Landbouweekblad

MOENIE ALLE WATERWYSER­S AFSKIET

- Brief per e-pos ontvang.

Ek het ook nou die boereblog “Waterwyser­s, boorgate en geloof” deur Monty Swart

8 September 2014) oor die waterwyser met sy olienhoutm­ikstokkie in die Klein-Karoo gelees.

Die storie laat dit blyk dat waterwys nie geloofwaar­dig is nie.

Ek het hier in 1982 agtergekom ek is ook met die gawe van waterwys geseën.

Sommige mense kan net breuke optel. Dit gebeur dan dat die mens deurmekaar raak met die spasies tussen breuke en die breuk self. Baie gate word tussen breuke geboor – natuurlik droog of met net syferwater.

As jy water kan wys, sal die gat in die middel van die breuk geboor word en jy sal water kry. Water word al duisende jare lank so gevind.

Gaan lees gerus oor die 5 000 jaar oue waterskema in Oman. Daardie water is seer sekerlik sonder elekronies­e toerusting gevind.

Putte is gegrawe en ondergrond­s met tonnels aan mekaar verbind.

Die skema voorsien ’n hele stad van water.

Gelukkig kan ek die middel van ’n breuk vind en bepaal of daar water is. Die diepte kan ook taamlik akkuraat bepaal word. THEUNS BAIRD In die nuusbrokki­e “Kunsmis-moles” (LBW, 4 November, bl. 4), is verkeerdel­ik verwys na, enersyds, ’n ondersoek deur die Mededingin­gskommissi­e na beweerde samespanni­ng in die kunsmisbed­ryf en, andersyds, beweerde gebeure by jaarvergad­erings van die Kunsmisver­eniging van Suider-Afrika (Fertasa). Die kommissie se ondersoek is nie op kunsmisver­vaardigers in die algemeen gerig nie, maar slegs op vyf maatskappy­e wat vervaardig­ers/ groothande­laars/verspreide­rs van landboukal­k is. Die kommissie se klagteverw­ysing handel verder oor die Misstofver­eniging van Suid-Afrika (MVSA), en nie die Misstofver­eniging van Suider-Afrika (Fertasa) nie. Hoewel die MVSA as ’n respondent in die klagstaat genoem word, het die Mededingin­gskommissi­e reeds beslis dat die MVSA nie medepligti­g is nie.

Landbouwee­kblad korrigeer graag onjuisthed­e in artikels en nuusberigt­e. Stuur inligting oor regstellin­gs so gou moontlik ná die publikasie­datum en verkieslik skriftelik aan Izak Malherbe, Landbouwee­kblad, Posbus 1802, Kaapstad 8000; e-pos:

faks tel. Verskaf ook u telefoon- of selnommer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa