Landbouweekblad

HOPE POTENSIAAL VIR AMANDELS, MAAR BELEGGING BROODNODIG

- – GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE plaaslike amandelbed­ryf het die potensiaal om in die toekoms groot spronge vorentoe te gee, maar dan sal daar groot beleggings in veral die verwerking­svermoë van dié neute gemaak moet word.

’n Verslag oor die plaaslike amandelbed­ryf deur die voormalige Nywerheids­ontwikkeli­ngskorpora­sie (IDC) wys daar is tans net een groot belanghebb­ende in die land wat amandels op kommersiël­e skaal verbou. Plaaslike produksie kom egter nie naby die vraag na veral uitgedopte amandels nie. Derhalwe moet groot hoeveelhed­e amandels vanuit veral Amerika ingevoer word.

Die IDC se verslag wys die plaaslike vraag na uitgedopte amandels het vanaf 2004 tot 2014 jaarliks teen gemiddeld 9,4% gegroei, terwyl die vraag na amandels in die dop in dieselfde tyd met 12,8% gegroei het. Luidens die verslag is Suid-Afrika geposision­eer om ’n streeksmar­k vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap te stig.

Die land se grootste amandelpro­dusent, Montagu Dried Fruit and Nuts, meen egter die grootste kwessie om die amandelbed­ryf uit te brei is ’n gebrek aan genoegsame verwerking­svermoë. Boonop word daar nog nie genoeg amandels verbou om die kritieke volume te verskaf wat nodig is om ’n belegging in sulke verwerking­saanlegte lewensvatb­aar te maak nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa