Landbouweekblad

REËN VAL STEEDS KOL-KOL

- MARLEEN SMITH

DIE somer se reënvalpre­ntjie is tot dusver ’n gemengde een. Talle boere is dankbaar dat hulle ’n groener Kerstyd as verlede jaar binnegaan, maar in uitgestrek­e dele raak die voorsienin­g van weiding en water aan vee by die dag ’n ernstiger stryd.

Neerslae sedert begin Oktober was in ’n groot mate tot die oostelike produksieg­ebiede beperk.

In die omgewing van Bethlehem en Vrede in die OosVrystaa­t is verlede Maandag welkome neerslae van 41 mm tot 51 mm aangeteken, sê me. Alani Janeke, woordvoerd­er van Vrystaat Landbou.

Sy voeg by dat uiterste weerstoest­ande in dié provinsie heers. Sonneblomm­e staan byvoorbeel­d reeds in die blom tussen Winburg en Senekal, en plasse water staan tussen Bethlehem en Warden. In die Suid-Vrystaat, by dorpe, soos Bethulie en Fauresmith, wag gemeenskap­pe egter steeds angstig op die eerste betekenisv­olle reën van die huidige produksiej­aar.

LA NIÑA WYK

In die grootste deel van die somersaaig­ebied was reën tot dusver voldoende om te kon plant, volgens mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g van Santam

Landbou. Noordwes is egter die uitsonderi­ng.

Op plekke in die westelike dele waar wel geplant is, het die jong gesaaides teen verlede week swaar getrek in die warm, winderige toestande en sonder die nodige opvolgneer­slae.

Intussen het die swak La Niña wat middel November wêreldwyd aangekondi­g is, die wyk geneem. Seetempera­ture en ander toestande in die tropiese Stille Oseaan wat op die stand van dié klimaatver­skynsel en haar broer, El Niño, dui, het sedertdien tot die neutrale fase teruggekee­r.

Klimaatmod­elle toon ook dat die kans skraal is dat La Niña in die komende maande sal herontwikk­el.

Terwyl La Niña dikwels met bogemiddel­de reënval in Suid-Afrika se somerreëns­treke gepaardgaa­n en El Niño met ondergemid­delde neerslae, is ’n neutrale toestand meestal ’n aanduiding dat normale reënval verwag kan word.

Op plekke in die westelike dele waar wel geplant is, het die jong gesaaides teen verlede week swaar getrek in warm, winderige toestande en sonder opvolgneer­slae.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa