Nasionale minimum loon kom ál nader
Daar is baie vrae oor hoe ’n nasionale minimum loon bereken word en wat ingereken mag word. Ondanks al die argumente teen só ’n loon lyk dit asof werkgewers binnekort ’n vasgestelde bedrag sal moet betaal.
Die beginsel om ’n nasionale minimum loon in te stel, is skynbaar reeds ’n jaar of twee gelede deur die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelingsen Arbeidsraad (Nedlac) geneem. Daar kon egter tot nou toe nie konsensus bereik word oor die pad vorentoe nie. Adjunk-president Cyril Ramaphosa het in Augustus ’n paneel van hoofsaaklik akademici en nie-regeringsorganisasies aangestel om te besluit oor die vlak van ’n nasionale minimum loon.
Dié proses geskied teen die agtergrond van stagnerende ekonomiese groei en ’n stadig maar sekere toename in werkloosheid. Die Nasionale Ontwikkelingsplan se doelwit is om oor die volgende sowat 20 jaar nagenoeg 11 miljoen werksgeleenthede in die ekonomie te skep. Daarteenoor staan werkloosheid wat sowat een uit drie mense raak.
Daar is basies twee kante van die argument ten gunste van ’n nasionale minimum loon vir werkers. Enersyds sal die groter loon die armstes, wat wél werk het, en hul familie se lewensomstandighede verbeter. Dié standpunt word sterk deur die Regering se alliansievennoot Cosatu ondersteun.
Daar is selfs internasionale studies wat toon dat die instelling van ’n nasionale minimum loon op kort termyn wél die lewenstandaard van die armes (en hul families) wat wél werk het, verbeter. Daar is nie eenstemmigheid oor die langtermynvoordeel nie.
Redelike mense stem saam dat ’n basiese minimum loon minstens menswaardig moet wees. Die probleem is die bekostigbaarheid daarvan vir die werkgewer in ’n ontwikkelende land, soos Suid-Afrika, wat bestaan uit baie kleiner en selfs informele besighede.
Die teenargument is dat die mark sy eie vlak moet vind vir die vergoeding vir arbeid en dat die staat se rol in die vasstelling van ’n minimum loon afgeskaf moet word. Vir ’n beter lewenstandaard moet eerder klem gelê word op opleiding en ander steun van die regering se kant. Dié argument vind veral ook byval by diegene wat ’n vryemarkbenadering volg. Hulle verwys byvoorbeeld na China, wat nie ’n minimum loon het nie, maar waar die ekonomie sterk groei en arbeidsproduktiwiteit én welvaart oor ’n wye vlak toeneem.
Arbeid word immers gesien as een van die vier basiese hulpbronne (arbeid, kapitaal, grondstowwe en entrepreneurskap). Die argument is dat in ’n land waar baie arbeid is, sal lone sy eie ewewigvlak vind met betreklik lae werkloosheid. Dit hang natuurlik af van die beleidsomgewing wat vir besighede geskep word.
Die dilemma is dat die ANC-regering sterk sosialisties ingestel is, maar tog ook begin besef dat klein en mediumgroot besighede die plek is waar werk op ’n ekonomiese basis geskep word. Daar is ook baie werkgewers en kleinboere in die informele sektor wat wel op hul manier werk skep teen ’n loon wat hulle kan bekostig. Die vraag is of die wetgewing ook op ’n kleinboer en klein winkeliers van toepassing moet wees. Die groot tameletjie is huiswerkers.
WAT IS DIE FEITE?
Weens die ANC se onvriendelike beleid jeens besighede neem werkloosheid stadig maar seker toe.
GRAFIEK 1 toon die verloop van vergoeding in die staatsdiens en dié in die private sektor
GRAFIEK 1: VERGOEDING VAN ARBEID - STAAT EN PRIVATE SEKTOR KORTOM
■ Sommige meen in ’n land met baie arbeid sal lone sy eie ewewigvlak met betreklik lae werkloosheid vind. Die vergoeding per werker in SuidAfrika het dramaties vinniger gestyg as wat produktiwiteit toegeneem het. ■ ’n Nasionale minimum loon van R4 500 tot R6 000 per maand word vir die afsienbare toekoms voorspel.
(teen konstante 2010-pryse) op ’n indeksbasis. Daarvolgens het die private sektor se vergoeding effens vinniger as dié van die staat toegeneem. Die grafiek vergelyk egter nie die vlak van vergoeding nie, net hoe dit oor die laaste paar jaar gestyg het. ’n Hoër minimum loon in verskillende sektore, soos deur die staat voorgeskryf, speel ook hier ’n rol.
GRAFIEK 2 meet die produktiwiteit en vergoeding per werker, soos deur die Reserwebank bekend gemaak is. Daarvolgens het die vergoeding per werker dramaties vinniger gestyg as wat produktiwiteit toegeneem het. Dit is ’n resultaat van die vakbonde se aggressie om loonverhogings af te dwing. Dié verhogings styg baie vinniger as inflasie en produktiwiteit.
Dit is juis hier waar die werkgewer, wat masjiene met arbeid kan vervang, die som begin maak. Want as arbeid “te duur” begin raak wat die uitset betref, begin masjiene en outomatisering al hoe aantrekliker raak. Dit is die neiging wat gaan voortduur en so ’n eenvormige, betreklik hoë nasionale minimum loon sal nie tot groter werkskepping lei