Chinese stasiewaentjie gee waarde
Die JMC Landwind, ’n onlangse toevoeging tot JMC se Suid-Afrikaanse stal, lyk soos ’n stewige pakkie vir die prys. GERRIT BEZUIDENHOUT het agter
Vir ’n kleinerige stasiewa (of soos die bemarkingsmense dit noem, ’n kompakte sportnutsvoertuig, soos Renault se Koleos en Honda se HR-V), is die JMC Landwind relatief vinnig en kragtig. Hoewel 0 -100 km/h in net meer as 10 sekondes nou nie vir Giniel de Villiers sal laat parkering soek nie, is dit nogal wakker vir ’n kar wat in wese ’n krooskarweier is.
Met ’n topspoed van 185 km/h kan jy maklik gratis parkering buite Bothaville se polisie-selle kry as jy nie oppas nie.
Die ding is – dis dalk ’n Chinees, maar waar dit saak maak, is dit ’n Japannees: Onder die enjinkap, met ’n viersilinder-Mitsubishi-petrolenjin (2 liter) wat ’n maksimum krag van 140 kW teen 5 500 r/min en 250 N.m tussen 2 800 r/min en 4 400 r/min lewer.
’n Mens se eerste indruk van die kar, en dit is algemeen by Chinese karre, is dat hy sag op die oog val, maar nie ’n kenmerkende handelsmerk-eienskap het wat ’n mens die JMC-voorkoms kan noem nie. Verskeie joernaliste het al opgemerk dat daar ietsie van Subaru en ook ’n tikkie Renault in hom is.
BINNERUIM
Met die inklim kom jy agter die Landwind het nie ál die tegnologie wat jy as standaard verwag nie: Geen aanboordrekenaar op die paneelbord of multifunksie-stuurwiel nie.
Hy het wel ’n radio en CD-speler met MP3 en ’n “auxiliary”-koppelpunt, lugversorging, kragstuur, sentrale sluitstelsel, elektriese vensters en sykantspieëls, reënveers met verstelbare frekwensie en ’n dakrak. Hy’t geen raakskerm waarop die radio geaktiveer word nie – jy sal maar self die knoppies moet druk, ou boeta. Die binneruim is wel baie ruim, met genoeg kopruimte vir langer bestuurders. Die agtersitplek het ook van die meeste beenspasie in dié voertuigklas – selfs met Om die kar te ry was deels goed, maar ook met ’n paar dingetjies wat pla. Aanvanklik het dit gelol met die wegtrek. Dis ’n sterk enjin, maar in die lae ratte moes ’n mens die toere nogal opwen om weg te kom.
Wanneer die toere egter by 2 500 r/min verbygaan, is die Landwind in sy element – dan smeer die landskap soos botter op bruinbrood soos hy spoed optel. Hy’s beslis gemakliker op spoed op die oop pad.
Ek het hom ook vir ’n grondpadtoets geneem tydens ’n boeredag en die resultate was meer as waarop ek kon hoop.
Die vering van die Landwind is sag, dog ferm genoeg dat hy paaie met hobbels en klippe met gemak en seepglad hanteer – in die truspieël het ek boere in bakkies sien wip soos springmielies.
Met ’n grondvryhoogte van 190 mm gaan hy meeste middelmannetjies lag-lag hanteer.
SLEGS HANDRAT, VIR EERS
Die sesganghandratkas het by tye wel stram gevoel, met ’n minder natuurlike oorskakeling van tweede na derde rat, maar ek het mettertyd daaraan gewoond geraak. Soos met die meeste sesgangratkaste is die sesde rat die rat vir ’n reguit, gelyk pad. JMC gaan eers net die 4x2-model sesganghandratkas invoer, maar twee nuwe 4x2-modelle, toegerus met ’n agtgang- outomatiese ratkas, word in die vooruitsig gestel. Die Landwind is toegerus met lugsakke, ’n ABS-remstelsel met elektroniese remverspreiding (EBD), par- keringsafstandbeheer, ’n LED-remlig en kinder-veilige sluitstelsels vir die agterdeure.
Teen die prys is dit ’n voertuig met die potensiaal om een van Suid-Afrika se gunstelingklein stasiewaens vir die grondpad te word.
Die Landwind verhandel tans teen R289 990 (BTW ingesluit), en sluit ’n driejaarof 100 000 km-waarborg en tweejaar- of 60 000 km-diensplan in.
Vergelyk dit met die Hyundai Tucson NU Premium Manual teen R369 990 of die Toyota Rav4 2.0 GX teen R363 400, dan raak Mandaryns bietjie meer verstaanbaar.