Boere verras beoordelaars én hulself
Die deelnemers aan en die beoordelaars van die Weeg en Wen-kompetisie was verras om te sien hoe goed die opbrengste in die Suid-Afrikaanse kompetisie opweeg teen die Amerikaanse weergawe daarvan.
“Volgens die kompetisiereëls moes minstens twee beamptes van enige van die betrokke borge op die dag van stroop teenwoordig wees om seker te maak die voorgeskrewe protokol word landwyd dieselfde toegepas. Verskeie beoordelaars was dus betrokke omdat boere landwyd versprei is,” sê Barbra.
SYFERS
Alle berekenings is tot die vierde desimale punt gedoen en groot aandag is geskenk aan die vogbepaling en die neem van verteenwoordigende monsters van die oeste wat ingeskryf is. Die totale (normalized difference vegetation index) kilogram graan wat geoes is, is aangepas tot 12,5% vog in die geval van mielies. Hierdie waarde is dan deur twee gedeel (die blok van 2 ha wat gestroop is) om die opbrengs per hektaar te bepaal.
Ondanks die droogte het die finaliste uitstekende inskrywings ingedien. Natuurlik is daar altyd wenners en verloorders in enige kompetisie, maar in sulke uiterste toestande soos wat die 2015-’16-groeityd opgelewer het, het die wenners se inskrywings alle verwagtinge oortref.
Alle inskrywings moes teen 30 April gefinaliseer wees.
“Om ’n opbrengskompetisie Van die statistieke wat uit die kompetisie verkry is, dui daarop dat verbetering beslis nog moontlik is. Benewens die normale kunsmistoedienings, wat wissel van boer tot boer en gebied tot gebied, het ’n paar ander faktore ook die finaliste onderskei. Die meeste finaliste gebruik swamdoders en aanvullende blaarbespuitings, wat vir seker ’n groot invloed op hul sukses gehad het, meen Roelof.
“By tegnologie, soos grondklaskaarte, blaarontledings en NDVI-beelde wat die groeikragindeks aandui, skiet selfs ons topboere nog te kort. Daar is ’n groot geleentheid vir boere om dié tegnologie in die toekoms tot hul voordeel in te span.”
Hommeltuie wat lugfoto’s neem, is van die tegnologie wat Suid-Afrikaanse boere inspan om vroegtydig probleemkolle in ’n landery uit te wys.
Met die ontleding van hierdie beelde wat andersins nie met die blote oog sigbaar sou wees nie, kan die boer vinnig reageer en verliese beperk.
Dit is natuurlik nie so eenvoudig soos ’n soetkoekieresep nie. Elke plaas is anders en só ook die mense op die plaas. ’n Kombinasie faktore, soos die boer self, sy werkerskorps, die keuse van bewerkingsmetodes, kultivarkeuse en klimaat, is maar net ’n paar dinge wat tot die sukses of ondergang van ’n plaas bydra.
“Die finaliste het hulle onderskei van hul medeboere deurdat hulle voortdurend aan die voorpunt van tegnologie gebly het. Só kon hulle ook met selfvertroue die beste 2 ha vir die kompetisie uitmerk. Hierdie boere het almal kundiges gebruik om saam die sukses op hul plase te verseker,” sê Roelof.