KABELJOU-REUS SPEEL BANKROT
DIE hoop dat ’n bloeiende visbedryf in Oos-Londen gevestig kan word, het die afgelope tyd groot terugslae ervaar nadat Suid-Afrika se grootste teelplaas, Pure Ocean, en grootste kommersiële produksieplaas, OceanWise, binne maande uit mekaar in likwidasie geplaas moes word. OceanWise is sedert einde Julie in likwidasie, en Pure Ocean sedert Maart.
Mnr. Hannes Müller van die Tshwane-trust, wat deur die likwidateurs aangestel is om OceanWise te bestuur, sê die plan is om die onderneming as ’n lopende saak te verkoop. Dit sal weens regulatoriese vereistes egter ’n omslagtige proses wees.
“Die voornemende koper moet by verskeie regeringsorganisasies geregistreer word omdat die Regering, deur die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, ’n noemenswaardige aandeel in die onderneming het.
“’n Tender-advertensie is vir die koop van OceanWise gepubliseer en sluit op 22 September.
“Indien daar nie ’n koper is nie, sal ons die toerusting van die hand moet sit, wat ons nie graag wil doen nie,” sê Müller.
PROJEKSIES
gram met kabeljou verdien sal kan word. Woolworths het ’n paar jaar gelede ’n geruime tyd lank ’n groot veldtoggehadomdievistebemark, maar dit het eenvoudig nie teen die hoë pryse verkoop nie.
“Die probleem is dus dat die produksiekoste van kabeljouboerderye in hersirkuleringsaanlegte te hoog is en die prys nie goed genoeg is om die koste te dek nie,” sê hy.
SKAAL
Mnr. André Bok, besturende direkteur van die nabygeleë Pure Ocean, is ondanks die bankrotskap van OceanWise optimisties oor die toekoms van die bedryf.
“Ons is in Maart vanjaar gelikwideer, maar ons was nog nooit ’n ekonomies lewensvatbare onderneming nie; net ’n skaalbedryf (wat navorsing doen en lewensvatbaarheid toets).
“Tranquility Marine, ons nuwe beleggers, meen ons het die regte tegnologie om ons teelplaas, die grootste in die land, kommersieel te bedryf en ook om ons kommersiële kabeljou- en geelstertproduksieaanlegte uit te brei.
“Die mark is beslis daar. Omdat ons op aanvraag kan lewer, kan ons, soos ander nywerheidsaanlegte, ons produksieskedule beplan en koste goed bestuur.”
Mnr. Liam Ryan, besturende direkteur van OceanWise, kon nie vir kommentaar bereik word nie.
–