Landbouweekblad

MIELIEBOER­E KAP GROEN LIG VIR GM MIELIES UIT VSA

- MARLEEN SMITH en CARIEN KRUGER

DIE oopstellin­g van die SuidAfrika­anse mieliemark vir Amerikaans­e geneties gemodifise­erde (GM) mielies gaan Suid-Afrikaanse mielieprys­e laat daal en terselfder­tyd die internasio­nale speelveld verder ongelyk maak vir plaaslike mielieprod­usente.

Dít is die algemene gevoel oor die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se aankondigi­ng dat ’n lys GM-tipe mielies (geel én wit) wat voorheen nie vir invoer uit Amerika goedgekeur was nie, nou invoerklar­ing gekry het.

Dit is slegs vir invoer as voedsel, voer en vir verwerking, en nie om plaaslik kommersiee­l geplant te word nie.

Die invloed van hierdie besluit op plaaslike produsente­pryse is veral van onmiddelli­ke belang vir Suid-Afrikaanse boere wie se reserwes deur die afgelope rekorddroo­gte uitgeput is en wat op die nuwe produksiej­aar en goeie pryse staatmaak om finansieel weer te kan asem skep.

VOORRAAD

Mnr. Jannie de Villiers, hoof van die bedryfsorg­anisasie Graan SA, het in reaksie gesê daar is oorgenoeg mielies vir invoer in die wêreld, en enige goedkeurin­g van GM-tipes wat nie vir verbouing deur Suid-Afrikaanse boere beskikbaar is nie, plaas hulle op ’n ongelyke voet.

Hy sê handelaars het vroeër bevestig dat hulle reeds genoeg wit mielies elders bekom het om in die bemarkings­jaar 2016-’17 se geskatte plaaslike tekort te kan voorsien.

“As daar geen ander mielies as dié uit Amerika beskikbaar was nie, sou ons die druk vanaf verhandela­ars en kopers kon verstaan, maar om die Amerikaans­e boere ’n binnebaan te gee, lyk onregverdi­g,” sê De Villiers

Hy verduideli­k dat Amerika normaalweg die eerste land is waar nuwe GM-tegnologie geregistre­er word. Maatskappy­e doen dan aansoek om goedkeurin­g vir die uitvoer van hierdie tipes na ander lande. As dit nie in die ander lande vir algemene beskikbaar­stelling geregistre­er word nie, beteken dit plaaslike boere ding op ’n ongelyke speelveld teen die Amerikaans­e boere mee, gegewe die tegnologie­se ontwikkeli­ng. Boonop het Amerikaans­e boere nie net toegang tot beter tegnologie nie, maar hulle ontvang ook reusagtige subsidies van die regering.

ONGELYKE VOET

De Villiers voeg by dat die rekorddroo­gte nie as ’n nasionale ramp verklaar is nie. Uit ’n ekonomiese oogpunt bly Suid-Afrikaanse boere dus op ’n ongelyke voet as kommoditei­tsklarings toegestaan word sonder dat die uitwerking daarvan op plaaslike produksie in ag geneem word.

“Kommoditei­tsklaring behoort slegs in buitengewo­ne omstandigh­ede toegestaan te word en moet nooit die norm word nie. In die geval van ekstreme toestande, soos ’n bedreiging van Suid-Afrika se nasionale voedselsek­erheidstat­us en as die land as ’n rampgebied verklaar is, kan kommoditei­tsklaring met spesiale invoervoor­waardes toegestaan word,” sê hy.

PRYSDALING

Mnr. Dirk Kok, woordvoerd­er van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Graan- en Oliesaadha­ndelaars (Sacota), sê in sy reaksie die goedkeurin­g gáán plaaslike mielieprys­e laat daal. Hy skryf prysdaling­s op die Safex-beurs sedert die goedkeurin­g algemeen bekend geword het, daaraan toe.

Teen begin Desember het SuidAfrika se totale mielie-invoer vir die eerste sewe maande van die bemarkings­jaar op 1,634 miljoen ton gestaan. Daarvan was byna 596 000 ton wit en byna 1,039 miljoen ton geel mielies.

Dit beteken sowat 30% van die verwagte jaartotaal wit mielies moet nog ingevoer word en 44% van die verwagte hoeveelhei­d geel mielies.

‘Om die Amerikaans­e boere ’n binnebaan te gee, lyk onregverdi­g.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa