| EU dreig Wes-Afrika
Lidlande van die Wes-Afrikaanse ekonomiese gemeenskap (Ecowas) kan hul tydelike toegang tot die EU-markte kwyt wees as Nigerië weier om die Europese Unie se ekonomiese samewerkingsooreenkoms (EPA) te onderteken.
Die EU het die Nigeriese federale regering aangemoedig om sy “proteksionistiese” beleid te hersien in belang van die 16 Ecowas-lidlande. Mnr. Michel Arrion, die EU se ambassadeur in Nigerië, het gesê die EU het geen “offensiewe agenda” met dié stap nie.
Mnr. Frank Udemba Jacobs, hoof van die bedryfsorganisasie Manufacturers Association of Nigeria (MAN), het egter gesê die EPA in sy huidige vorm sal plaaslike bedrywe onmededingend maak, “want goedkoper goedere sal die land se markte oorstroom”. –
2
Hy het Amerika onlangs besoek en het die verwagte mielie en sojaboonoeste daar as monsteragtig beskryf. “Duisende kilometer aaneen is daar net land op land met uitstekende mielies en sojabone.”
Op 12 Oktober is die amptelike mielieoesskatting in Amerika op 384 miljoen ton geraam, met ’n gemiddelde opbrengs van 10,88 ton/ha. Die sojaboonoes is op 116 mil Oor die huidige invoer van mielies het mnr. Andrew Martalas, voorsitter van die SuidAfrikaanse Vereniging van Graan en Oliesaadhandelaars (Sacota), gesê alles verloop glad en 40% van die verwagte 1,85 miljoen ton geel mielies en 41% van die verwagte 850 000 ton wit mielies wat ingevoer moet word, is reeds hier.
Hy voorsien nie ’n probleem met die invoer van wit mielies nie, ondanks die geraamde 58 000 ton wat na buurlande uitgevoer word. “Die meeste van die 850 000 ton wat ingevoer moet word, is reeds deur die handelaars bespreek en aangekoop. Teen 7 Oktober was 344 000 ton daarvan reeds in die land.”
Selfs as dit nie genoeg is nie, is daar nog genoeg ander wit mielies internasionaal beskikbaar. Hy sê Mexiko het ’n besonder goeie uitvoerseisoen. Die land het tot die einde van die jaar sowat 1,5 miljoen ton wit mielies vir uitvoer beskikbaar.
“Die posisie lyk heel goed vir wit én geel mielies mits SuidAfrika ’n normale seisoen het. Selfs al duur die droogte voort en ons moet 1,8 miljoen ton wit mielies pleks van 850 000 ton invoer, is dit teoreties steeds moontlik, maar daar sal uitdagings wees.”
–