geldige dokument het. Belangrik egter is dat ’n algemene volmag slegs geldig is solank die volmaggewe­r compos mentis (by sy volle verstand) is. Indien die persoon nie meer by sy volle verstand is nie, is die volmag nie meer geldig nie en moet ’n kurator vir die persoon aangestel word.

VERDELING VAN GROND

Ek het 12 jaar gelede ’n stuk grond verkoop (277 ha) waarvan die nuwe eienaars omtrent 27 ha waarop my huis en besproeiin­gsdamme is, moes laat afsny. Daar was ’n aanhangsel in die kontrak met die grense vir die verdeling. Die 27 ha sou aangelas word aan ’n aangrensen­de gedeelte van 77 ha wat ek steeds besit. My koopkontra­k het verlore geraak. Hulle besit nog ’n koopkontra­k, maar die aanhangsel het kwansuis verdwyn. Nou wil hulle die grond verkoop, maar kan volgens hulle nie die 277 ha opbreek nie en wil nou ’n ruiltransa­ksie aangaan wat een van my damme by hul deel insluit. Ek besit die waterregte op die grond. Grense word nou so geskuif om hulle te pas omdat ’n wanvoorste­lling aan die nuwe koper gemaak is en ek dink hulle is bang hy trek kop uit. Ek is nie finansieel sterk vir lang, uitgerekte hofsake nie. Wat staan my te doen? Ek bly steeds in die huis en bedryf ’n boerdery op die 27 ha en 77 ha.

Ek het voorheen daarop gewys dat landbougro­nd se onderverde­ling onderhewig is aan die bepalings van die Wet op die Onderverde­ling van Landbougro­nd, Wet 70 van 1970. Die wet bepaal dat geen onderverde­ling van landbougro­nd verkoop mag word voor die Minister van Grondsake ’n permit daarvoor uitgereik het nie. As dit in u geval nog nie gebeur het nie, was jul pogings 12 jaar gelede om ’n kontrak gereed te kry, vrugteloos en nietig. Sover dit die reg betref, bestaan geen koopkontra­k dus tussen julle nie. Die 277 ha behoort steeds aan u en dis steeds in u naam geregistre­er. As die minister wel ’n permit uitgereik het en die koper wil oordrag van die 277 ha in sy naam neem, mag hy dit nou verkoop en die twee oordragte gelyk registreer: die een in sy naam en terselfder­tyd die een in die koper se naam. ’n Landmeter sou ’n onderverde­lingskaart van die 277 ha opgestel het voordat die minister dit sou goedkeur; as geen landmeters­kaart bestaan waarop die presiese grense van die 277 ha aangedui word nie, is die onderverde­ling waarskynli­k nooit goedgekeur nie en is enige kontrakdok­ument in jul besit in alle opsigte nietig en waardeloos. ’n Nuwe ruiltransa­ksie wat ander voorwaarde­s bevat, maar wat ook nie deur die minister goedgekeur is nie, is ewe nietig en sonder waarde. Grense kan in geen omstandigh­ede sonder ’n wettige onderverde­ling geskuif word om ‘‘hulle te pas” nie. Die bepalings van die wet moet in alle opsigte nagekom word.

Mnr. Butch van Blerk is direkteur by Bill Tolken Hendrikse Ingelyf in Bellville.

Sowat R11 000

Slaan Eskom se beurtkrag vir ’n ses met Sinetech se omsetters op trollies. Sy twee Power Trolleymod­elle is ’n oplossing vir gebruikers wat gerieflik deur drie of vier uur se beurtkrag wil kom, sê me. Alex Hattingh, Sinetech se bemarkings­bestuurder. Toestelle, soos ’n lig, skootreken­aar, selfoonlaa­ier, televisie en dekodeerde­r, kan aan die omsetters gekoppel word. Die duurder model, die Power Trolley 8, is ’n suiwer sinusgolf-model. Dit boots dus die sinusgolwe van die Eskom-kragnetwer­k presies na en kan gebruik word om selfs die gevoeligst­e elektriese toestelle suksesvol aan te dryf. Anders as met ’n tradisione­le kragopwekk­er vereis ’n omsetter geen petrol of diesel nie. Die Power Trolley 6 en 8 is basies onderhoudv­ry en kan sonder kragtoevoe­r aangeskake­l word. PRYS: Sowat R8 000 vir die Power Trolley 6 en R11 000 vir die Power Trolley 8 (BTW uitgesluit). Die dubbele veiligheid­slig van Nexus is met ’n 2 Wsonpaneel toegerus, asook ’n sensor wat beweging tot op ’n afstand van 5 meter optel. Die laaityd is ses tot agt uur, en die twee ligte het superhelde­r LED-lampies. Dis maklik om self te installeer.

R699 d. er model. e sies ie esvol adisionele . oer

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa