Landbouweekblad

Botha Roodt mik hoog met Tesourie-veteraan

- JOHAN VAN DER MERWE 0-10

MNR. Nhlanhla Nene, voormalige Minister van Finansies, sluit hom binnekort by die direksie van die markagents­kap Botha Roodt aan nadat die gesiene swartbeleg­gingsmaats­kappy Thebe ’n 51%-aandeel in dié ondernemin­g bekom het.

Thebe is in 1992 deur swart sakelui gestig om agtergeble­we gemeenskap­pe op te hef.

Volgens mnr. Mokgethi Tshabalala, uitvoerend­e hoof van die Thebe-stigting, wat die maatskappy se opheffings­werk behartig, is Botha Roodt ’n belangrike aanwins vir Thebe om sy doel van marktoegan­g vir alle boere te verwesenli­k.

“Toegang tot markte en markgereed­heid is vir alle boere ’n stryd, maar veral vir opkomende boere,” sê Tshabalala.

Hy voeg by dat die Botha Roodt-transaksie baie kan help met tegniese ondersteun­ing en marktoegan­g. “Hierdeur kan ons ’n toenemende vraag na dié boere se produkte ontwikkel, maar ook wit boere aan markte blootstel waar hulle nie voorheen blootstell­ing gehad het nie,” sê hy.

“Die aanwins van ’n agentskap gee ons ook die geleenthei­d om noodsaakli­ke markintell­igensie te bekom ten einde produksieb­eplanning te kan doen en prysstrate­gieë beter te ontwikkel.”

DIREKSIE

Nene was van November 2008 tot met die 2014-verkiesing Adjunkmini­ster van Finansies onder mnr. Pravin Gordhan en het laasgenoem­de opgevolg as minister. Sy skielike afdanking verlede jaar het Suid-Afrika se finansiële stelsel miljarde rande gekos. Hy is nou ’n finansiële DAMVLAKKE SOOS OP 5 DESEMBER EN TOTALE REËNVAL IN NOVEMBER raadgewer by Thebe. “Nene sal ’n leidende rol speel as ’n nie-uitvoerend­e direkteur in die direksie van Botha Roodt. Sy ervaring sal van onskatbare waarde wees om Botha Roodt se sakebelang­e te laat groei en die ondernemin­g reg te posisionee­r om ons oogmerke te bereik,” sê Tshabalala.

GROEI

Tans doen Botha Roodt slegs op die Johannesbu­rgse Varsproduk­temark sake, maar ’n uitbreidin­g na Pretoria en Kaapstad en selfs Durban is op kort termyn in die vooruitsig. “Ons sal graag ook na uitvoergel­eenthede vir ons produsente wil begin kyk. Thebe se doel is om so wyd as moontlik in die waardekett­ing betrokke te wees. Ons sal dus al hoe meer voedselver­werkingsge­leenthede ondersoek,” sê Tshabalala.

Volgens mnr. Chris Roodt, ’n direkteur van Botha Roodt, is dit ’n groot geleenthei­d vir die agentskap. “Die kontantins­puiting maak uitbreidin­g en beter bemarking moontlik, en met die huidige bestuurspa­n wat by die agentskap aanbly, is ons optimistie­s oor die toekoms.”

– Reënval (mm)

 ?? REËNVALKAA­RT MET DIE VERGUNNING VAN DIE SA WEERDIENS. DAMVLAKKE VERSKAF DEUR DIE DEPARTEMEN­T VAN WATER EN SANITASIE. 10-25 25-50 * DAMKAPASIT­EIT IN MILJARD LITER ??
REËNVALKAA­RT MET DIE VERGUNNING VAN DIE SA WEERDIENS. DAMVLAKKE VERSKAF DEUR DIE DEPARTEMEN­T VAN WATER EN SANITASIE. 10-25 25-50 * DAMKAPASIT­EIT IN MILJARD LITER
 ??  ?? Mnre. Nhlanhla Nene (links), finansiële adviseur by Thebe Beleggings­korporasie, Chris Roodt (middel), direkteur van die markagents­kap Botha Roodt en Joe Mazibuko van die Johannesbu­rgse Varsproduk­temark, by die aankondigi­ng van die transaksie. FOTO:...
Mnre. Nhlanhla Nene (links), finansiële adviseur by Thebe Beleggings­korporasie, Chris Roodt (middel), direkteur van die markagents­kap Botha Roodt en Joe Mazibuko van die Johannesbu­rgse Varsproduk­temark, by die aankondigi­ng van die transaksie. FOTO:...
 ?? 50-100 100-200 ??
50-100 100-200

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa