SLANG IN DIE GRASMET KORINGTARIEF
Die artikel “Koringtarief nou byna R1 600/ton – Meulenaars bekommerd” (LBW, 2 Sept.) het betrekking. Hier is ’n slang in die gras. Dit wil voorkom of die meulenaars agter die vier maande lange vertraging in die afkondiging van die gewysigde koringtarief sit. Die meulenaars is besig met ’n kortsigtige en baie gevaarlike veldtog wat die afskaffing van die koringtarief ten doel het. Hulle is besig om die publiek gruwelik te mislei met hul stellings, onder meer dat “die nuwe tarief die broodprys met 99,5 sent sal verhoog”.
Die doel van die invoertarief op koring is om die speelveld gelyk te maak. Die doel is om Suid-Afrikaanse boere te beskerm teen koringinvoer uit lande waar boere op verskeie maniere gesubsidieer word om koring te verbou.
Die werking van die formule is sodanig dat dit slegs ’n vloerprys vir ingevoerde koring daarstel en dan daardie vloerprys handhaaf. Dit kan geen styging vanaf daardie vloerprys veroorsaak nie. Die invoer-vloerprys is dus steeds op dieselfde wisselkoers-gegronde prysvlak as die eerste dag van twee jaar gelede, toe dit ingestel is.
Suid-Afrikaanse koringboere se belangrikste produksiemiddele is ingevoerde produkte, soos kunsmis, diesel, chemikalieë en werktuie, wat in dollar geprys word. Dit is dus geregverdig dat die invoertarief ook ’n wisselkoers-gegronde dollarprys moet wees indien jy wil hê koringboere se inset- en uitsetpryse moet met mekaar tred hou.
Meulenaars kan dalk aan die publiek voorhou dat hulle “bekommerd is oor voedselsekerheid en broodprysinflasie”, maar ek is seker hulle het slegs een doel voor oë: Hoër winsmarges vir hulself.
Het enige van ons al ’n daling in broodpryse ervaar saam met GOUDGEEL IN DIE BLOM . . . die dalings in die koringprys?
Die meulenaars is bereid om die Suid-Afrikaanse verbruiker se hard verdiende geld te laat vloei na sosialistiese lande, soos Rusland en Kazakstan, waar boere nie ingevolge vryemarkbeginsels boer nie, of lande, soos Amerika en Duitsland, waar boere se produksiekoste op verskeie verskuilde maniere gesubsidieer word. Hulle kon die geld letterlik teruggeploeg het in die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar hulle skep eerder meer “room” vir hulself af.
Hul noem dat die invoertarief ’n “las van R3,2 miljard op voedselverwerkers plaas” (wat na die staatskas gaan), maar is bereid om meer as R10 miljard in ’n ander land se ekonomie te stort om hul eie aankope goedkoper te kan doen.
Daar is ongeveer 3 500 koringprodusente in Suid-Afrika wat werk aan 30 000 mense verskaf, teenoor 35 meulens wat werk aan 3 000 mense verskaf (volgens die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye). Indien die tariefbeskerming vir koring verlaag of afgeskaf word, sal koringproduksie in Suid-Afrika doodgewurg word. Dit sal verder afneem tot die punt waar die land totaal afhanklik van ingevoerde koring sal wees (meer as die 50% tans).
Die koopkrag van die rand Het jy iets op die hart? Skryf gerus aan ons. As dit die wenbrief is, ontvang jy R150 met die komplimente van BKB. Sê jou sê in hoogstens 300 woorde. Stuur dit aan: Die Redakteur, Brieweblad,
Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of faks dit na: 021 406 2940 of gebruik e-pos: lbw@landbou.com. Verskaf jou naam en adres, al wil jy ’n skuilnaam gebruik.
Vandeesweek se wenbrief is deur Hennie Visser geskryf. sal nog ’n groter invloed op die broodprys en die verbruiker se sak hê, Suid-Afrika sal nog minder voedselsekerheid en nog meer werksverliese hê, daar sal meer druk op die land se hawens en paaie wees en Suid-Afrika sal nog armer wees omdat nog meer geld uit die land sal vloei.
KUNSMATIGE MARK
Die argument dat die koringinvoertarief nie tot ’n verhoging in koringproduksie lei nie, word ook telkens as ’n rede aangevoer waarom die tarief nie gebruik moet word nie.
Wanneer jy ’n mark kunsmatig sentraliseer en jy stel ’n kunsmatige vervoerkoste-aftrekking na daardie sentrale punt in, wat jy dan slegs van toepassing maak op die produsente van die betrokke kommoditeit, veroorsaak jy dat die werklike marksituasie nie weerspieël word nie. Gevolglik trek jy die vraag-en-aanbod-meganisme só skeef dat produksie net tot by ’n gelykspeelvlak vir daardie kunsmatig geskepte mark sal ontwikkel en nie ’n duit verder nie. Dít is die gevolg van die JSE se termynkontrak vir ko-