Landbouweekblad

King: Bevraagtek­en jou ankers

Maak seker die ankers in jou lewe voeg waarde toe, en verhinder jou nie om ’n gunstige veranderin­g te maak nie.

- Adv. Ronald King is die hoof van tegniese dienste by PSG Wealth. NAVRAE: E-pos: Ronald.King@psg.co.za.

Ek het die voorreg gehad om my Oktober af te sluit met ’n noulettend­heidsonder­soek in New York en Boston. Ons het gaan seker maak dat die buitelands­e maatskappy­e wat ons kliënte se geld bestuur, weet wat hulle doen. Ons het ook gaan kyk na die toekoms van finansiële beplanning en wat dit inhou.

Een aspek wat ek opgemerk het, is hoe die weergawe van die dag se nuus verskil na gelang van die TV-kanaal waarop jy inskakel. Die politieke party wat deur die nuusmaatsk­appy ondersteun word, bepaal duidelik hoe die nuus geïnterpre­teer word. Fox News berig dat Hillary Clinton se ondervragi­ng deur die Kongres duidelik gewys het dat sy baie wegsteek. CBS News het daarenteen gesê dit was duidelik dat die Kongres nie op soek na die waarheid was nie, maar ’n persoonlik­e vendetta teen haar gevoer het.

Dit het my opnuut bewus gemaak van hoe sterk ons mening oor die lewe om ons beïnvloed word deur ons ankers. Dit is ankers wat ons saam met ons dra en bepaal hoe ons dink en optree. Die probleem is dat ons dikwels nie eens bewus is van dié ankers nie en selfs waar ons van hulle bewus is, bevraagtek­en ons nooit hul korrekthei­d nie.

In my derde jaar van regstudies op Stellenbos­ch het my publiekere­gdosent my bekend gestel aan die Oostenryks-Britse filosoof Karl Popper se falsifikas­ieteorie, iets wat my vashou aan ankers baie verlig het.

Volgens dié teorie is alle groot ontdekking­s in die wêreld gemaak deur iets waarin almal in daardie stadium vas geglo het, verkeerd te bewys. So het mense geglo die wêreld is plat totdat iemand dit verkeerd bewys het.

Hieruit is dit duidelik dat die beste manier om as individu te ontwikkel, is om alles waarin jy vas glo, gereeld verkeerd te probeer bewys. Dit keer dat jy iemand met ’n ander mening dadelik as ’n bedreiging beskou, en veroorsaak dat jy met ’n oop gemoed na hulle luister om jouself te bevraagtek­en.

MOENIE DIE KANS VERLOOR

Die groot probleem met ankers is dat hulle orals in jou lewe voorkom en ook bepaal wat jy raaksien en wat jy ignoreer. As jou beleggings­anker byvoorbeel­d sê Suid-Afrika is die volgende Zimbabwe, sal jy net alle slegte nuus in Suid-Afrika raaksien. Enige goeie nuus word geïgnoreer of as irrelevant afgemaak. Onbewustel­ik soek jy ook baie sterker na dié data wat jou mening oor Suid-Afrika steun en raak jy mettertyd vaster aan die anker wat jy saamsleep. Dit skep groot probleme met ’n spiraal van selfbevest­iging van jou mening.

As die data begin om ’n anker waaraan jy vas glo, verkeerd te bewys, word die data eers geïgnoreer. Daarna word dit weggereden­eer as ’n uitsonderi­ng op die reël. As die data aanhou om jou anker verkeerd te bewys, gaan ons in ontkenning in, wat oorgaan in ’n totale bevriesing van jou besluitnem­ingsproses. As jy iewers uit dié katarsis wakker skrik, oorreageer jy gewoonlik na die ander kant toe. As dit by beleggings kom, het jy nie net die kans verloor nie, maar word jy ook weer vasgevang in die volgende markkorrek­sie.

Om ’n anker te verander is nie maklik nie en nie sonder pyn nie. Met Kersfees om die draai, is dit tyd vir deeglike selfonders­oek. Wat is al die ankers wat jy saamsleep – beleggings en die ekonomie, of mense, lande en die toekoms? Bevraagtek­en dié ankers se akkuraathe­id. Maak seker hulle voeg waarde toe en is nie net swaar gewigte wat jy saamsleep nie.

Elke keer as ’n mens iemand met ’n ander mening oor ’n onderwerp ontmoet (selfs al is dit dat die Bulle rugby kan speel), moet jy kyk of daar nie iets van waarde is wat jy daaruit kan leer en wat jou mening oor en insig van die wêreld kan verander nie.

Net deur jouself verkeerd te bewys, kan jy groei en verryk word.

As dit by beleggings kom, word jy ook vasgevang in die volgende markkorrek­sie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa