Landbouweekblad

GAMTOOSBOE­RE HOOR BINNEKORT OOR KWOTAS

- THEUNS BOTHA

BESPROEIIN­GSBOERE in die Gamtoosval­lei behoort binne twee weke te hoor of waterbeper­kings ingestel sal word, sê mnr. Pierre Joubert, hoofbestuu­rder van die Gamtoos-besproeiin­gsraad (GBR).

Die vlak van die Kougadam was teen druktyd 66,3%.

Joubert sê die GBR en Departemen­t van Waterwese sal op 20 September besluit of beperkings ingestel gaan word.

“Wat my bekommer, is dat ons die afgelope vyf jaar bogemiddel­de neerslae in die opvanggebi­ed van die Kougadam gehad het, maar die vier laaste maande was die reënval ondergemid­deld. As dit die begin van ’n droogte is, is ons in groot moeilikhei­d. Waterwese wou op die vorige vergade-

ring in Junie al ’n beperking van 30% ingestel het.”

Joubert het besproeiin­gsboere aangeraai om goed na te dink oor watter gewasse hulle gaan plant en om verkieslik mielies te vermy.

MANDELA-METROPOOL

Hy het die aankondigi­ng van mnr. Athol Trollip, nuwe uitvoerend­e burgemeest­er van die Nelson Mandela-metropool, verwelkom dat waterbeper­kings in die stad binne twee weke ingestel kan word. “Ons is in die proses om ’n afspraak met hom te maak

om te praat oor die verkwistin­g van water in die metropool wat geregtig is op 28% van die water uit die Kougadam.

Die metropool het nie voldoen aan ’n versoek om al verlede jaar in Julie ’n waterbeper­king van 15% in te stel nie.”

Joubert het vroeër gewaarsku indien die vlak van die Kougadam in so ’n mate daal dat waterbeper­kings ingestel word en daar bewys kan word dat besproeiin­gsboere in die Gamtoos finansiële verliese ly, sy raad nie sal huiwer om eise teen die metro in te stel nie. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa