DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
NÓG SUIKERTAKS?
Die Tesourie wil sy voorgestelde belasting van 20% op versoete drankies uit te brei na egte vrugtesappe, het die Tesourie verlede week aan Reuters gesê. “Baie gesondheidskenners redeneer dat 100%-vrugtesap ook aan die belasting onderhewig moet wees, aangesien die natuurlike suikervlak wat dit bevat, dieselfde of baie soortgelyke negatiewe gesondheidsgevolge inhou as dié van suiker wat by versoete drankies gevolg word,” lui ’n verklaring. Die Tesourie bespreek dié plan volgende maand op ’n vergadering.
ALMAL SOEK AVO’S
’n uitdagende seisoen. Mnr. Derek Donkin van die bedryfsorganisasie Subtrop het aan Freshplaza gesê produsente het die afgelope seisoen 13,5 miljoen houers van 4,5 kg uitgevoer – sowat 54 000 ton. Hoewel dit meer is as verlede jaar se 50 000 ton, sou dit nader aan 2014 se 60 000 ton gewees het as hael nie groot dele van die oes vernietig het nie. Van volgende maand sal verskaffers avokado’s uit Spanje en Israel begin invoer weens beperkte plaaslike voorraad.
WES-KAAP DROOG UIT
“Die Wes-Kaap se vrugtebedryf, ’n belangrike uitvoerbedryf, is tans in die groeityd en voor-oesbesproeiing is nou noodsaaklik,” sê AWK se uitvoerende hoof, mnr. Carl Opperman. “Waterbeperkings moes vroeër ingestel gewees het. Die perk op watergebruik is nou drasties en die uitwerking daarvan op die landbou kan enorm wees.”
HEFFINGS VIR SITRUS
Sitrusboere gaan van volgende jaar af ’n heffing aan die Sitruskwekersvereniging (SKV) moet betaal. Die heffing vir 2017 beloop 68c (BTW uitgesluit) per 15 kg-houer; 70c in 2018, 72c in 2019 en 74c in 2020. Dié heffing is vroeg verlede maand deur mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, goedgekeur en sal gebruik word om vir navorsing en marktoegang te betaal. Die nuwe heffing sluit ook nog geld in vir die SKV se ontwikkelingsmaatskappy, ten einde “betekenisvolle transformasie” te dryf, verbruikersvertroue te verbeter, mark-intelligensie in te win en te werk aan vrugtegehalte en die koueketting.
NAM KRY GM-WET
Nuwe regulasies wat GM organismes beheer, tree op 1 November in Namibië in werking. Dit reguleer alle navorsing, ontwikkeling, produksie, bemarking, vervoer, aansoeke vir en enige ander gebruike van GM gewasse in die land. Die regering is tans besig om ’n GMO-toetslaboratorium in te rig wat die opspoor van GMO’s plaaslik sal moontlik maak, berig Die Republikein. Die land se Nasionale Raad vir
JAGTE RY VRYSTAAT
’n Vlaag onwettige hondejagte in die Vrystaat het verlede week voortgeduur, met een raad-op boer van Steynsrus wat al R220 000 se skade gely het weens wild wat doodgebyt is. Hy sukkel elke naweek met onwettige hondejagte op sy plaas. Daar is verlede naweek verskeie voorvalle by Heilbron, Edenville en Arlington aangemeld. By Heilbron het verdagtes met sowat 30 honde toegeslaan. Boere het sewe verdagtes aangekeer wat saam met hul honde in ’n kamp met stoetbulle was, terwyl twee ander ’n huis geplunder het. By Edenville is een verdagte aangekeer en drie honde geskiet nadat ’n springbok doodgebyt is.
BID VIR REËN EN VREDE
Mnr. Angus Buchan (foto), die gewilde boereprediker van Greytown, het die grootste sportstadion in die land bespreek sodat Suid-Afrikaners saam kan bid vir reën, vrede en orde in die land. Tot 120 000 mense word op 19 November in die FNB-stadion in Soweto verwag. ’n Groot televisieskerm sal buite die stadion wees vir mense wat nie sitplek kry nie. Buchan reël ’n trein vanaf Johannesburg na die stadion om verkeersreëlings te vergemaklik. Hou landbou.com dop vir verdere reëlings.