Landbouweekblad

DAAR IS TALLE OPLOSSINGS

-

Om by veranderen­de landbou-, politieke en maatskapli­k-ekonomiese omstandigh­ede aan te pas, verg nuwe modelle sodat landbouond­ernemings volhoubaar kan wees. Die eenmansaak en kleinboerd­ery gaan moeilik aan die verwagting­e en vereistes vir landbou-ondernemin­gs oor die volgende 10 jaar voldoen.

Vennootska­ppe met ander boere, plaaswerke­rs, finansiële instelling­s of hulle almal saam bevoordeel reeds boerderye om die impak van skaalvoord­ele te benut en groter winsgewend­heid te bereik. Verskeie projekte van dié aard word reeds suksesvol bedryf.

Baie eenman-familieboe­rderye se groeipoten­siaal word geknou deur beperkte toegang tot kapitaal. In party gevalle is gebrekkige kennis van party van die belangrike kernvereis­tes vir die suksesvoll­e bedryf van landbou-ondernemin­gs ook ’n probleem. Deur vennote te betrek wat gediversif­iseerde belangstel­lings en kennis het, kan waarde tot die gesamentli­ke ondernemin­g toegevoeg word.

Dit is natuurlik ook waarom bestaansbo­ere sonder toegang tot eksterne kapitaal, kennis of grond wat groot genoeg is, moeilik tot kommersiël­e boere kan ontwikkel.

Potensiële vennote in boerderypr­ojekte behoort ’n kombinasie van kwalifikas­ies op die volgende gebiede te hê: Bestuur, finansiële kennis, landbouken­nis, tegniese vaardighed­e en personeelb­estuur. Geleenthed­e vir groei moet ook ondersoek word.

Die eiebelang wat voornemend­e vennote inbind wanneer hulle hul grond en boerderyba­tes in die poel gooi, sal verseker dat die beste “omgee”-benadering tot beter doeltreffe­ndheid sal lei. Die insluiting van plaaswerke­rs as vennote in die boerdery skep ook groot potensiaal vir “omgee-vennote”. Dié strategie kan gelyktydig verskeie doelwitte help bereik.

Vir ’n vennootska­p met die plaas se personeel, identifise­er en koop ’n lopendesaa­k-boerdery naby die hoofboerde­ry. Die personeel behoort in aanmerking te kom vir finansieri­ng van sowat 50% tot 60% van die grondwaard­asie deur handelsban­ke of die Land Bank. Die ander sowat 40% moet dan deur die nuwe vennootska­psboerdery gefinansie­r word vir hul aandeel in die vennootska­psprojek. Hierdie boerdery skakel dan by die groter boerdery in en geniet die voordele van bestuur, finansiële dissipline, die bemarking van produkte en die gesamentli­ke aankoop van produksiem­iddele. Die jaarlikse winsverdel­ing van die personeelp­laas sal natuurlik die werkers motiveer om hul bes te doen. Verder behoort die werkers se eienaarska­p van grond aan die Regering se bemagtigin­gsvereiste­s te voldoen. Dié vorm van bemagtigin­g skep by die werkers die gevoel van hul eie plaas, soos die ander vennote ook hul eie plase behou, maar hulle is deel van die bedryfsmaa­tskappy. Die bestaande kommersiël­e boerdery trek natuurlik voordeel daaruit dat sy bestaansre­g versterk word deur die werkers, wat tot elke prys die voordeel van die vennootska­p wil behou. Ons sien reeds by verskeie projekte landwyd dat die werkers verkies om deel van die groter boerdery te wees.

Die betrokkenh­eid van finansiële instelling­s sal verseker dat korporatie­we riglyne gevolg word in besluitnem­ing, die begroting en die monitering van resultate. Hierdie streng prosedures is noodsaakli­k om die finansieri­ng van uitbreidin­gs sowel as die personeelp­laas se finansieri­ng te motiveer. Die sekerheid van bestuurs- en finansiële dissipline sal in elk geval ’n voorwaarde van verdere finansieri­ng vir die vennootska­psboerdery wees.

Stagnasie op Oupa se plaas is nie meer goed genoeg om in die groeiende behoefte aan voedselsek­erheid vir Afrika en die wêreld te voorsien nie. Vertikale uitbreidin­g saam met die verhoogde produksie van plante en diere deur die toepassing van moderne tegnologie gaan beslis in die toekoms ’n vereiste van die landbou wees. Dié groei vereis egter spesialisk­ennis, finansieri­ng en goeie beplanning.

Al dié vereistes wat aan landbou-ondernemin­gs gestel word, vereis dat nuwe toetreders tot boerdery die beste opleiding moet ondergaan en die beste kwalifikas­ies moet hê. Met die agteruitga­ng in plaaslike landbouvoo­rligtingsd­ienste sal troonopvol­gers enige plek ter wêreld moet gaan studeer om hulself te bekwaam vir die reusetaak wat in die toekoms op die landbou wag. Die groter vennootska­psboerdery sal finansieel sterk genoeg wees om sy werksmag op die nodige kursusse en studiegele­enthede te stuur. Die seuns en dogters van plaaswerke­rs en vennootdee­lnemers wat na die boerdery wil terugkeer, sal gekeur word op grond van hul skoolprest­asie, potensiaal en aanleg en dan vir verdere studie na die relevante instelling gestuur word.

Met die volgende geslag goed opgeleide jong mense wat na die boerdery terugkeer, kan die bestuur van die boerdery oorgaan tot die vestiging van ’n handelsmer­k en waardetoev­oeging om só die waardekett­ing van die plaas tot by die verbruiker te beheer. Ongeag die soort boerdery sal die bestuurspa­n baie goed opgelei moet wees. Dit is reeds duidelik dat goed opgeleide boere beter geposision­eer is om die standaard van die vorige geslag se boerdery te verhoog.

Met dié plan kan die landbou aan die vereistes vir die toekoms voldoen én die voortbesta­an van boerdery in Suid-Afrika verseker.

— GERDIE LANDMAN Gerdie Landman, ’n voormalige wenner van die Boer van die Jaar-kompetisie, is ’n vierdegesl­ag-melkboer van Kookhuis in die Oos-Kaap. Saam met sy seun Chris en 50 werkers bedryf hy die konsep van ’n koeihotel. Ander eienaars se koeie word op dieselfde perseel gemelk en dan gesamentli­k bemark om só skaalvoord­ele te kry. Hy het al twee keer sy grond weens politieke redes verloor. Hy glo vas in die beter benutting van vaste koste en markgerigt­heid.

Chris Burgess is tans op sabbatsver­lof en sal weer in Maart sy rubriek hervat.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa