Soetsuur skaapribbetjie met ’n rissieskop
As ek moet kies tussen vark- en skaapribbetjie, wen skaaprib met ’n lekker stukkie brosgebakte vet elke keer. Dis seker omdat ek met skaapvleis grootgemaak is, maar ek glo tog hierdie resep sal enige vleiseter se stem in skaaprib se guns laat swaai.
2 skaapribbetjies, in ribstukkies gesny
Pak die ribstukkies in ’n enkellaag in ’n nie-metaalbak. Meng ál die marinadebestanddele goed saam en giet oor die vleis. Bedek en laat oornag (of tot twee dae lank) in die yskas marineer. Draai die ribbetjies af en toe om om seker te maak dat dit egalig marineer. Haal uit die yskas en laat dit kamertemperatuur bereik. Pak die ribbetjies op ’n toeklaprooster, geur liggies met sout en peper en braai oor matige kole tot lekker bros, of bak dit soos volg in die oond: Voorverhit die oond tot 140 ˚C. Haal die ribbetjies uit die marinade en pak in ’n enkellaag in ’n gesmeerde oondbak. Bedek met foelie en bak vir 1 uur. Haal die foelie af, verhoog die oondtemperatuur tot 190 ˚C en skep van die
Sap van ’n halwe suurlemoen 5 ml gedroogde brandrissies 250 ml jogurt 5 ml sout 6 knoffelhuisies, fyn gekap 15 ml garam masala 45 ml gesmelte botter 1 brandrissie, ontpit en fyn gekap 5 cm stuk vars gemmer, geskil en fyn gerasper 10 ml komyn Sap van 1 suurlemoen
15 ml elk olyfolie; botter; gerasperde, vars gemmer; gekapte, vars knoffel en garam masala 1 groen brandrissie 1 blik (410 g) gekapte tamaties 15 ml tamatiepasta Sout en suiker na smaak 250 ml room