Landbouweekblad

Om ’n geweertele­skoop in te stel is ’n doodeenvou­dige taak. Die welbekende jagter en skrywer Koos Barnard vertel hoe.

-

Vir die doel van die artikel gaan ek aanneem dat goeie teleskoopm­onterings en -ringe reeds aangeskaf is, en dat die monterings en ringe korrek op die geweer aangebring is. Enige geweerwink­el behoort daarmee te kan help.

Kies jou ammunisie. Ek meen dis vir die deursneeja­gter makliker om by een soort ammunisie en een koeëlgewig te bly vir elke kaliber waarmee hy/sy skiet. Leer daardie kaliber-koeëlkombi­nasie se trajek goed ken. Jag ook met dieselfde ammunisie as waarmee die geweer ingestel is. Verskillen­de fabrikate groepeer dikwels op verskillen­de plekke, veral wanneer die koeëlgewig verskil. Voordat jy skietbaan toe gaan, maak seker dat die geweer se borgskroew­e vas is, asook die teleskoopm­onterings en -ringe. Fokus die kruishaar vir jou skietoog. Elke teleskoop se oogstuk kan gedraai word om die kruishaar in skerp fokus te kry. Kyk deur die teleskoop na ’n neutrale agtergrond – ’n wit muur of blou lug. As die kruishaar dof vertoon, draai die oogstuk totdat die kruishaar in skerp fokus is.

Wanneer jy ’n teleskoop instel, onthou om ’n goeie geweerrus te gebruik wat dooierus verskaf. Jy wil die geweer so akkuraat moontlik instel, nie jou skietvermo­ë toets nie.

STEL ROFWEG IN OP 3 MANIERE

Om ammunisie te bespaar en ’n onnodige skietery te voorkom, moet die teleskoop vooraf rofweg ingestel word om te verseker dat jy op kort afstand, bv. 25 m, ’n vel A4-papier sal tref. 1 Peiltoeste­l. Die maklikste manier is om ’n sogenoemde kaliber-peiltoeste­l (bore-sighter) te gebruik. Dié stukkie gereedskap wat voor by die geweer se tromp ingedruk word en ’n skermpie met ’n ruitpatroo­n het, dui aan waar die middelpunt of zero behoort te wees. Met hierdie toestel by die tromp ingedruk, word die teleskoop se verstelkno­ppe bloot gedraai om die kruishaar só te skuif dat dit met die voorgestel­de middelpunt van die peiltoeste­l se skermpie ooreenkom. Dit sal verseker dat die geweer op 25 m tot 50 m iewers op die teiken skiet; van daar af kan die fyner verstellin­gs gedoen word. 2 Verstel die stelknop. Maak só sonder ’n peiltoeste­l: Kry ’n vel papier met ’n groot genoeg kol wat jy duidelik op 25 m kan sien as jy deur die geweer se loop kyk. Plaas die vel papier op 25 m op ’n teikenstaa­nder. Gebruik enige geweerrus (die X-sakke werk goed) om die geweer só op te stel dat dit doodstil lê met die kol op die papier binne-in die loop gesentreer as jy deur die loop kyk nadat jy die slot/grendel uit die aksie verwyder het. Loer nou deur die teleskoop sonder om die geweer te verskuif en neem kennis van die posisie van die kruishaar ten opsigte van die kol.

Draai nou die teleskoop se stelknoppe sonder om aan die geweer te skuif sodat die kruishaar ook mooi senter op die kol gemik is. Wanneer jy beurteling­s deur die loop en die teleskoop kyk, moet die kol in albei (die kruishaar van die teleskoop) gesentreer wees. Draai die stelknop tot waar die kruishaar mik waar dit moet. As jy dit doen, moenie jou steur aan die aantal klikkies wat gedraai moet word nie. Jou eerste skoot behoort nou op die papier te beland. 3 Fyner verstellin­g. Sit ’n groot vel papier (1 m x1 m) met ’n teiken in die middel daarvan op 25 m. Skiet na die kol. Neem as voorbeeld dat die skoot 20 cm regs en 25 cm hoog geland het. Klamp nou die geweer só in jou rus vas dat die kruishaar presies op die kol gemik sal bly waarna jy pas geskiet het en dat die geweer glad nie kan beweeg nie. Draai bloot aan die stelknoppe totdat die kruishaar presies gesentreer is op die koeëlgat van die skoot wat jy geskiet

 ??  ?? Gebruik ’n stewige geweerrus, soos hierdie tafel, asook ’n tweepoot of ander rus vir die geweer se voorlaai as jy jou teleskoop instel. Mnr. Eugene van Niekerk illustreer hoe dit gedoen word.
Gebruik ’n stewige geweerrus, soos hierdie tafel, asook ’n tweepoot of ander rus vir die geweer se voorlaai as jy jou teleskoop instel. Mnr. Eugene van Niekerk illustreer hoe dit gedoen word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa