Plaasplanne met plastiek
Toe mnr. Danie Jonker voer- en waterkrippe nodig gekry het, het hy verkies om dit self van herwonne plastiek te maak. Dit het gou ’n groot vraag by boere geskep en vandag bedryf hy en sy familie ’n onderneming wat krippe en ander plaastoerusting vervaardi
Wat begin het as ’n eksperiment om voerbakke van herwonne plastiek te maak, het soveel belangstelling ontlok dat ’n veeboer vandag plaastoerusting, soos water- en kruipvoerbakke, vervaardig.
Die lewe het aanvanklik ’n ompad gestap met mnr. Danie Jonker van Lichtenburg, wie se drome om oorsee rugby te speel deur ’n besering gekelder is.
Ná werkservaring in die buiteland het hy teruggekom Suid-Afrika toe om by sy pa, wyle mnr. Robert Jonker, se eiendomsonderneming in Lichtenburg te werk. Daar het hy ervaring in bemarking opgedoen.
In dié tyd het hy begin om as skeidsregter in plaaslike rugbywedstryde op te tree. Hy het sedertdien al in meer as 300 wedstryde die fluitjie geblaas.
Toe die resessie sy kop uitsteek en die verkoop van eiendomme stoom verloor, het Danie begin om met speenkalwers te spekuleer en speenvarkies vet te maak en te verkoop. Vandag boer hy ook by Lichtenburg op klein skaal met vleisbeeste op die plaas van sy ma, me. Sanet Jonker, ’n kunstenaar.
VOER- EN WATERBAKKE
Dis waar die gedagte van krippe ontstaan het. Sy skoonpa, mnr. Willem Lewis, en swaer, mnr. Gavin Lewis van Klerksdorp, het ’n onderneming wat gebruikte plastiek herwin en iets nuuts daarvan maak; grootliks pype en ander toerusting vir die myne. Die plastiek word op ashope ingesamel en by mense gekoop wat daarmee smous. Hulle ry dit met vragmotors aan. Dan word dit gesorteer volgens onder meer die verskillende soorte, gehalte en hardheid en dan gemaal, gewas en gedroog. Daarna word dit gesmelt en in
vorms gepers om die verskillende produkte te vorm.
In ’n stadium het Danie voer- en waterkrippe vir sy vee nodig gehad. Hy en Willem
Heelparty boere het belang gestel nadat krippe op ’n veiling uitgestal is . . . Toe het Danie dit op groter skaal begin vervaardig en verkoop.
het een Saterdag koppe bymekaargesit en ’n paar voerbakke gemaak. Toe Danie sien hoe sterk die krippe is, het hy besluit om dit te bemark en ’n paar krippe op ’n veiling uitgestal. Heelparty boere het belang gestel en daarvan gekoop. Toe het hulle dit op groter skaal begin vervaardig en verkoop.
Willem het in daardie stadium reeds vorms gehad waarin dreinpype vir die myne gegiet word. Dié pype is halfmaanvormig en oop aan die bokant. Hulle sit ’n voetstuk aan sodat dit vanself kan staan. Deur die oop kante toe te maak, vorm dit ’n krip vir water of voer.
VERSKILLENDE PRODUKTE
Danie-hulle vervaardig nou verskillende soorte en groottes krippe in Willem en Gavin se fabriek halfpad tussen Klerksdorp en Ventersdorp. Al verskil tussen die water- en voerkrippe is dat die waterkrippe geseël word met plastiek en van ’n balklep en dakkie booor die balklep voorsien kan word om dit teen die elemente en vee te beskerm.
Opsioneel kan Danie ook ’n raamwerk bo-oor ’n voerkrip aanbring om bok- en skaaplammers uit die voer te hou.
Met die droogte het hulle ook ’n kruipvoerbak ontwerp met afskortings sodat net die lammers kan vreet; nie die ooie nie. Danie het dit ontwerp nadat ’n boer vir hom gesê het ’n gewone bak binne ’n kruipvoerhok vir kleinvee kan lammers leer om deur draad te kruip. Die bak kan tot met speenouderdom gebruik word, wat dus speenskok aansienlik verlaag. Die lammers pas dan vinnig in ’n voerkraal aan.
Hulle het ook voer- en -waterbakke vir gebruik by skoue, hondebakke, wiele, voerringe, heinings en verskeie ander produkte ontwerp – alles van duursame, herwonne plastiek.
Só vervaardig hulle vandag nuttige produkte uit afvalmateriaal wat andersins verlore sou gaan en die omgewing sou besoedel.
Die pryse van die waterkrippe begin by R400, die voerbakke kos vanaf R300, ’n skoubak wat hang, kos R250 en wiele kos vanaf R50.