Landbouweekblad

Hoekom altyd die minimum?

-

MANIE hou die gesprekke oor die minimum loon met groot bekommerni­s dop. Ja, dit is goed en reg dat mense meer betaal word, en Manie kan verstaan dat iets gedoen moet word om die land se knellende armoede te verlig.

Manie weet ook van die bevindinge dat R2 500 slegs die minimum voedselver­eistes van 8 400 kJ per dag van ’n gesin van vyf dek. Altesame 11 miljoen mense kan dit nie eens bekostig nie. En te min kos beteken jong kinders kan nie verstandel­ik tot hul vermoëns ontwikkel nie, wat weer ’n ander stel probleme tot gevolg het.

Maar die ironie is dat plaaswerke­rs in baie gevalle baie beter daaraan toe is as iemand wat byvoorbeel­d in ’n plakkersbu­urt woon en in iemand se voorstedel­ike tuin werk.

Eerstens het plaaswerke­rs skaflike blyplek, óf op die plaas óf in die dorp. Hulle hoef ook nie ten duurste vir vervoer na en van hul werkplekke te betaal nie. Dan is daar die byvoordele – van vars melk tot die geleenthei­d om ’n paar beeste te laat loop. En maak geen fout nie, hierdie is nie kleinighed­e nie. Geen ander werkgewer in die ekonomie bied sulke byvoordele nie.

Dan is daar die wrede werklikhei­d dat ’n onder- neming ook net soveel aan lone kan betaal. Daarna begin mense hul werk verloor. Met die droogte lyk baie se geldsake beroerd en gaan dit nog vir ’n wyle noustrop trek. En dit is wragtig nie asof ons platteland nou juis kan bekostig om een enkele werkgeleen­theid te verloor nie.

Manie wonder hoekom die las van werkskeppi­ng altyd net op die werkgewer neerkom, met die Regering wat heel tevrede is om sy rol te beperk tot die redelik eenvoudige taak om wetgewing uit te vaardig. Wanneer die wet daar is, is die probleem mos opgelos, of hoe?

Nou wil Manie weet: Hoekom is die Regering nie eerder besig om ernstig te probeer om boerderye so winsgewend moontlik te maak nie? Dan kan boere mos hoër en meer lone betaal! Alles van gesubsidie­erde oesverseke­ring tot die hokslaan van dieresiekt­es, en alles tussen-in.

En wat van ’n bietjie regstreeks­e hulp aan die landbou? Soos om boere te subsidieer om mense in diens te neem? Dit kan veral ’n verskil maak op die platteland, waar hele generasies mense nooit die genot sal beleef om vir ’n dag se werk betaal te word nie, en veral in die landbou, wat nog redelik ongeskoold­e werkers kan absorbeer?

Nou wil Manie weet: Hoekom is die Regering nie eerder besig om ernstig te probeer om boerderye so winsgewend moontlik te maak nie? Dan kan boere mos hoër en meer lone betaal! En wat van direkte hulp? Soos om boere te subsidieer om mense in diens te neem?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa