Landbouweekblad

Boeke

Twee boeke – een vir tienermeis­ies en een vir jonger kinders – help kinders om die lewe te verken en sy tergende vrae te beantwoord.

-

Lesse vir tieners, sonder ’n gepreek

Swemlesse vir ’n meermin deur Marita van der Vyver. Uitgewer: Tafelberg. Prys: R140. Aanhangers van Marita van der Vyver se boek Die ongeloofli­ke avonture van Hanna Hoekom sal nie kan wag om die opvolg, Swemlesse vir ’n meermin, in die hande te kry nie. In dié boek skryf Hanna ’n lewensgids vir Ariel (haar babasussie wat aan die einde van Hanna Hoekom op ’n verlate berg gebore is). Dit is ter voorbereid­ing van Ariel se tienerjare.

Die afdelings in die boek lê klem op allerhande aspekte wat tienermeis­ies se lewens raak, soos vriendskap­pe en verhouding­s, groepsdruk, probleme met ouers, voorkoms, jaloesie, selfbeeld, hoe om teleurstel­lings te hanteer . . . alles vanuit Hanna se verwysings­raamwerk en op haar ondervindi­ngs geskoei.

Marita van der Vyver weet waarmee tieners worstel en hoe om met hulle te kommunikee­r. Enige tienermeis­ie sal hierdie boek geniet – omdat dit hulle nie sal laat voel of daar vir hulle gepreek word nie – en op die koop toe ’n paar waardevoll­e lesse daaruit leer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa