WERKERS UITERS ONPRODUKTIEF IN SUID-AFRIKA
Die 400 000 hektaar in die Soedan wat tans tot besproeiingsgrond ontwikkel word, is net ongelooflik. Dat hulle binne twee jaar reeds 6 000 hektaar onder lusern en voergewasse het, is verbysterend. Om dit te vermag, moet daar gewerk word. Jy moet ook die regte masjiene met goeie operateurs hê en die nodige kapitaal saam met uitstekende beplanning. Dit het hulle blykbaar alles, maar dit is vir my opvallend dat daar gesê word dat almal ses dae per week werk en dat elke dagskof tien uur lank is.
Watter kontras is dit met arbeid op Suid-Afrikaanse plase. In dié land word werksure en die werksweek al hoe korter, en produktiwiteit is hopeloos. In die Karoo kom die volgende neiging al hoe meer voor. Vanweë staatstoelaes raak mense (werkloses ) ál meer teensinnig om handewerk op plase te gaan doen. As ’n boer wel ’n span werkers kry wat bereid is om hom vir ’n week te kom help om byvoorbeeld uie te plant, dan kan hy hulle eers die Maandagoggend op die dorp kry. Dan eis hulle minstens die helfte van die loon wat hulle moontlik daardie week sal verdien om vir die ander huismense te los en vir hulself kos vir die week te koop. Sommige van die plase is 60 km of verder van die dorp af, en met die gesukkel om die mense op die voertuig te kry met kos en al, gebeur dit maklik dat die boer eers teen middagetetyd op die plaas aankom.
In die meeste gevalle het die span werkers allerhande verskonings hoekom hulle nie die Maandag-namiddag kan werk nie, soos dat hul eers vir hulle moet kosmaak en hul blyplek vir die week moet regkry. Dus val hul gewoonlik eers die Dinsdagoggend in.
Die span is dan dikwels ook net bereid om tot Donderdagaand te werk. Vrydagoggend KUNS UIT AFVAL-BAALTOU. moet die boer hul geld gee en hulle dorp toe vat. Wat beteken dit vir die boer? As sy plaas 60 km van die dorp is, beteken dit hy moes minstens 240 km ry en was twee halwe dae uit sy werk om swak, onproduktiewe werkers vir drie dae werk te gee.
Nou kan enigeen verstaan hoekom werkloosheid op die platteland met rasseskrede toeneem en die boere al hoe meer planne beraam om arbeid tot die minimum te beperk. Dit is net verstommend wat boere alles vandag met masjiene en aangepaste masjiene doen. Kyk maar na al die boerepatente op skoue en in LBW. Baie van hulle het ten doel om werk makliker te maak met minder werkers. Aartappelmoerplanters word in die Karoo aangepas om uiesaadbolle mee te plant.
Ek kom op ’n plaas aan en daar staan ’n klein, aangepaste lugdrukboor op ’n sleepwa (wat jy met ’n bakkie kan trek) wat uit China kom. Hy werk op dieselfde beginsel as die gewone lugdrukbore wat vir boorgate gebruik word, hy gebruik dieselfde wolfram-boorpunte en kan met lugdruk of water boor.
Die grootste gat wat die boer met sy masjien kan boor, is ’n sesduimgat en hy het genoeg stange om tot 50 meter diep te Het jy iets op die hart? Skryf gerus aan ons. As dit die wenbrief is, ontvang jy R150 met die komplimente van BKB. Sê jou sê in hoogstens 300 woorde. Stuur dit aan: Die Redakteur, Brieweblad,
Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of faks dit na: 021 406 2940 of gebruik e-pos: lbw@landbou.com. Verskaf jou naam en adres, al wil jy ’n skuilnaam gebruik.
Vandeesweek se wenbrief is deur Petrus Roux geskryf. boor. Die grootste verskil is egter dat net een mens nodig is om met die masjien te werk.
Die masjien is ideaal om veldwaterboorgate in die Karoo te boor, maar dit is nie die eintlike doel waarvoor die boor gekoop is nie. Die boer het die boor hoofsaaklik gekoop om in die Karoo se harde, klipperige grond gate te boor om pale te plant vir sorteerkrale enige plek op die plaas en vir draadheinings en volstruiskampe.
In die Karoo is jy gelukkig as een man meer as ’n een gat per dag vir ’n paal kan maak. Met die masjien is dit moontlik om tot 40 gate per dag te boor.
Dit is ’n reusebesparing en jy hoef nie na werkers se grille te luister nie.
Dit is maar enkele voorbeelde, maar dit is ongelukkig die neiging en dit neem toe ten koste van die werkloses. Hulle besef nie dat hul eie optrede en houding die prentjie al hoe donkerder vir hulle gaan maak nie. Dit is jammer dat dit so is, want die toelaes sal nooit genoeg wees nie. Mense raak nie sommer weer fluks nie.
Groot opheffingswerk lê op die platteland voor, want die stede kan nie aan ál die mense ’n heenkome bied nie. En die slegste nuus is dat geen mens van honger wil doodgaan nie. Mense sal steel, roof en moor vir kos.
Wat gaan ons aan dié saak doen, of gaan ons maar Gods water oor Gods akker laat loop? PETRUS ROUX