MESSE UIT VIR OBP-BAAS
VERSKEIE striemende aanvalle is die afgelope week gedoen op dr. Steven Cornelius, die uitvoerende hoof van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP). Verlede Dinsdag het mnr. Mike Mlengana, direkteurgeneraal van Landbou, Bosbou en Visserye, Cornelius voor die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye uitgetrap en van leuens beskuldig weens sy deurgaanse versekering dat daar genoeg entstowwe is. Die Opkomende Rooivleisprodusentevereniging (Nerpo) het Mlengana se politieke hoof, mnr. Senzeni Zokwana, gevra dat Cornelius vervang word. Dr. Pieter Prinsloo, ondervoorsitter van die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het by die Aldamvleisbeesskool gesê die Rooivleisbedryfsforum oorweeg regstappe teen OBP weens die benarde entstofsituasie. Mlengana was verlede Dinsdag
STEVE CORNELIUS SE LYS
sigbaar gefrustreerd met Cornelius. Dié het skaars begin antwoord op parlementslede se vrae of Mlengana het hom tot orde geroep en gesê Cornelius gaan “weer nie die volle waarheid praat nie”.
“Hulle het aan my, die minister en die direksie van OBP gesê dat hulle die entstowwe het. Ons het een van ons veeartse gestuur om te gaan kyk en hy het bevind dat sommige van die entstowwe nie daar is nie.”
TEKORTE
Mlengana het gesê die departement se enigste opsie is om self te gaan kyk, “want ons is by ’n punt waar ons nie die bestuur vertrou nie”. Hy het bygevoeg die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad (SAVR) praat die waarheid wanneer hy sê daar is ’n tekort aan Dr. Steve Cornelius het verlede week ’n lys van beskikbare entstowwe aan die portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye voorgelê as bewys dat OBP wel sy mandaat nakom. Dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum, sê indien die lys korrek en op datum is, sal dit meeste siekteprobleme van Suid-Afrika se veeboere uit die weg kan ruim. “Dit wys dat die meeste van die entstowwe waarop boere tans wag, beskikbaar is,” sê hy.
Hy het egter ook daarop gewys dat ’n groot hoeveelheid van die entstowwe op die lys nog aangedui word as in die verpakkingslyn, wat beteken dit gaan tyd kos om by boere uit te kom.
“Die lys bied egter ’n mate van optimisme vir veeboere, hoewel daar steeds ’n hele paar hekkies is wat oorkom moet word voordat die entstofkwessie heeltemal opgeklaar is. Hopelik kan OBP die entstowwe verskaf wat op die lys aangedui is, en veeboere bystaan,” het Vervoort gesê. Besoek landbou.com vir die volledige lys.
– GERRIT BEZUIDENHOUT noodsaaklike entstowwe.
“Hy (Cornelius) gaan nou sê die entstowwe is daar, maar as ons môre gaan kyk, is daar weer niks. Daar is geen rede vir die veeartse om te lieg nie.
“Indien die entstowwe wel daar is, sal ek om verskoning vra,” het Mlengana gesê.
Cornelius het gesê OBP vervaardig sedert April geredelik entstowwe. Hy het self van die grootste koöperasies besoek en daar was geen probleme nie.
“Oor die algemeen het ons die groot koöperasies van die entstowwe voorsien. Een in KwaZulu-Natal het ons geloof vir die goeie lewering van entstof vir Afrika-perdesiekte.”
Hy het bygevoeg hulle het wel die eerste drie maande van die jaar probleme met verspreiding ervaar, maar dit is opgelos. Verkoopsyfers dui aan dat entstofverkope in die tweede kwartaal verdubbel het, en in die huidige kwartaal gaan verdriedubbel.
“Dit wys die produk gaan uit.” Cornelius het ’n lys beskikbaar gestel met entstowwe wat tans beskikbaar is, en die versekering gegee dat die produkte wel daar is.
“Ek sal dit nie in wit en swart sit en dan is dit nie daar nie.”
Dr. Clive Marwick, uitvoerende lid van die SAVR, meen hy en Cornelius “woon op verskillende planete” wanneer dit kom by die beskikbaarheid van entstowwe.
Hy sê hy is baie bekommerd dat OBP in Suid-Afrika en elders op die kontinent sy naam sleg maak.
Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister van landbou, het gesê sy het al duisende oproepe van boere gekry wat nie entstowwe by die koöperasies kon kry nie.
In ’n sterk bewoorde brief met aanbevelings oor hoe om OBP te laat herleef, het mnr. Aggrey Mahanjana, groepsbestuurder van Nerpo, aan Zokwana gesê nou is die tyd om ’n “meer energieke uitvoerende hoof” aan te stel.
“Dit is nodig vir die oorlewing van die maatskappy en die landbousektor.”
–
‘Ons is by ’n punt waar ons nie die bestuur vertrou nie.’